Hondsdolheid: Seun sterf, ma vra moordklag

Die ma van ʼn man wat moontlik aan hondsdolheid dood is wil hê die eienaar van die hond moet van moord aangekla word.

Nikiwe Majola se seun Siyabonga (21) is verlede Saterdag in die RK Khan-hospitaal oorlede. Hy is glo in Junie deur die hond gebyt. Majola sê haar seun was die gesin se broodwinner en dat daar niemand anders is op wie sy kan staatmaak nie. Sy wil hê die eienaar van die hond moet van moord aangekla word. Meshack Radebe, woordvoerder van die departement ongewingsake in KwaZulu-Natal, sê hulle werk tans aan konsepwetgewing waarvolgens eienaars van diere wat hondsdolheid het en iemand se dood veroorsaak van moord aangekla kan word. “Ons kan nie toelaat dat dit nie beveg word nie. Ons regspan sal saam met die familie werk, ons wil die wet toets en sien wat gebeur as die saak na ʼn hof verwys word.” Radebe sê nagenoeg 10 duisend diere is in die provinsie ingeënt. “Dit kan nie korrek wees dat ʼn dier se lewe meer belangrik is as die van ʼn mens nie.”

Majola het kort nadat hy deur die hond gebyt is die hondsdolheid-entstof gekry in die St. Mary’s-hospitaal, maar is nie terug vir verdere behandeling nie. Hy is op 23 Augustus in die RK Khan-hospitaal opgeneem met pyn in sy linkerskouer, hartkloppings en watervrees. Hy is twee dae later dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

Jammer dat dit moes gebeur, dit is ‘n vreeslike dood, maar hoekom het hy nie teruggegaan vir verdere behandeling nie, dan het hy dalk nog geleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.