Hoof in hof oor kinderpornografie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige skoolhoof van ʼn privaatskool in Mpumalanga sal Vrydag in die landdroshof in Witrivier verskyn in verband met ʼn internasionale kinderpornografie-netwerk.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak mag word voordat hy op die aanklag van die besit van kinderpornografie gepleit het nie, is op 19 Augustus in dieselfde hof op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Hy is op 18 Augustus saam met vyf ander mans uit verskillende provinsies regoor Suid-Afrika in hegtenis geneem.

Die ses was glo deel van ʼn kinderpornografie-netwerk wat uit honderde mense bestaan het, insluitend professionele persone uit Kanada, Engeland en Amerika.

Die skoolbeheerliggaam het die hoof afgedank ná sy eerste verskyning in die hof. Die raad het hom as ʼn “uitsonderlike professionele” man beskryf “wat die respek van sy kollegas, ouers en leerlinge geniet het”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.