Federer maak geskiedenis

Roger Federer. Foto: AP Photo/Alastair Grant.

Roger Federer (35) het Sondag sy agtste Wimbledon-titel verower.

Federer het Marin Cilic met 6-3, 6-1, 6-4 gewen. Dit was Federer se elfde Wimbledon-finaal.

Federer is voor Pete Sampras en William Renshaw, wat elk sewe titels verower het.

Dit is die 19de Grand Slam-titel agter Federer se naam.

Cilic het in 2014 die US Open gewen ná hy vir die eerste keer vir Federer in die semi-eindronde geklop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Valerie ·

Kan daar nog bespiegel word oor die beste tenisspeler ooit? Federer, ‘n kampioen wat nie gou weer sal kom nie.

Asook ·

Asook ‘n rolmodel wat nie humeurig rakette stukkend gooi of skeidsregters se beslissings bevraagteken bloot met die doel om sy teenstander te ontsenu.
So ook Djokovic wat baie doen vir tennis en die jongklomp met sy optrede op en af van die tennisbaan.

Adoons ·

Bester manstennisspeler, let wel. Serena Williams het 39 titels gewen – 23 enkel, 14 dubbels en 2 gemengde dubbels, wat haar in ‘n klas van eie plaas. Maar wel gedaan Roger! Min mense het twee of drie jaar gelede gedink jy sal dit weer doen!

Susan ·

Adoons, ek hoor jou, maar Serena is ongelukkig nie iemand na wie ek opkyk nie, maak nie saak hoeveel titels sy wen nie! Sy is al verskeie kere beboet vir swak gedrag en taalgebruik en ek verkies om nie te kyk wanneer sy speel nie, jammer!
Federer is werklik iets besonders en na Agassi was hy die enigste rede hoekom ek tennis gekyk het. Vir min van die ander spelers het ek enige ooghare, ek is te oud vir al die geite, swak maniere en vuisies wat tot vervelens toe geskud word vir elke wenbal! Nee wat, gee uiting aan al jou emosies vir ‘n goeie hou, maar behou jou waardigheid! Selfs Nadal se lekker riel wanneer hy ‘n goeie punt wen, is beter as al hierdie ander tierlantyntjies! Mag FedEx nog lank speel en nog sommer baie rekords opstel! En aanhou ‘n voorbeeld vir ander wees ,van hoe om ‘n jintelman op en af van die baan af te wees! My man sal ook eerder Federer se wedstryde kyk as die normale visvang, krieket, rugby, rugby, rugby ens!

Leendert ·

Ek is dankbaar dat ek hierdie man, vir Federer sy lewe lank kon volg, wat ‘n voorbeeld is hy nie vir die mensdom nie. Ek sal nooit ooit daai eerste tyd vergeet wat ons sy van gehoor het nie, Federer, dit was nogal vreemd op die tong en vandag is hy ‘n legende. Hoe het hy daardie tyd gesê: Jy spreek sy naam uit Roger (Rodger, al spel jy dit Roger), dis soos sy ma dit doen. Wat ‘n getuigskrif, neem ‘n bladsy uit hierdie man se lewe en koester dit.

Desiré ·

Gebore die 8/8/1981 & sy 8ste keer dat hy Wimbledon Titel verower! Dis Fenominaal! Hy is voorwaar ‘n Champ!

Leendert ·

Asook, genadiglik het Roger vroeg geleer, hy het wel in sy tiener jare rakette gebreek, uitgehaak, maar betyds tot sy sinne gekom. En wat ‘n rolmodel is hy vandag.

Asook ·

Glo dit Leendert dat my kommentaar nie die valbylpot oorleef het. Nêrens sien ek iets van Garbiñe Muguraza maar dit sal seker kom voor dit heeltemal ou nuus is.

Ada ·

Ek is so bly vir hom.Pragtige mens en n briljante tennisspeler.Baie geluk aan hom.

Leendert ·

Maroela, help my aub reg, ek glo die korrekte skryfwyse sal wees, of semi-finale of halfeindrondte.

Landi Slatter ·

Dagsê Leendert

Neem asseblief kennis dat dit soms ‘n wyle kan neem voor kommentaar op die webwerf verskyn, omdat dit bloot dalk nog nie deur die webblaaier ge”cache” is nie. Soms beland kommentaar ook in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur moet word omdat die betrokke leser in die verlede herhaaldelik ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname oortree het. Wanneer kommentaar dus nie dadelik op die webwerf verskyn nie, is dit nie noodwendig afgekeur nie, dis dalk nog net nie deur die webblaaier verfris nie of bloot nog nie goedgekeur nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

maryn ·

Welgedaan, Roger!!! Jy is werklik ‘n navolgenswaardige rolmodel. Soveel meer trots omdat jy ‘n verbintenis met Suid-Afrika het met jou ma wat ‘n meisie uit Kempton Park se wêreld is. Weer eens hartlik geluk aan jou en jou geliefdes met die uitsonderlike prestasie wat jou te beurt geval het. Vertrou ons sien jou DV in 2018 weer op Wimbledon.

Meintjies ·

Ek lees niks oor Meintjies die fietsryer wat so geweldige prestasie lewer in die Tour de France nie.
Negende posisie in die algehele klassement, Ek is trots op my landgenoot want hy ry teen die beste fietsryers in die wereld.

Kosie ·

Meintjies, fietsry is ‘n klug – manne vol steroids in snaakse klere wat baaisiekel ry. En jy noem dit sport?

Rina Kotze ·

Susan en Adoons, Serena het wel meer titels as haar suster gewen, Venus se gedrag is by verre strate beter as Serena se gedrag!

Sy het haarself waardig en soos ‘n dame gedra Saterdag, selfs al het sy verloor.
Met grasie die knie gebuig en nie rakket stukkend gegooi en gevloek en skel nie!

My kinders het ook saam gekyk en ek en my Ma het vir hulle verduidlik dis hoe mens optree, selfs al het jy nie gewen nie!

Aan Garbienne, sy het haarself net so waardig as wenner gedra. Ook ‘n mooi voorbeeld vir die jong meisies om te volg!

Dit was ‘n fantastiese wedstryd!

Daar is ook meer net een Federer!

E.K. - ek sê net! ·

Dis oor Roger se ma ‘n oud-S Afrikaner is – ons leer ons kinders (hopelik!) goeie maniere! Mooi my ou!

Willem Rademeyer ·

Hy is nie net die beste manlike speler ooit nie, hy is in geheel die beste speler ooit, want vroulike spelers kan nie die manlike spelers klop nie. En ek is nie nou seksisties nie. Dit is ongelukkig ‘n feit.

Frodo ·

wel willem rademeyer, ek het seuns verkillende ouerderdome (ouer en jonger) geklop met tennis op my goeie jong dae…. so jou feit is invalid.

Frodo ·

tennis is ‘n mind game, wie kan wie uit oorle, uithou vermoe, hoe goed die bal geplaas word en heeltyd dink dink dink, gaan nie oor krag en wie slaan die hardste nie. (alhoewel dit kan help)

Bantam ·

Nie een van die ander spelers het sulke goeie maniere en respek vir hul teenstanders soos hy nie. Djokovic skree en slaan op sy bors en probeer die skare opsweep as hy n punt kry en gluur dan sy opponent aan . Swak ! Murray is n swak verloorder wat teen homself verloor en dan sy mense in sy “boks” verskree en Nadal neem n ” medical timeout as hy agter is. Dus het hulle baie om te leer by die nederige Federer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.