Hondsdolkat byt twee vroue

Argieffoto

Argieffoto

Twee vroue van Vanderbijlpark in Gauteng is Woensdag deur ʼn kat met hondsdolheid aangeval en gebyt.

Volgens Duma Mpofu, ʼn veearts van die dorp se DBV, is die kat ná die voorval na hulle tak geneem waar dit van kant gemaak is. Mpofu het gesê die kat het ook twee beamptes van die DBV aangeval. “Die dier was baie aggressief, daar het spoeg by sy bek uit gekom en dit het vreemde geluide gemaak,” het Mpofu gesê.

Mpofu het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om enige dier wat nog nie inentings teen hondsdolheid ontvang het nie, na hul plaaslike veearts of DBV te neem sodat die dier ondersoek en ingeënt kan word.

Die twee vroue is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon ·

“Die dier was baie aggressief, daar het spoeg by sy bek uit gekom en dit het vreemde geluide gemaak,”

Hhhhhhhhmmmmm klink baie soos my X, as ek laat by die huis aangekom het, en lekker blink gedrink :-)

alida Engelbrecht ·

Ek kry die vroue wat gebyt is jammer. As n hondsdol dier jou byt of stukkend krap is dit doodse sake.Die manier waarop jy sterf is te afgryslik om aan te dink. Gelukkig kon die dames betyds begin met behandeling voordat die virus daardie dodelike stadium in hul liggame bereik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.