Beeldmateriaal van Schumi se ski-ongeluk ondersoek

Michael Schumacher Foto: www.dw.de

Michael Schumacher Foto: www.dw.de

Ondersoekbeamptes het gesê beeldmateriaal van Michael Schumacher se ski-ongeluk wys dat hy nie op die aangewese roete geski het nie.

Die beeldmateriaal kom van ʼn kamera wat aan Schumacher se valhelm vasgemaak was. Die F1-kampioen is op 29 Desember kritiek beseer toe hy in die Franse Alpe naby aan die Meribel-oord geski en geval het. Hy word steeds met medikasie onder verdowing gehou.

Bruce Quincy, staatsaanklaer van Albertville, het Woensdag nuwe besonderhede verskaf oor die ondersoek, maar wou nie die spoed waarteen Schumacher geski het, beraam het nie. “Dit is nie ʼn belangrike deel van die ondersoek nie,” het hy gesê. “Kundiges moet nog raampie vir raampie die beeldmateriaal ondersoek.”

Schumacher het glo 9 meter buite die aangewese roete geval en ondersoekbeamptes het bevind dat die gebied waar hy geval het as “ongerepte terrein” beskryf kan word. Daar was dus nie bakens in dié gebied nie.

Ondersoekbeamptes het bevind dat die ski’s nie tot die ongeluk bygedra het nie.

Intussen het Schumacher se vrou, Corinna, versoek dat die media die Universiteitshospitaal in Grenoble, waar hy behandel word, sal verlaat.

ʼn Bron na aan die familie het Dinsdag aan die Duitse sportnuusagentskap, SID, gesê Schumacher toon geringe tekens van vordering en dat sy geliefdes hoopvol is dat hy sal herstel. Sy dokters voer egter aan dat hy steeds in ʼn kritieke, maar stabiele toestand is.

Lees ook:
“Geringe verbetering” in Schumacher se toestand
Franse speurders soek Schumi-video
Schumacher-ongeluk word ondersoek
Michael Schumacher steeds kritiek
Michael Schumacher se toestand versleg
Michael Schumacher erg beseer in ski-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.