Aussies sit met rooi gesigte na bal-peutery

‘n Nabyskoot wys Cameron Bancroft met ‘n voorwerp. Foto: @VincentBarnes50/Twitter

Australië se kaptein en onderkaptein het hul posisies opgegee ná Saterdag se balpeutery-petalje. Steve Smith en David Warner staan terug terwyl Tim Paine instaan.

Die stap volg op die erkenning van die Aussie-openingskolwer, Cameron Bancroft, dat hy wel met die bal se toestand probeer peuter het. Die TV-kameras het in stadige aksie gewys hoe Bancroft iets uit sy sak haal en dit gebruik om die bal growwer te probeer maak. Hy het daarna die voorwerp voor by sy broek ingedruk.

Die skeidsregters het selfs vir Bancroft gevra of daar iets in sy sak is waarop hy aangedui het dat daar niks ongewoons is nie.

Tydens ʼn mediakonferensie ná die dag se spel het die Aussies bekendgemaak dat Paine vir die res van die wedstryd die kapteinskap sal oorneem. Verskeie ondersoeke vind tans plaas en inligting word nagegaan om die omvang van die insident te bepaal.

Krieket Australië het ook sy teleurstelling uitgespreek oor die insident en het ook ʼn afvaardiging na Suid-Afrika gestuur om die saak te ondersoek. Die Aussies is op dag vier met hul rug teen die muur en die gees in die kamp kan nie te goed wees nie.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Muffin ·

Hy het seker n gejeukery gehad en wou nie krap nie toe gebruik hy maar die skuur papier. Skande Ausies.

Sampie ·

Jinne Anita…eks bly jy bring dit tot almal se aandag. Het jy geweet dat minstens 2 boere in Australië daagliks gebuk gaan onder ball tampering? Dis n vreeslike statistiek en die wêreld hou hulself blind…

LB ·

Anita ek neem aan jy gebruik ‘n skuilnaam of wil graag eerder nie wit wees nie? Het jy enige idee waarmee jy spot?

Boet Fasie ·

En die Suid Afrikaanse kommentators kan nie genoeg kommentaar lewer oor die voorval nie, Faf en ander Suid Afrikaanse spelers het dit ook al gedoen, die Aussies is uitgevang oor hulle gekrap het aan hulle bal – so what – beweeg aan

marinda ·

Is maklik om te se suid afrika het dit ook al gedoen waar is jou bewyse dit hkm jy onder n skuilnaam skryf,te bang om jouself te identifiseer tipies

RB ·

Faf, soos feitlik alle krieketspelers, eet kougom en lekker…Skuurpapier is heeltemal anders…Nie moeilik om dit te besef nie.

Tokkolos ·

Ag ek vergewe julle help net asb ons blanke volk ons kan later oor die krieket praat

Boet Fasie ·

Hy kan bly wees hy het neg met die bal gepeuter en nie sy skoene verloor nie he, he he

Paul ·

Ja, soos met berigte oor grondeise, hang dit ook aan die groot klok.

Mielie ·

Sien nou eers hoe hul “gestraf” is. Dis lagwekkend. Ek het geweet Aus sou lig daarvan afkom. Enige ander land sou baie swaarder deur die ICC gestraf geword het. Wel daargelaat. JULLE DIE ICC IS N KLOMP SLAP….WAT KRIEKET GLAD NIE BEVORDER NIE. EK SAL NOOIT OOIT WEER KROEKET KYK NIE. Julle het nes JM en Jz Geeeeen geen integriteit nie.

Nettie ·

@Mielie, ek weet nou nie of dit ‘n spel- of tikfoutjie was nie en of jy bietjie tong-in-die-kies-gesê het “kroeket” nie, maar dit is baie skerp!

Jo ·

Soos wat die ICC SWAAR teen de kock en rabada was? of so swaar soos wat die ICC teenoor faf se 2xball tampering was, of so swaar soos wat die ICC teenoor Philander se balltampering was??

Hans ·

Die Ausies blyk “CLEAN BALLS” ‘n bietjie te ver gevoer – 3 hoera’s vir die skeidsregter, knapgedaan!

Boet Fasie ·

Marinda – wat het Faf du Plessis gedoen in November 2016 teen die einste Australie met die kougom.

Koos1 ·

Nee Boet Fasie, dit was ‘n mint lekker. Ek besou dit as heeltemal anders as skuurpapier of soos die een Ausie op dag twee op die bal getrap het met sy spyker skoene.

RB ·

Hu het die kougom gekou, soos feitlik alle krieketspelers, wat anders?

Jef ·

Nou word daar weer oor die Ausies se bal-peutery gepraat (nietsseggend en onbelangrik) maar nou ja krieket, rugby, braaivleis en brandewyn is mos belangriker dan die toestande wat afspeel in SA.

Attie ·

Dit is al wat ons oor het al die ander goed word van ons weg gevat.Daai is die enigste dinge wat ons nog gelukig maak.Ons geniet dit terwyl ons kan want as ons dit ook verloor gaan ons volk vergaan

Lol ·

Teen die einde van die reeks word die aanbod aan SA boere se emigrasie terug getrek?

JJ ·

Saffas, julle is die laaste mense wat kan klippe gooi. Faf was kaptein gemaak na sy 1ste ball tampering en toe Philander, en toe wéér Faf.’13’14’16. en albei speel nogsteeds. Nie eens te praat van corruption en fixing nie. Kom oor dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.