Hooflanddros dobbel glo tydens kantoorure

Argieffoto.

Argieffoto.

Judy van Schalkwyk, die geskorste hooflanddros van Kempton Park, moet binnekort voor ’n tugkomitee verskyn op ʼn klagte van ernstige wangedrag, het Beeld Woensdag berig.

Van die klagtes wat die Landdrostekommissie teen haar ondersoek, is dat sy tydens kantoorure landdroste en klerke beveel het om haar na dobbelplekke en privaat afsprake te neem.

Danie Schoeman, die sekretaris van die kommissie, het bevestig dat die tugverhoor so gou as moontlik sal begin.

Jeff Radebe, die minister van justisie, het haar op 4 Junie skriftelik ingelig dat sy tydelik geskors is hangende die uitkoms van die tugverhoor.

Haar skorsing is Dinsdag deur die Nasionale Raad van Provinsies bekragtig.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.