Hoof van maatskappy wat e-tol moet invorder, bedank

tolhekkeDie hoof uitvoerende beampte van die maatskappy wat e-tol in Gauteng moet invorder, het bedank, het Fin24 Donderdagaand op sy webwerf berig.

Salahdin Yacoubi, hoof uitvoerende beampte van Electronic Tolling Collection (ETC) het Donderdag met onmiddellike effek bedank.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het die bedanking bevestig. “Sanral het ʼn kontrak met ETC en die bedanking van sy hoof uitvoerende beampte het geen invloed op die kontrak nie,” het Vusi Mona, woordvoerder vir Sanral, aan Fin24 gesê. “Die werk wat ETC vir Sanral doen, duur voort.”

Dit is nie duidelik waarom Yacoubi bedank het nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

nic van rensburg ·

Die rede waarom die arme mens bedank het is vir my baie duidelik – VREES erge VREES. Ek soek ook nie daai joppie nie dankie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.