Dringende interdik teen Mandla Mandela

Mandla Mandela

Sestien aansoekers het Vrydag in die Mthatha-hooggeregshof ʼn dringende interdik teen Mandla Mandela, die Oos-Kaapse premier en die LUR vir gesondheid bekom.

“Weens die sensitiwiteit van die saak word dit in camera gehou,” het prokureur Wesley Heyns gesê. “Ons kan nie enige verdere besonderhede bekend maak nie.”

Die Herald Online in Port Elizabeth het berig dat prokureurs vir die Mandela-familie ʼn aansoek in die hof sal bring om die oorskot van Nelson Mandela se drie kinders en ander twee nabye familielede na Qunu terug te bring. Die oorskot is glo van Qunu verwyder en in Mvezo, waar Mandla Mandela die hoofman is, begrawe.

Mandla is Madiba se kleinseun.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.