Hoof van BP SA sterf

Gerard Derbesy

Gerard Derbesy, die hoof uitvoerende beampte van BP Suid-Afrika is Woensdag oorlede, het EWN berig.

Derbesy het glo Woensdag inmekaargesak toe hy tennis in Dainfern, Johannesburg, gespeel het. “Paramedici het KPR toegepas en hom na ʼn hospitaal gehaas waar hy gesterf het,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. “Hy het vir die tenniswedstryd opgewarm toe hy op die baan inmekaargesak het.”

‘n Woordvoerder vir BP Suid-Afrika was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie en BP in die Verenigde Koninkryk het aan SAPA gesê hy sal later in die dag ‘n verklaring uitreik.

Derbesy is in Julie 2011 as hoof uitvoerende beampte van BP aangestel nadat hy vir langer as ʼn dekade in Amerika en die Verenigde Koninkryk gewerk het. Hy het chemiese ingenieurswese aan die Universiteit van Marseille in Frankryk en chemie aan die McGill-universiteit in Kanada studeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.