Baasspeurder Piet Byleveld ‘skoonveld’ met geld

Piet byleveld. Foto: Maroela Media

Piet Byleveld. Foto: Maroela Media

Oudbrigadier Piet Byleveld, wyd geag as een van Suid-Afrika se topspeurders, het glo die geliefdes van verskeie moordslagoffers met derduisende rande ingedoen. ʼn Ondersoek deur Maroela Media het aan die lig gebring dat verskeie mense nie net sonder antwoorde op hul hartseer vrae sit nie, maar ook hul geld en hoop vir afsluiting kwyt is, nadat hulle Byleveld se dienste as privaatspeurder ingeroep het.

Byleveld het al op talle groot en opspraakwekkende sake gewerk, waaronder die moorde op Sheldean Human, Inge Lotz en Leigh Matthews. Nadat hy in 2010 afgetree het, gaan hy steeds voort om in persoonlike kapasiteit misdaadsake te ondersoek.

Nou het bewerings aan die lig gekom dat Byleveld talle mense ingeloop het wat derduisende rande aan hom betaal het om hul geliefdes se moorde te ondersoek.

Maroela Media het in April 2015 berig oor Tinus Herbst (28) wat slegs sowat ʼn jaar na sy babaseuntjie se geboorte in Boksburg aan die Oos-Rand doodgeskiet is. Tinus se vrou, Chenelle, en hul seuntjie Dustin, was ook in die huis ten tyde van die voorval, maar was gelukkig ongedeerd.

Volgens Chenelle het die polisieondersoek meer as ʼn jaar later steeds niks opgelewer nie en kry sy nie genoegsame samewerking van die polisie nie. Chenelle het Piet Byleveld Crime And Commercial Investigations (PBCCI) in Augustus 2015 genader om te versoek dat Byleveld die saak ondersoek.

Chenelle en Thinus Herbst.

Chenelle en Thinus Herbst.

“Hy het gesê hy sal dit beslis ondersoek en het vir my ʼn e-pos met ʼn kwotasie van die eerste fase van die ondersoek gestuur,” vertel sy. “In daardie stadium kon ek nie die volle bedrag betaal wat hy my kwoteer het nie, maar ek het hom gevra of hy met die ondersoek kan begin indien ek solank R11 200 betaal. Hy het ingestem en ek het die geld betaal.”

Ná drie weke het die familie navraag by PBCCI gedoen om te hoor hoe die ondersoek vorder, aangesien daar glo aan haar gesê is sy sal weekliks ʼn vorderingsverslag ontvang. Volgens Chenelle het Byleveld net gesê hy is besig met die ondersoek.

Twee weke later het Chenelle hulle weer gekontak, omdat sy die res van die eerste fase se geld wou oorbetaal. Sy het egter versoek dat daar eers aan haar ʼn vorderingsverslag gestuur word om te bewys dat daar al met die ondersoek begin is. “Piet het belowe om my die volgende week te kom sien en persoonlik die verslag vir my te gee. Sedertdien het ek nooit weer van hom gehoor nie. Tot vandag toe kry ek hom nie in die hande nie,” het sy gesê.

“Ek bel en bel na sy kantoor toe en niemand antwoord ooit nie. Al die e-posse wat ek gestuur het, bly onbeantwoord. Ek het die geld betaal en nou het Piet soos ʼn groot speld verdwyn. Hierdie gaan nie eers net oor geld nie. Hy speel met mense, wat klaar deur erge trauma is, se emosies. En hy kom weg daarmee.” Chenelle het gesê sy is nie finansieel in staat om regstappe teen Byleveld te neem nie.

Maroela Media het onmiddellik vir Byleveld om kommentaar genader. Hy het egter nie telefoonoproepe geantwoord of op e-posnavrae reageer nie.

Maroela Media het intussen van nog ʼn persoon verneem wat na bewering deur Byleveld ingedoen is. Volgens Henriette Stopforth het sy tot op datum R64 384 aan Byleveld betaal om die moord op haar pa te ondersoek.

Maroela Media het weke lank probeer om Byleveld vir kommentaar te bereik. Die nommer wat op die PBCCI webtuiste aangedui word, bly onbeantwoord en daar is nie op een van Maroela Media se talle e-posse gereageer nie. Byleveld het ook nie verskeie oproepe na sy selfoon beantwoord of op SMS’e reageer nie. Sy selfoon hou net aan met lui en dan speel ʼn voorafopgeneemde stemboodskap waar Byleveld homself identifiseer.

Die sentrum waar die kantoor van Piet Byleveld Crime And Commercial Investigations sonder enige kennisgewing ontruim is.

Die sentrum waar die kantoor van Piet Byleveld Crime And Commercial Investigations sonder enige kennisgewing ontruim is.

Maroela Media het Donderdag ʼn verrassingsbesoek aan Byleveld se kantoor in Roodepoort, Johannesburg afgelê. Die adres wat op PBCCI se webtuiste aangedui word, is egter dié van ʼn kwekery in Roodepoort. Maroela Media het die korrekte adres by een van Byleveld se kliënte gekry. Dié kantoor is gesluit en ontruim. Die bestuurder van die sentrum waar die kantoor geleë is, wat versoek het om anoniem te bly, het gesê dat Byleveld ongeveer ses maande gelede sonder enige kennisgewing die kantoor ontruim en verdwyn het.

Volgens die bestuurder het Byleveld steeds ʼn huurkontrak tot einde van die jaar, maar hy het ophou huur betaal nadat hy verdwyn het. Hy reageer glo ook nie op telefoonoproepe of e-posse van die sentrumbestuur af nie.

Stopforth se pa is op 3 Junie 2014 dood aangetref op sy bed in sy huis op ʼn plaas buite Ellisras. Hy het ʼn vuurwapen in sy hand gehad en ʼn skietwond in sy kop. Die polisie het aanvanklik vermoed hy het selfmoord gepleeg, maar die saak is later na ʼn saak van moord verander.
Volgens Stopforth het die ondersoekbeampte destyds aan haar gesê daar was iets verdag aan die manier waarop die vuurwapen in haar pa se hand gelê het. ʼn Lykskouing het ook getoon dat hy gesterf het weens ʼn skietwond in sy bors. “Daar moes meer as een verdagte gewees het. Hulle het my pa in sy bors geskiet en ʼn skoot deur sy kop. Daarna het hulle hom gesleep tot by my ouers se bed, vir hom ʼn skoon hemp aangetrek en die vuurwapen in sy hand gesit sodat dit lyk asof hy homself geskiet het,” het Stopforth gesê.

Volgens Stopforth het die familie gevoel dat die polisie nie moeite doen om haar pa se moord te ondersoek nie en het die polisiespeurders nie eers al die bewysstukke op die toneel versamel nie. Stopforth het daarom net ʼn week na haar pa se dood besluit om Byleveld te nader en te vra of hy die saak sal ondersoek.

Volgens haar het Byleveld ingestem om die saak te ondersoek en sy het dadelik ʼn deposito aan hom oorbetaal. Sy moes in die daaropvolgende maande nog geld aan hom oorbetaal sodat hy met die ondersoek kan voortgaan.

“Twee jaar later het ons nog absoluut niks van Piet af gekry nie. Geen terugvoer oor die ondersoek nie, geen dokumente of verslae nie, niks. As ons sy kantoor bel, is hulle net vol leuens,” sê Stopforth. “Niemand wil iets slegs van Piet hoor nie, omdat hy veronderstel is om ʼn held in ons land te wees. Maar sy beloftes aan my was alles net leë beloftes en vandag loop my pa se moordenaars steeds vry rond.” Volgens haar is sy in die proses om regstappe teen Byleveld te neem.

Die bestuurder van die winkelsentrum waar Byleveld se kantoor was, het ook gesê dat talle mense in die afgelope ses maande by die sentrumbestuur se kantoor opgedaag het, op soek na Byleveld. Sy het gesê ongeveer 20 mense het haar al kom vra waar Byleveld homself bevind, omdat hy hulle glo geld skuld. Baie mense het verklap dat hy veronderstel is om sake vir hulle te ondersoek, maar dat hulle hom op geen manier in die hande kan kry nie.

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Een van hierdie mense, Claudio Veljkoviċ, sê hy het ʼn duur bloutjie met Byleveld geloop. Hy het Byleveld in die tweede helfte van 2015 genader om sy pa se dood te ondersoek. Volgens Veljkoviċ is sy pa op 2 November 2011 in hul huis in Secunda vermoor. Hy is met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan en met ʼn plastieksak versmoor. Veljkoviċ, toe 16 jaar oud, het van die skool af gekom en sy pa se lyk voor die wasbak in die kombuis aangetref. Daar is onder meer ʼn groot bedrag kontant, juweliersware, ʼn muntversameling en ʼn Toyota Hilux-bakkie gesteel.

Volgens Veljkoviċ het die polisie binne ses maande hom laat weet dat hul ondersoek nog geen leidrade opgelewer het nie en dat die saak dus op ys geplaas word totdat meer inligting aan die lig kom.

“Ek het in 2015 begin uitvind oor privaatondersoekers wat soortgelyke sake ondersoek en almal het vir my gesê Byleveld word as die topspeurder in die land geag. Daarom het ek met hom kontak gemaak,” het Veljkoviċ verduidelik. Hy vertel hy moes R3 500 betaal om ʼn afspraak met Byleveld te kry en het hom by sy kantoor in Roodepoort gaan sien. Daar het hy sy hele verhaal vertel en Byleveld het later na hom teruggekom om te sê dat hy die saak sal ondersoek.

“Hy het vir my ʼn kwotasie van R36 500 gestuur vir die eerste fase van die ondersoek. Ek het dit in November 2015 betaal,” het Veljkoviċ gesê. “Van daar af hardloop ek agter Piet aan om uit te vind wat gaan aan met die ondersoek. Hy antwoord nie my oproepe nie, hy antwoord nie my e-posse nie en ek het nog geen vorderingsverslag oor die ondersoek ontvang nie.”

Veljkoviċ vertel hy het middel 2016 weer na Byleveld se kantoor gegaan om hom te konfronteer. Daar het hy, nes Maroela Media, gevind dat sy kantoor ontruim is. Hy het daarna Byleveld se huisadres opgespoor om hom daar te konfronteer.

“Ek was baie kwaad en het vir hom gesê ek soek nou antwoorde. Hy was baie hoflik en het gesê die rede hoekom hy nie na my toe teruggekom het nie, is omdat hy baie besig was en ook vir ʼn ruk oorsee was. Hy het gesê daar was ook iets fout met sy selfoon en hy verstaan nie hoe die nuwe selfoon wat hy tydelik gebruik, werk nie,” het Veljkoviċ bygevoeg. “Ek het vir hom gewys hoe om die foon te antwoord, omdat hy beweer het hy weet nie hoe nie. Toe het ek gesien daar is meer as 200 ongeleesde boodskappe op die foon. So duidelik lees hy niemand se boodskappe nie.”

Volgens Veljkoviċ het Byleveld gesê al sy lêers is weggepak en dat hy eers sy saak se lêer moet gaan soek voordat hy vir hom kan terugvoer gee oor die ondersoek, maar dat een van sy kollegas in Pretoria Veljkoviċ binne die volgende week sou kontak om terugvoer oor die saak te gee. Niemand het hom ooit gekontak nie en Veljkoviċ kon sedertdien nie weer vir Byleveld telefonies in die hande kry nie. Veljkoviċ het gesê hy het reeds ʼn prokureur oor die saak gespreek en beplan ook om regstappe teen Byleveld te neem.

Maroela Media het Vrydagoggend weereens vir Byleveld op sy selfoon probeer kontak, maar daar was geen antwoord nie.

Lees ook die opvolg:
Piet Byleveld: Nog talle praat hart uit; ‘Baasspeurder’ reageer

Wil jy iets onder ons aandag bring in verband met die berig? Stuur ‘n e-pos na [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

214 Kommentare

Madsi1 ·

Voete van klei né! Money is the root of all evil…….of hoe Piet?

Soekie ·

Skande Piet, nou kom steek jy ons geliefde Byl, Waldi Schultz, in die skande. My pappie het altyd gesê, pasop vir iemand wat deur skreufies- oë na jou kyk. …. NEEEE! PIET BYL. jy hety nou lewerskade van skok gegee. SIES!!!

Hendrik Jordaan ·

Ek moet nou amper lag. SARS vat miljarde in terme van belastingsgeld van ons. Ons kry egter ‘n minus diens van die SAPD (korrupsie) en die howe (onbekwamheid). En nou kla julle dat Mnr. van Byleveld geld vir sy gewilde dienste vra? Miskien het hy nie altyd reg opgetree nie, maar hy moet maar net sy belange beskerm soos almal van ons ook.

Isabel Geldenhuys ·

Kyk dis die ding……Piet wil nou hê almal moet hóm vir n verandering soek! Ook sy boek gelees. Piet Byl gekyk etc etc etc. Maar na die Inge Lotz saak en hy nie die moordenaar uitgewys het nie, het ek wraggies gewonder wat gaan aan! Dalk vroeë stadium van Alzheimers….vergeet dalk onmiddelik na die ontvangs van geld wat hy daarmee moes doen! Yes kan dit wraggies nie glo nie!

Stephne ·

Madsi1, nee wag so ‘n bietjie: the LOVE of money is the root of all evil. Nie die geld nie, maar die liefde daarvan.

Kaspaas ·

Hierdie is skokkend. Ek het regtig ongelooflik baie respek vir hom gehad.

Riaan ·

Nou hoekom kan julle hom nie ook by sy huis gaan sien nie MM?

sharon ·

ag nee.. mens is so seer en broos na trauma en hoekom nou dit? Een mens wat mens kon vertrou….

ai ·

Tyd dat mense leer dat as daar geld betrokke is…. NIEMAND vertrou kan word nie!

Raymond Bastone ·

Moet niemand vertrou nie betaal eers as die werk klaar is en jy tevrede is daarmee. Jammer om dit te hoor van hom

Columbiana ·

Mens kan seker maar net so lank mense om die bos lei. Dis nou wat daarvan kom as jy vir jare met ander se kallers geploeg het.

CDP ·

Columbiana jy slaan die spyker op die kop. Hy is n rug ryer gewees. So FAKE soos n R3 noot

Johan Oberholzer ·

Jy klap die spyker mooi diep in, met ander se kallers geploeg, baie waar woorde. Daar was n hele paar van hulle in die SAP gewees wat nou baie slim wil wees, vergeet wie dié werk regtig gedoen het Baie goeie stelling,

Amanda ·

Ek stem met jou saam, vermoed dit al lankal. Speurders werk saam en so word sake opgelos.

Joan ·

Ek weet van sulke gevalle waar die eer aan iemand anders toegekom het maar hy het bree bors daar gestaan

Antoinette ·

My man is n speurder en hy het lank terug dieselfde ding gese. Ou piet het altyd lof gekry vir ander speurders se werk

Lewies ·

Ek het sy boek gelees en kon nie een saak daarin kry wat hy deur sy eie speurwerk opgelos het nie.

Adeline ·

Stem sooo saam, altyd gedink die sogenaamde baasspeurder is overrated.

Kobus ·

Toe Piet destyds afgetree het, het lede van sy ondersoekspan gewaarsku dat Piet ‘n man is wat hou van die “limelight” en alle eer vir homself ingeoes het terwyl die werklike ondersoeke na al opspraakwekkende moordoplossings eintlik deur sy ondergeskiktes gedoen is. Hulle het ook gewaarsku dat Byleveldt niks sonder sy ondersteuningspan is nie, en voorspel dat hy in die privaatsektor g’n hond haaraf sal maak nie. Hoeveel keer het ons nie al gesien dat al hierdie ‘Blink Stefaanse’ maar eintlik niks is sonder al die meganismes wat deur wetgewing aan hulle gebied word nie.

Max ·

Hy was wat ons ou ” Ysterbaadjies ” n baaskoerantspeurder genoem het ! Hy sal ook nie gaar wors op die braairooster ken nie !

Dalene ·

Ek was nog altyd geirriteerd met die man wat homself so verhewe. Nooit het hy sy span herken vir die gesamentlike suksesse wat hulle behaal het. En toe dink hy waaragtig hy kan dit op sy eie doen. Met die gevolg dat Slim toe sy baas vang.
Hoop al die mense kan mekaar vind en ‘n gesamentlike hofsaak teen hom maak.

Rina ·

Dit klink nie goed nie – ek het sy boek nogal gekoop en gelees! En aan sy lippe gehang!! Gedink ons land kort meer van hierdie gehalte polisiemanne – jammer! Hoop hy het goeie verduideliking vir al die aantygings!

andrea van vuren ·

Hartseer. G’n wonder sy vrou het hom destyds soos ‘n warm patat gelos nie! Moontlik was sy rol model een van die Zuptas!

CDP ·

Ek het nogal gewonder wanneer gaan al sy skelmstreke na vore kom

Boetman ·

Nou watter baasspeurder kry jy nou om ‘n ander baasspeurder te vang? En wat gebeur as die twee speurdenaars mekaar begin dophou en volg?

Piet ·

Piet jy maak nou lekker droog….. en ek praat nie met myself nie hoor!

Susan Grobler ·

Ons het dieselfde stel af getrap. Moes R12 000.00 November 2012 betaal voor hy met ondersoek begin van my dogter wat dood in haar huis aangetref is en tot nou Oktober 2016 nog niks gehoor nie. Hy het die dag met die eerste afspraak ‘n Selfoon waarop ‘n gesprek opgeneem was, as ook kershouertjies in ontvangs geneem, wat dalk kon help met die ondersoek . Op 15 Oktober 2015se navrae na die foon en kershouers het die dame Elize Louw wat by hom gewerk het beweer hulle het nie kershouers en foon van ons gekry nie.

Heidi ·

Susan, ek is so jammer vir julle! Na ál die trauma, nog dít ook! Baie sterkte vir julle. Hoop en bid dat geregtigheid nog sal geskied. Ons Vader slaap nie.

m ·

Nee man Piet mens verwag dit nie van jou nie. Maar nou ja wys jou net as dit by geld kom het niemand n gewete nie……

leon ·

Ek het dit voorheen gese Piet was nie so goed nie hy het n span ondersoekers gehad wat saam met hom gewerk het en nie soos ander speurders wat tot 50 moordsake alleen moes ondersoek nie. Ek weet waarvan ek praat want ek was ook feel van daardie bestel wat so moes werk.hy is n Bly gemaakte brigadier van Selebi

Sampie ·

Leon, ek het nooit iets van die “baasspeurder” gedink nie. As jy sy boek lees, kom jy gou agter dat hy die krediet aan sy kollegas gee nie en eintlik net sy eie beuel blaas. Van hulle het, nadat die boek verskyn het, gebelgd in die pers verklaar dat hy nie die held is wat hy voorgee nie. Vir ‘n “baasspeurder” om na 30 jaar eers agter te kom sy vrou is eintlik al die tyd getroud met iemand anders, laat mens diep wonder. G’n wonder Inge Lotz se pa het hom onder sy jis geskop nie! PB is ‘n “fake”!

Plutarch ·

@Columbiana: Jy is heeltemal reg. Die manne waarop hy destyds dalk getrap het toe hy sy loopbaan gebou het is nou nie meer daar om op te trap in sy tog terug aarde toe nie. Altyd in my mou gelag oor die “baas-speurder” titel. Daar was destyds baie ouens wat dit was maar nooit genoem is nie soos Jacques Hecter, Wouter Mentz, Pierre Taljaard en vele ander.

Nella ·

Ek kan baie sê, maar sal eerder nie, my pa het saammet hom gewerk, van die eerste dag wat hy met wit langbroek by Moord en Roof aangekom het, en ongelukkig nooit die erkenning gekry wat hy moes nie. Wel op sy begrafnis…..maar toe was dit te laat, hy kon dit nie hoor nie.

Kobus ·

Plutarch, jy noem nou groot name. Hulle almal geken, toe ons dit destyds nog “die Mag” kon noem. Heimwee, inderdaad.

Christo ·

n Persoon wat saam my werk het ook vir Piet gebruik om sy seun se verdwyning te ondersoek , hy het betalings aan hom gedoen maar nooit enige antwoord van Piet gekry nie

rina hartzer ·

Ja ons het ook R8325 by elize louw inbetaal. En dit alles vir verniet, dit was in Nov 2011. En n arme bejaarde swartman het al sy geld verloor, sy hele bonus van sy werk, vir daardie jaar. En Christo ek dink ek en jy praat van dieselfde man.

Andre ·

Dalk was dit waar wat al die speurders destyds gese het. Piet het net ingestap as hulle klaar die saak ondersoek het en dan al die eer gekry deur die media. Op sy eie is dit n ander speletjie.

Johan ·

AAg nee oom Piet. Ons boere mense maak mos nie so met ander boere mense nie man. Kom uit. Vertel jou storie en vat die pakslae

Kiepie ·

Ha-ha Johan onder watter klip bly jy? Ons Afrikaners maak juis so. Veral die van ons wat voor sit in die kerk op Sondae. Ons is nie so leliewit soos wat ons hou van om voor te gee nie.

Tony ·

Ongelukkig is dit so dat Afrikaners oor die algeheel nie bymekaar staan nie. Meestal wil nie die son oor die ander sien opkom nie. Hou nie van kompetisie en jaloers op ander se sukses. Sal oor n ander loop om hulle doel te bereik en glorie te kry.

Barry ·

Stem 110% saam met kiepie. Die meeste windgatte is soos PB en sit voor in die kerk
Dis waarom ek nie kerk toe gaan nie

Savethetigerplz ·

Ek het hoë agting vir ho, ek is geskok, dalk sal hy nog met ‘n goeie verduideliking na vore kom

Jade ·

Dink julle nie julle moet maar wag om sy kant van hierdie storie ook te hoor nie? Elke saak het 2 kante en almal soek sensasie. Julle oordeel maar bitter vinnig.

Paul ·

Dis mos nie vinnig oordeel as so baie mense met dieselfde klagte na vore kom net? As dit nou net een of 2 mense onlangs was maar daar’s ‘n hele rits en kyk of die lys aanhou groei. Genade die man hoort agter tralies hys ‘n skelm!!!! Duidelik soos daglig!!!!

Uzi ·

Elke saak het 3 kante. Jou Kant, sy Kant en die waarheid en lyk my nie ou Piet het Lus dat die waarheid Moët uitdop nie, Maar Klink my Daar is Darem genoeg regte speurders Daar buite wat hom gou Sal vastrek!!

Peet J ·

Kan jy nou meer? Hy laat my dink aan die persoon wat die vleis verkoop het. Ek stem KBA is die beste .

Jan Els ·

Beste Maroela Media,
Baie goeie artikel, goed geskryf en goed nagevors. Baie geluk.

Kiepie ·

Lyk my dis waar wat hulle sê: “Dit vat ‘n groot skelm om ‘n kleintjie te vang”. G’n wonder die man was so goed in sy werk nie.

Maryna ·

En so dink almal hy is baie goed met wat hy doen… Nou wonder ek net, hoekom het almal wat ingeloop is, nie al jare terug sake teen hom gemaak nie, dan was hy dalk gevang en nie skoonveld nie… en baie ander kon die verdriet gespaar gewees het.

HenrietteStopforth ·

Hi Maryna, dit het so lank gevat want niemand wou ons storie hoor nie!! Nie eers CarteBlanch nie!

Drummond Hammond ·

Ons het hom en sy makkertjies probeer hof toe vat maar hy verdwyn heeltyd en die Balju kry hom nooit nie

Frans ·

Hy was nog altyd ‘n jamdief!!! Hy het ‘n great span ondersoekers in die SAP gehad en dan altyd die krediet vir homself gevat. Ek weet want ek is ‘n dienende lid wat saam hom gewerk het.

Nella ·

Ek kan baie sê, maar sal eerder nie, my pa het saammet hom gewerk, van die eerste dag wat hy met wit langbroek by Moord en Roof aangekom het, en ongelukkig nooit die erkenning gekry wat hy moes nie. Wel op sy begrafnis…..maar toe was dit te laat, hy kon dit nie hoor nie.

Koos Karoo ·

Inge Lotz se moord is ook nog onopgelos, derduisende rande en vele beloftes later.

Daan Malan ·

Toe ek sy boek gelees het ek besef hier is iemand wat sy eie beuel blaas. Dan is daar nogal n fliek ook.
Ek bevraagteken ook sy bevordering tot die rang van brigadier. Die oplos van sake berus nie net by een persoon nie, dit verg n span en beriggewers

charlene ·

Dis so hartseer om te glo, ek het nogal gedink hy is `n baie goeie speurder – maar dan `n speurder is net so goed soos die span saam wie hy werk. Nou is hy alleen en het geen meer span nie. Dis ongelooflik hartseer dat hy so baie geld uit die mense het, mense wat geglo het hy gaan hulle klein liggie wees in die donker tyd. Piet, dis onmenslik en boos wat jy hier gedoen het.

Rieks ·

Ja, die goeie speurders was die span oor wie hy “beheer” gehad het, hulle is die mense wat al die voetwerk en harde werk gedoen het. Hulle was die mense wat al die opofferings gemaak het. Het hulle ooit erkenning gekry vir die ure, dae en maande se wroeging, soek en oplos van sake? Nee, ek glo nie so nie. Ek glo dat enige Polisie offisier met soveel jare ervaring ‘n groter mate van trots en selfrespek aan die dag sal le, as om op bedrieglike wyse diegene wat alreeds rou is as gevolg van trauma uit hul geld te knoei. Dis ‘n skande en ek hoop dat diegene wat so ‘n afgod van hom gemaak het se oe nou sal oopgaan en besef, hy het voete van klei, en ‘n yslike gebrek aan n gewete, selfrespek en eerlikheid.

Jade ·

Kry maar eerder albei kante se storie. Julle oordeel maar bitter vinnig.

Columbiana ·

Jade jybkan mos sien hier skryf mense wat saam met hom gewerk het. Wat laat jlu dink hulle ken nie al die kante alreeds nie?

japie ·

Jade as hy so goeie speurder was sou hy nie ‘n groep ondersoek beamptes nodig gehad het om hom te help met die ondersoek en oplos van sake nie,dan kon hy al die eer gekry het,dit is bewys dat hy nie een saak kon op gelos het nadat hy die SAP gelos het nie . Al die die ondersoek beamptes wat saam met hom gewerk verdien daardie eer en lof. En nie PB nie.

J ·

Jade… Kan jy nie lees nie???? Mense het geld betaal vir n diens.Piet het hulle geld gevat en nie n diens gelewer nie. Dit is nie oordeel nie. Spoor jy hom op sodat sy slagoffers die ander kant van die storie kan hoor asb.

Gerhard van Zyl ·

Almal se held Pietie is al ondersoek terwyl hy nog in die polisie was. Hy het verskeie take vir daai tyd se Griekse mafia verrig vir n ou geldtjie natuurlik! Die wiel draai.

Ina Roux ·

Dit is skokkend. Kan nie glo wat ek lees nie. Ag nee hoekom moet mense so in gedoen word?

Marietjie du Toit ·

Dit is maar net nog n bewys hoe verrot die polisie van binne en buite is. Almal van ons wat met hulle stelle afgetrap het, se lewens is verwoes of soek steeds antwoorde en word dit toegesmeer.

E Meintjes ·

Sonder sy ondersteuningsnetwerk en agterryers (wie in Mag beskikbaar was) is hy ook maar niks werd nie. Daylight robbery!

Len ·

Ek werk tans saam met een van Piet se oud kollegas. Hy het al aan my genoem dat Piet genyg was om die glorie te vat vir wat eintlik n span poging was.

Gerarld van Zyl ·

Almal se held Pietie is al daai tyd ondersoek terwyl hy nog n Brigadier in die polisie was deur n spesiale ondersoek van Georganiseerde Misdaad, hy het verkeie takies vir daai tyd se Griekse Mafia verrig vir n ou geldjie natuurlik. Die wiel draai!

Pieter ·

Beste Maroela Media en Gerarld

Gerarld praat die waarheid. Gaan soek gerus ‘n koerant berig van so 5 jaar terug. Piet het geskenke gekry van die leier van die Rolex bende. Google gerus Tony Vardas en Piet Byleveld. Hy het dit ontken maar nooit sy saak teen die koerant gewen nie. My vriend was ‘n speurder in Sandton en vertel hoe Piet daar opgedaag het om geskenke by Vardas op te laai (Vardas het vriende by die polisiestasie gehad). Maroela media, bel vir Paul O’Sullivan as julle meer soek. Hy het het ‘n hele dossier op Byleveld.
Jammer die media het hom opgehemel terwyl die manne onder hom nooit bevorder is nie. Selebi het Byleveld gevra om ‘n motivering vir elkeen van hulle te skryf, tot vandag toe nie gedoen nie en Selebi intussen dood.
Dis tyd vir sy destydse span om die krediet te kry.

Barbaar ·

‘n baie ou en bekende spreekwoord is – Dat ‘n skelm vang ‘n ander skelm .
Ongelooflike bewerings wat hier gemaak word .

Testertjie ·

Die linkerhand kannie eers die regterhand vertrou nie.

DIE VRAAG STUK ·

WIE SAL NOU AANBEVEEL KAN WORD AS EEN VAN DIE HEEL BESTE PRIVAAT SPEURDERS IN DIE LAND ?

Miemie ·

Ek is ook ‘n “baas-speurder”, ek vind altyd alles wat my 13 jarige dogter glad nie kan vind nie. :)

Johan Pretorius ·

Jare saam gewerk. Piet was ons goafer en hy was n klein padda in n groot dam. Na 1985 toe bevelvoerder afgetree het, was hy n never been. In sy boek is daar soveel leuns. Tydens n reunie is hy konfronteer.. hy het buite gesit en aan ander onder offisiere dat die fiete verkeerd is a.g.v. outeur. Senior offisiere van Brixton het om om ondentlikheidshalwe gevra dat die manne hom moet vergewe …hul het op versoek van STAAL BURGER wat gese het ons vergeet die verlede en kyk vorentoe….ons het saamgestem. Hy is pateties. DIE WIEL DRAAI EN DIE MEULE MAAL FYN…I am comming to take you away …..Dit moet leuse wees van speurders wat hom nou jag !! Seker in die waterberge. Johan Pretorius.

Collin Parker ·

Johan Pretoruis ek stem saam. Weet van. Was interresant om vanaf i afstand te sien hoe so i persoon te werk gaan. In die algemeen is die tipe jam stelers se MO dieselfde. Het self ervaar op talle geleenthede na baie dae en nagte se harde werk, weg van familie, lang trips vanaf Jhb na ander stede i.e. Durban, Pieterburg, Kaapstad ens. ens, saam met i span top speurders, behaal sukses en dan uit die bloute kom die jam steler en vat al die eer, bel sy tjomme by Beeld misdaad kantoor en dan is “HY” op die voorblad….Dit breek die span af….Die wiel draai.

Jakes ·

Ek dink glad nie Piet is hierdie ‘baasspeurder’ wat almal dink hy is nie. Hy was maar bloot deur al die jare heeldag en heelnag by die werk. (natuurlik omdat sy persoonlike lewe so ‘n gemors was). Wanneer een of ander reeksmoordenaar dan dronk sit en spog in ‘n kroeg iewers, en iemand die speurdiens bel om hulle in te lig… dan is Piet maar daar. Ek kon
ook nie juis in sy boek agterkom dat hy veel van ‘n speurder met spesiale talente was nie. Hy het maar bloot pelle gemaak met die verdagtes in die polisieselle deur vir hulle ‘n koerant en ‘n sjokolade te koop, en so hul vertroue gewen. Uiteindelik het hulle maar bekentenisse aan hom gemaak, wat dan die ding gedoen het, nie sy speurwerk of unieke insigte in die saak nie.
Ek probeer niks van hom wegneem nie, op papier het hy ‘n goeie rekord wat opgeloste sake aanbetref. Ek dink net hy is geen Sherlock Holmes soos wat baie mense dalk dink nie.

Lewies ·

Absoluut!

Ek het sy boek gelees en kon nie een saak daarin kry wat hy deur sy eie speurwerk opgelos het nie.

karin ·

Ja ne! Hoekom sou die ou nou so eerlik wou wees seker maar gesien dat al die korruptes nie rekenskap van hul korrupsie gee nie! Sies sies sies!!!

Paul Dippenaar ·

As n oud speurder is daar n goue reel wat van toepassing is op alle speurders in die SAPD, dit is n gemene feit, dat n speurder so goed is as sy informasie bronne, sy mede span lede en sy ontleding van n misdaad toneel. Sonder n baie goeie beriggewers stelsel, is enige speurder net so goed soos die volgende, maar ook soos hulle se ” hoe bome vang die meeste wind ” ai, ai hoekom so naam weggooi, !!

Sue Brits ·

My man se boek, ‘In die skadu van die galg’ sien eersdaags die lig. Paul Dippenaar is doodreg, dit is hoe my man sy sake opgelos het. Die krediet gee hy vir sy kollegas wat saam met hom gewerk het, asook sy beriggewers. Om nie van die vrouens wat hulle mans ondersteun het te vergeet nie! Die Wes-Kaapse Moord en Roof eenheid was ‘n top eenheid. Alle eer aan die Heer!

Marelize ·

Ek kan nie wag om te hoor watter verskonings vir sy optrede uit kom nie! Gewoonlik is die verskonings meer skokkend as die misdaad wat gepleeg is. Dis sooo jammer dat hierdie gebeur, ek het regtig gedink hy is wat hy sê hy is.

Sonet ·

So leer mens om maar niemand te vertrou nie. Sluit hom toe as dit die waarheid is. Maroela Medua, julle kan gerus privaat speurder Agentskappe onderdoek. Piet is nie al een nie. Ek het vir een gewerk, en het met my eie oe en ore gehoor en beleef hoe hulle vir kliente en myself gejok het, ook verdwyn.

Jakes ·

Ek dink nie Piet is die “baasspeurder” wat almal dink nie. Volgens die boek deur Halie Retief was sy persoolike lewe maar ‘n gemors en hy was heeldag en heelnag op kantoor. As een of ander krimineel dan iewers in ‘n kroeg sit en suip en spog oor ‘n moord en iemand bel die speurdies daaroor… dan is Piet maar daar.
Hy het ook maar meeste van die tyd pelle gemaak met die verdagtes in die polisieselle deur vir hulle die koerant en ‘n sjokolode te koop en so hulle vertroue te wen. Die saak is dan opgelos deur hulle bekentenisse aan Piet, en nie deur sy speurwerk nie.
Ek probeer niks van hom wegneem nie, hy het immers ‘n baie goeie rekord van opgelosde sake, ek sê maar net… Hy is nie die ‘Sherlock Holmes’ wat almal dink nie.

Willi Pieterse ·

Wonder hoeveel mense toegesluit is wat onskuldig was toe die baasspeurder en superbroederbonder hulle “gevang” het? Daar is mos ‘n gesegde …… vat ‘n skelm om ‘n skelm te vang?

NICKEY KRUGERSDORP ·

Het hy dan nie onlang in die huwelik getree nie? Spoor sy vrou op.

Andre ·

Ooo koek ! Moontlik ontmoed hy binnekort weer “ou” bekendes…….aan die anderkand van die tralies.

Sus ·

Sies man, Piet! As dit net een of twee persone was, kon mens dalk nog sê jy moet jou kant stel. Maar om jou kantoor te ontruim, jou oproepe en boodskappe te ignoreer maar keer op keer die geldjies te vat voordat ‘n steek werk gedoen is……nee man! Wat ‘n ontnugtering!

E.K. - ek sê net! ·

Jade – ek dink nie mense oordeel te vinnig as mense na feite soos in berig en in kommentare genoem kyk nie. Ek hoop daar word op groot skaal na hom gesoek sodat hy kan uitkom met antwoorde. Wraggies om ander se pyn en soek na antwoorde te misbruik – ek hoop verseker hy word gekry.

Gert ·

Jip,soos almal wat destyds saam hom gewerk het en vertel het: al wat hy ondersoek het was wanneer hy sy pen wat geval het onder die lessenaar soek

Dereck Le Roux ·

Daar was al ‘n geruime tyd gelede stellings deur van sy oud kolegas in die polisie gemaak dat hy ‘n “glory grabber” was soos hulle hom sou noem, met Sheldeen Human se saak was die meeste polisie werk reeds afgehandel toe hy haar moordenaar gaan arresteer het, ‘n baasspeurder is so goed soos die ondersteuningspan is wat agter hom staan en die meeste donkiewwerk verrig.

Hendrik ·

Hy lyk soos Morgan Freeman, net so goeie akteur wil dit blyk te wees. Net jammer dit is vir die verkeerde redes

Gert ·

Soos sy spanlede van destyds, wie se werk hy as sy eie weergee het, aangedui het. Al ondersoek wat hy op sy eie suksesvol kon voltooi was as hy sy pen wat geval het , onder die lessenaar soek

Dwakar72 ·

Grenade dit is laag, om op Mense te trap terwyl hul lê, oom Piet, Karma is raar maar waar, en gaan kom om alles te vat wat jy van ander gevat het, “be afraid, be very afraid…….!

Gerhard Viljoen ·

Gedink besigheid is maklik. Jy kry net n kantoor en n foon en vra die mense geld. Mense wat vir jare vir n baas werk het nie die dissipline om sy eie besigheid te begin nie. Die beker het natuurlik begin oorloop en hy kon nie meer vat en los nie, en toe vou sy besigheid.
Ek dink glad nie Piet het bedoelings gehad om iemand in te loop nie. Hy het net te groot hap probeer vat en kon toe nie gekou kry nie.

Johan Pretorius. ·

Ek hoop dit is die GERHARD VILJOEN, BEVELVOERDER VAN OOS RAND MOORD EN ROOF. Hy en twee van sy manne EN VAN BRIXTON MOORD EN ROOF ; ek en twee, WILLIE STEYN & CHAP MAREE het vir maande ANDRE CHARLES STANDER ( STANDER BENDE ) GEJAG. Onlangs het ek verneem dat PIET BYLEVELD toesprake gee oor sy ondersoek van STANDER BENDE. huh ??? HY DROOM IN TECHNICOLOUR !!! HY WAS NIE EERS NABY ONS NIE. GELUKKIG HET EK NOG DIE ONDERSOEKDAGBOEK WAT EINTLIK N BOEK IS, WAT DIE OORSPRONKLIKHEID VAN MY FEITE KAN BEWYS. JOHAN PRETORIUS. 082 872 49 43.

E ·

Ja Gerhard ek stem volkome saam met jou stelling. Dit is nie so maklik nie, en as die wiel te vinnig begin draai dan val jy net so vinnig af. Mens besef nie aldag hoe vinnig ń besigheid kan skeef loop nie. Dit gebeur soms in ń oogwink, en ja soms ook ongevraagd. Jy kan dit net eenvoudig nie meer hanteer nie en sluit die deur en hardloop.

Rika ·

Dit is ‘n skreiende skande……ou Piet jou dag van rekenskap sal kom. As ‘n mense ‘n verduideliking het vir jou optrede, raak jy nie weg nie! Waar ‘n rokie is, is gewoonlik ‘n vuurtjie…
Ek sê maar net!

andries ·

oom piet indien jy hulp nodig het om hierdie werk-las te verlig is ek meer as bereid om jou te help……..moenie so uitgaan nie,vertrou my veg deur die kritiek en jy sal weer bo wees

Andre Kapp ·

Laat mens wonder hoe hy so vinnig opgang in die SAP gemaak het.

foxi ·

Ek wonner nou of hy nie tjommies is met zuma nie. Soos iemand eendag gesê het….nog n rioolrot om mee saam te leef!

André Groenewald ·

Ek het Sheldean se begrafnis gedoen en hom toe ontmoet, almal het daardie tyd gesê, baasspeurder, ek sê toe al ag nonsense die regte BAASSPEURDER wat nie erken was nie is BOET DE BRUYN, ware man en eerlik, Piet was, is en sal altyd ‘n vulletjie in my oë wees

Elbie Fourie ·

Ja so val die helde nê. Die Bybel sê moenie op mense en prinse vertrou nie en tog kry die mensdom dit oor en oor reg. Ek het aan sy bevoegdheid begin twyfel met die Oscar saak, baie geluide gemaak maar nie eintlik iets van belang gesê nie. Miskien het hy die misdaadtoneel besoedel en nou word ander blameer. Hy het nie tyd gemors om gewoontes aan te leer na die ’94 verkiesing nie. Baie gesê maar nie veel gedoen. Fooitog .

Andre Groenewald ·

Ek het Sheldean Human se begrafnis waargeneem, toe ontmoet ek hom, ek het vir myself gesê dat hy nie die ware baasspeurder is nie, ek dink as jy daai amp wil hê sal dit soos vroeer name en in my opinie BAASSPEURDER BOET DE BRUYN

foxi ·

André………ja…….Die mensdom in sy laaste dae………

Daan ·

Jade, Piet is soos Donald Trump,daar is te veel rokies wat wys na baie vuurtjies.Hy sal ook eendag voor God moet staan om te verduidelik.

Advokaat Du I'Wel ·

Staak die oordele. Die man het op groot, sensitiewe sake gewerk. Vir al wat julle weet, is hy ontvoer en eis iemand iewers ‘n pond vleis!

Columbiana ·

Ag regtig ne. Advokaat die man was glad nie so grand soos jy nou hier wil voorgee nie. As jy regtig in sie beroep is sal jy dit weet. Gaan vra gerus sy kollegas bietjie oor hom uit

Theresa ·

Ag man strooi. Hy was dan selfs by sy huis gekonfronteer.

Ans ·

Wonder wat sê die bank is die rekening waar geld inbetaal is aktief? Of het hy dalk aktiewe bankrek by ander bank???

Drummond Hammond ·

Ek is nie verbaas nie. Die Huisgenoot speurder is uiteindelik uitgeloop. Byleveld en sy tjommies skuld vir Kol. Chris Earl en vir my ook nog geld met ‘n soortgelyke storie. Regte speurders van ons era het nie baie oog hare vir die man nie.

Woestyn ·

As oud speurder myself, wil ek net se….gaan kyk in die dossiere, wie se handskrif is die verklarings in geskryf……..nie Piet Byleveld se handskrif nie, ons handskrif is daar……die span, die onbekende regte speurders…Piet is n foefie…lol

Judy-Anne ·

My swaer het op die Lee Matthews saak ook gewerk en hy het ook gesê hy vat krediet vir goed wat hy niks eers by betrokke was nie

Sam ·

My man ook gewerk aan Matthews saak – onderhoude, uitwysings en arrestasies gemaak en Piet het krediet gevat

Paul O'Waslyn ·

Dèjà vu. Daar is en was baie jam diewe. As Selebi jou bevorder het, is dit klaar verdag. Kyk wie almal saam met hom range gespring het, verdag, baie verdag….

Cherokee ·

Mense soos vele van diè kommentators skop vir hulself helde agter elke bossie uit. Hulle kan nie besluit of hulle ‘n sanger, ‘n OB of ‘n minister van finansies moet president maak. Indien iemand oor ‘n rooilig ry en weg jaag skreeu hulle “roep vir Piet Byleveld’. Nou skel dieselfde mense wat boeke oor hom gekoop het, hom wanneer hy ter sprake is. Hulle wou nooit glo dat hy ook voete van klei het nie.

Bewysstukke ook weg ·

Wil julle sê dat jy nie net met geld nie maar bewysstukke ook verdwyn het? En toegelaat het dat sake nog kouer word, in kosbare tyd waarin julle ander speurders kon aanstel toe daar nog tyd en bewysstukke was? Dit maak die saak soveel erger…

Sam ·

Hier kom ‘n nuwe storie. ‘Ek moes verdwyn want my lewe was in gevaar’. Boek nr 2… Ek word gejag! Simpel man

Marelize ·

Jaaa, Boek 3 Lem…my lewe na Byl. Gatkant van die gereg.

Johan. ·

Jammer sy eerste vrou wat deur duken dun by hom gestaan het is oorlede……..Vra die manne wat hy woe gehad het hulle moets onder eed lieg oor sy finansies……..dan sal u n ander sienning he..
EN DAN TERLOOPS :- HY HET GEWEET HY IS N FAKE… Jy assosieer nie met so persoon nie.!

Dj Mike ·

I made use of Private Investigator Janine van Rensburg. I’m more than Happy with the Service I Received.

Prof Louw ·

Al julle uitlatings is maar natuurlike human behaviour. Verstaanbaar, maar dink bietjie mooi. Hierdie is iemand wat duidelik nie besigheids, admin of finansiële opleiding ontvang het nie. Seker ook nie genoeg personeel het nie. Die man is clearly in over his head and does not know how to get out. Not steek hy sy kop onder die grond. Everything became overwhelming. Die man is ook oud en kranklik. Ek twyfel nie sy integriteit as speurder nie but he sucks at business.

Columbiana ·

Sy kollegas twyfel duideluk aan sy integriteit en sekerlik sal.hulle beter wees as die huisgenoot en rapport kenners of hoe. Prof jy is ook om die bos gelei deur Pietie as jy se hy het integriteit gehad. Jamsteler soos min

Adolph Oosthuizen ·

Arme ou Pietman se aapstreke het hom nou ingehaal.

Dit is al baie jare bekend dat hy nooit skaam was om die harde werk van sy kolegas vir sy eie eer en aansien te misbruik nie.

Soos gewoonlik sal baie naïewe Suid Afrikaners nou vir Piet bid omrede hy dan nou kwansuis vals beskuldig word, en dit sal my nie verbaas indien sommige vir hom geld sal stuur om hom self op te spoor nie.

Kobus Neethling ·

Hy kon nie eers alleen vir Leon Schuster uitken in die fliek nie, so hoe kan hy alleen n moordenaar vang. Absurt.

Cecilia ·

Ja nee duidelik skoonveld… Die kantoor aangegee as sy werksplek toon geen teken van hom nie. Net weg.. Waar is oom Pietie dan? Vehuis?

ada ·

Hy het nou alles verloor – al het hy die geld. Hy het al sy respek verloor en sal dit nooit ooit weer kan terug kry nie. Sy naam en respek is verewig daarmee heen. Wanneer jy dit verloor het jy alled verloor

Merilyn ·

Piet het R20 000 van my ook ontvang as n deposito om my pa se moord te ondersoek. Die eerste keer wat ons moes ontmoet vir terugvoer het hy 45 minute laat opgedaag, en was so dronk dat hy skaars kon praat. Needless to say, dis 2 jaar later en na vele oproepe en navrae is ek ook die R20 000 kwyt en het geen antwoorde. Die saak was in Zambia, en hy stuur vir my ‘n verdere faktuur wat R15 000 se travel insluit gebasseer op kilometers wat hy “getravel het tydens ondersoek” en dit terwyl hy nie eers Zambia toe was Skelm!

geldenhuys ·

Ek hoop nie die man het iets oorgekom nie. Indie nie en hy het die pad gevat met almal se geld het hy basies alles verloor. Sy naam en respek.

Francie ·

Dis nou ‘n teleurstelling!
Ek stem saam met prof Louw. Gee kans dat mens eers ‘n meer volledige prentjie kry.
Dis net jammer dat soveel mense nou swaar kry agv sy optrede.
Is daar nou ‘n nuwe tv reeks op pad?

klippegooi ·

Nou as Piet so sleg is en almal so goed is, en almal anders dan nou eintlik die werk gedoen het, terwyl hy die eer gekry het, hoekom is daar dan soveel onopgeloste sake!? Hoekom het hierdie mense so baie geld verloor/betaal as ons SAPS dan so tops is en sulke bo-baas speurders het!?

Theuns ·

Moet tog asb net nie vir Mike Bolhuis op sy spoor sit nie,want dit gaan jou ook baie geld kos en geen resultate kry nie!

wagner ·

Ek praat nie Piet se optrede goed nie, maar ek besef ook: dis alles tipiese moor om te steel misdade. Tipies van SA en daars seker n paar honderdduisend wat dit doen. Hulle doen dit en verdwyn in die townships. Hoe gaan hulle ooit gevang word? Daars net te veel van hulle. Om selfs R1mijoen vir n regtig puik en 100% eerlike privaatspeurder te betaal, gaan hoogs waarskynlik ook nie die moord oplos nie. En nog n ding: n privaatspeurder is nie meer in die SAPD nie, so hy het geen outoriteit om ‘n verdagte te arresteer nie.

nog n PI ·

Mnr. Wagner.
Sodra daar ‘n saak nommer is mag n Privaat Speurder ‘n arrestasie toepas. Dan ‘n lid van die SAP kry om verder oor te neem en die persoon Polisie stasie toe te vat. ‘n Privaat Speurder is PSIRA gerigestreer en het ook regte. My ondersoek verslae is hof gereed. Dan aan die anderkant, party ondersoeke Kan langer vat, maar hou jou kliente op hoogte.

Nicolene ·

Ek kan met sekerheid vir jou sê dat daar niks by my ouerhuis gesteel is die aand toe hy vermoor is nie. Dit was n beplande moord… dit was nie n “moor om te steel misdaad nie”. En nou praat ek net van ons familie se geval. Ek weet die ander gesinne sal ook hul sake kan verdedig. Die was nie sommer net moorde nie. En op die noot, geen moord moet as n sommer net moord gesien word nie.
Soos “nog n PI” sê, hy mag arrestasies maak. Kontrakte is met hom onderteken en hy het dit verbreek.
Dis jammer dat jou siening is om maar eerder oor dit te kom aangesien niemand moorde kan oplos nie…? Die gesinne het ondersteuning nodig

Juliette ·

Soos my Pa ook jare lank gese het,hy is n jam dief!!Hulle moes al die werk doen,my Pa het in die nagte alleen in lokasies ingegaan en moordenaars gaan uithaal,dan vat Piet die eer vir dit as hy na die tyd van dit hoor…Jy kan bly wees hy leef nie meer nie want verseker is dit een van die oud speurders van Pretoria wat jou vinnig sou opgespoor het…

Kabous ·

As hy nie skuldig was nie sou hy mos tevore gekom het nie waar nie. Ek weet van baie mense wat saam hom gewerk het. Hy was nooit so goed soos wat die media hom gemaak het nie. Sterkte ou Piet jy word self nou gesoek…

Johan Fourie ·

Almal soek hom al maande as hy nie al reeds land uit is nie .
Kan dit wees dat hy 6 voet onner die grond is ?
In die land kom n mens weg met moord.Moordenaars in die land kry borg.

Banie Smit ·

Snaaks dat ek ook oor ‘n tyd begin wonder het oor sy manier van ondersoeke doen. Dinge het net nie meer vir my logiese sin gemaak nie. Dit is jammer om te hoor hy het so begin optree.

danie ·

Wat ek nie verstaan nie is hoe op aarde het julle manne wat so gal braak, toegelaat dat die man so lank met julle kalwers ploeg. Toe julle sien die dinge gebeur moes julle die rooi vlaggies op gesteek het. Julle kon die elende ons gespaar het. Sies vir julle ook. En maroela media gaan so voort. Hou ons op hoogte,

Drummond Hammond ·

Danie the problem with all policemen and women from our era is discipline. You don’t talk you just do! That’s exactly why it has taken so long to come out. Byl was a brigadier (blygemaak of nie) and most of the the brilliant detectives that worked on the teams were non-commissioned officers (Const, Sarge and W/O’s)! Basically bekhou, aanhou en uithou! As one lady commented earlier not even Carte Blanche would believe them. Selebi, Cele, Huisgenoot and Carte Blanche made a hero of Piet Byl! Not us!

Vytjie ·

Ek destyds nog n baasspeurder gekry na my nuwe cell verdwyn het.. gelukkig het ek gesê ek sal betaal as cell gevind word. Ek wag nou nog..

Wolf ·

My paaie het gelukkig nooit met joune gekruis nie maar ek hoop jy lees en antwoord op die aantuigings Piet Byleveld. Doen jy dit nie, gaan die donkerte jou heeltemal oorval.

Lotie Brink ·

Ja nee. Al ons oud polisiemanne het al die stories gehoor en gesien van met iemand anders se kalwers ploeg. Ek stel voor dat mense vir ‘n volledige uiteensetting vra vir ondersoek wat gedoen gaan word, alvorens jy deposito betaal. Moet nooit die ondersoeker carte blanche gee met jou geld nie.

Sweis ·

Nog altyd respek gehad vir die Baas speurder, al het ek geweet hy kon net n oproep maak, instruksies gee ens, ander moes maar protokol volg, maar DIE het ek nou nie van Oom Piet verwag nie

Maria van Dieweeck ·

Ek voel so jammer vir die mense wat ingeloop is. Waar begin mens? Mag die Here jul bystaan hierin!

francois ·

Dis vir my skokkend dat mens nerens van die moorde gelees het nie, behalwe van een weet ek. Laat mens dink watse slagting is werklik besig om plaas te vind. Ons sal moet begin wakker word.

Ilse ·

En so kom die waarheid uiteindelik uit. Lees gerus Micki Pistorius se boek CATCH ME A KILLER (Penguin, 2001 rond uitgegee) as jy wil weet wat het REGTIG gebeur in al die sake wat hierdie “baasspeurder” kastig eiehandig opgelos het. Ek het dit in 2002 gelees en was verstom toe ek jare later sy weergawe daarvan lees. In haar boek vertel Micki (meer as ‘n dekade voor Piet se boek) van die dae en maande wat ondersoekspanne (ja, spanne!) gewerk het om moorde en reeksmoorde op te los. Sy noem die speuders by name en gee erkenning aan almal se rol. Ter wille van al daardie manne en vroue en werklik eerbare speurders (soos bv Bushie Engelbrecht wat hom ‘n paar jaar gelede van PB gedistansieer het) is ek regtig bly hierdie storie breek. Ek is nog altyd skeef aangekyk as ek die “baasspeurder” durf kritiseer. Welgedaan Maroela Media dat julle volhard het hiermee. Terloops, Anika se ouers is ‘n deurbraak belowe binne dae nadat sy sonder hande dood aangetref is. Nou, jare later, is die saak steeds onopgelos. En vra gerus vir speurder Christelle Steinhobel wie het werklik die Leigh Matthews moord opgelos, en wie het die eer daarvoor gevat. Christelle is kort daarna uitgewerk en het saam met haar pa gaan boer, as ek reg onthou.

Collin Parker ·

Ilse. Dankie vir jou plasing. As i lid wat self baie tyd op top speur spanne in Jhb gewerk het kan ek jou verseker daar is nie i gevoel van verraaier skap as wanneer jy dae, nagte, maande spandeer het op in ondersoek saam met ander top speurders en die sukses behaal is en die “jam steler” onverwags en uit die bloute die eer kom vat vir die werk. Wanneer jou vrou vir jou vra “Nou wat het jy dan gedoen in die saak?” want “jam steler” vertel hier in die koerant hy het al die werk gedoen……..Dit breek die polisie man/vrou af ….

Positive ·

Ek weet ‘nog’ nie of ons ook slagoffer is nie. Ek dink dit was en is spanwerk in die speur neuse se werk en die baas kry die verdienste, dit werk mos altyd so, in besigheid in alles, die span wat die groot werk doen word amper nooit genoem nie, die span wat die werk doen om tot resultaat te kom kry nie die verdiende aansien nie, ek is maar positive, mr Byleveld doen ook ondersoek vir ons. Nog nie resultate nie , maar hierdie land is vir criminals , nie vir eerlike mense nie. So mr byleveld, ek vertrou ons kan maar bly saamwerk. Gee media 1 drop water en bietjie later loop die oceaan oor…as julle verstaan wat ek wil se. Ek bly maar positive. Wat dink julle

Dugg ·

Hier kom perre vir Piet…………..jy kom nooit weg nie,hoe dink hy dan nou.

Schalk ·

Mense daar is baie goeie speurders daar buite. Kry eerder n gevestigde maatskappy daar buite. Ek dink almal hardloop na Piet en hy het te veel werk. Gaan google en kyk na n maatskappy genaamd D&K Management Consultants cc.

Nel ·

Te veel werk is nie ‘n verskoning vir Piet se gedrag nie. As hy eerlik was kon hy mos die ‘te veel’ werk van die hand gewys het.

Manna ·

Jy Praat van D&K ek wag al 4jr vir hulle om my verslag te Stuur. Cheating Spouse saak. Was ook gedreig deur eienaar.

Christie ·

Sien nuwe nuwe diens beskikbaar by Beyleveld en Nel. Gee raad hoe om weg te raak sonder om daaroor te worry.

Ansie Geldenhuys ·

Was dit my vroulike instink? Kon nooit regtig alles verteer nie. Jammer. Het ook maar stelle afgetrap in die lewe – maar hou nie van hierdie nie.

Netta ·

oordeel te gou of nie feit bly staan soos n paal bo water hoekom sout in wonde vryf deur gulsigheid, hoe kry daardie mense antwoorde op hulle vrae om berusting te kry? al daaraan gedink?

Jaco ·

Kan ons nie vir Piet Byl kry om die saak te ondersoek nie…..

Elizabeth ·

Hmmm lekker stof vir ‘n opvolg van Die Byl -TV reeks.

Kryger ·

Zuma en baie ander doen dan dieselfde en kom weg daarmee. Piet het seker gevoel hy kan dieselfde doen.

Sue Brits ·

My man se boek ‘In die skadu van die Galg’ sien eersdaags die lig. Paul Dippenaar is doodreg. Dit is hoe my man sukses behaal het met sy sake. Krediet aan sy kollegas en beriggewers, om nie te vergeet van die vrouens wat hulle mans ondersteun het nie. Die Wes-Kaapse Moord & Roof Eenheid was ‘n top eenheid! Alle eer aan die Here!

Randie ·

Laat my dink aan Solly Ozrovech. Ook iemand wie se hele lewe op leuens gebou is.

Henrietta Klaasing ·

Hier moet ook ‘n fliek van kom: “Agter die kap van die Byl… ” :)  

Moses ·

Goeie voorstel. Hoop hulle koop hierdie keer vir die man ‘n digitale skerm sodat hy nie die mure so bekrap nie.

Seriously ·

Seriously Moses, dit is net ‘n storie en die muur kan gewas word en dit is ou Byl se probleem, dit gee uniekheid aan die karakter. Alles hoef nie in 3 reguit rye 50cm uit mekaar te staan nie, dit moet netjies wees, as jy skoonmaak waar jy mors is dit goed. Te beheptheid met netheid en sienswyse, maak dat mense rebeleer en kyk hoe lyk ‘n land na dit!!!!!!!

Amber ·

Dankie Maroela Media. Julle het ons almal nou behoorlik aan die gons. Die Byl-moord is ook nog onopgelos. Byleveld het seker klaar sy tande geslyp dat iemand hom moet nader om die Byl-moord op te los.

Jan ·

Ek was nooit ‘n polisieman nie, maar wel ‘n offisier in die weermag en dit is nou maar eenmaal so dat die hoogste rang met al die eer wegloop al moes ek die banggat aan sy voete uit ‘n gat uit trek, nadat die kontak oor was en beloof om nooit die storie oor te vertel nie want dan sou hy my lewe vir my hel maak. Toe die “jam” uitdeel kom staan mnr die ‘gat kruiper” majoor voor in die ry om die eer te vat vir die slag. As jy nog leef hoop ek jy erken jouself in die PB sage. Julle kon dalk broers gewees het, of hoe?

Gert van Niekerk ·

Toe ons vanaf middel Mei tot middel Aug hierdie jaar te Ilanga Woonwapark aan die Suidkus van Natal, gestaan het, het daar op ‘n staanplek regoor die middelste toilette/waskamer, ‘n nuwerige woonwa met met ‘n nuwerige (ek dink dit was ‘n Pajero 4X4) gestaan. Daar was nooit beweging van mense of iemand te bespeur nie. Van tyd tot tyd het ek egter ‘n man daar sien uitkom wat na die waskamers gestap het. Die man was egter baie teruggetrokke (of sku?) en het met feitlik niemand gemeng nie. Ek het hom eendag in die waskamers raakgeloop en probeer om hom te groet of gesprek aan te knoop maar hy het verskriklik vinnig in die toilette verdwyn. Ek het by myself gewonder welke tipe van mens die man is dat jy hom feitlik nooit sien nie en as jy hom sien vermy hy jou. Toe ek eendag met een van die ander kampeerders wat naby aan die man gestaan het, praat, sê hy dat iemand aan hom gesê het dat dit Piet Byleveld, die bekende speurder wat so baie moorde ondersoek het, is.

Marcia ·

Nee Piet Byl.. dis wraggies ‘n klap in die gesig! My respek vir jou… het soos mis voor die son verdwyn! Ook maar net ‘n geval van ‘n held met voete van klei?

ADK ·

Maroela media dankie vir ‘n goeie verslag. Hou ons lesers asb op hoogte met die vordering.

brenda ·

Gn wonder sy vrou het gepraat oor sy dubbele lewe en al die ander vroue in sy lewe nie…..

Maggie van Zyl ·

Nou wat het van sy mede-werkers in die “besigheid” geword?? Een van hulle behoort mos inligting te kan gee oor sy doen en late.. As dit is dat hy verdwyn het, sit hulle almal sonder werk, en een van hulle sal praat as hulle gepols word, ek is byna seker daarvan..

Louise Prinsloo ·

Baie geskok om die nuus oor Baasspeurder Piet Byleveld te lees. Het nog altyd gedink dat hy ‘n betroubare man is. Hoop daar is een of ander goeie verklaring vir sy verdwyning.

Anti Jam ·

Is daar iemand wat die aangeleentheid ondersoek waartoe inligting oorgedra kan word. Ek sien media is nou baie stil oor die storie?

Middie ·

Die storie van Piet se verdwyning het nou vier dae gelede in Maroela Media verskyn maar nerens anders lees ‘n mens iets hiervan nie. ‘n Mens sou dink dat die nuus hoofopskrifte sou haal. Waarom is die media so stil hieroor? Is die beweringe regtig waar?

Elize ·

Middie, ek wonder ook! Kan iemand dalk hier antwoord hoekom dit nie hoofopskrifte in ander koerante is nie?

Oeloff Rossouw ·

Ek is ook ‘n oud speurder in die SAP. Piet Byleveld het altyd in die “limelight” beweeg en “gat” gekruip by offisiere toe hy nog ‘n onder offisier was. Hy het ‘n offisier geword sonder om eksamens te skryf en/of kursusse te doen. Piet het altyd alleen geloop en die manskappe moes die vuil werk doen, waarna hy met die eer en aanprysings weggestap het. As daar mense oor vals eise moet praat gaan jou gat brand Piet. Karma gaan jou nog besoek ou Piet!!!

Mariaan ·

Hy het Inge Lots se ouers vals hoop gegee wetende dat hy niks gaan doen nie. Asof hulle nie alreeds gely het nie!
Wat ń skande.

John Mills ·

n Interesante artikel. As n oud-lid in SAP weet ek wat gebeur met gatkruipers. Hulle het die eer gekry en die werkende ouens moes maar die donkie werk doen. Nagte opgestaan en in donker hoole rondgeloop om sake op te los. Maar die klip draai altyd en nou is dit sy beurt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.