Hondsdolheid laat jong boer breindood

Graeme Anderson (29). Foto: INLSA

‘n Boer van Underberg, wat ook ʼn topkanovaarder is, is Donderdag breindood verklaar nadat hondsdolheid by hom gediagnoseer is.

IOL berig hy het hondsdolheid opgedoen deur die speeksel van ʼn siek rondloper hond wat hy ingeneem en in sy skuur versorg het. Graeme Anderson (29) was die afgelope vyf weke in die waakeenheid van die Pietermaritzburg-hospitaal. Volgens sy huisdokter, dr. Grant Lindsay, het ‘n SPECT-skandering Donderdag bepaal dat hy breindood is.

Hondsdolheid is tans ʼn groot probleem in Kwazulu-Natal. Dit is ‘n virus-infeksie wat ontsteking in die brein veroorsaak. Die simptome is moegheid, hoofpyn, pyn en koors.

Twee mense het al reeds vanjaar hul lewens as gevolg van hondsdolheid verloor en 125 sake daarvan is tot dusver aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.