Hongersnood in Zimbabwe

Hongersnood het weer in Zimbabwe sy kop uitgesteek. Die aantal mense wat op hulp staatmaak het sedert verlede jaar met 60% toegeneem.

Volgens die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram (WVP) maak een uit vyf mense op die platteland staat op hongersnoodverligting, berig TimesLIVE. Graanproduksie was verlede jaar 1 miljoen ton, die laagste sedert 2009, wat teen 800 000 ton die laagste ooit was.

Zimbabwe het tot die jaar 2000 as “Afrika se broodmandjie” bekend gestaan toe pres. Robert Mugabe met sy gewelddadige landgrype van wit plaaseienaars begin het. Sowat 1 500 wit boere is van hul plase af gedwing en sowat ‘n miljoen plaasarbeiders en hul gesinne is haweloos gelaat.

Die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank het gesê daardie jaar was die begin van die val van een van Afrika se suksesvolste ekonomieë.

Kommentators het aangedui dat die grootste streekvervaardiger tans Zambië is. Talle wit boere wat hul grond in Zimbabwe verloor het, het in die afgelope dekade na Zambië verhuis en grootskaalse vervaardigers geword.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.