Fietsryer kritiek ná trok hom tref

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Fietsryer, in sy 30’s, is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagoggend deur ʼn 10 ton-vragmotor naby Potchefstroom in Noordwes getref is.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in New Promosaweg plaasgevind. “Volgens ooggetuies het die fietsryer en vragmotor glo langs mekaar gery toe die ongeluk plaasgevind het,” het Majija gesê. “Die man het verskeie ernstige beenbreuke weens die impak opgedoen.”

Hy is op die toneel gestabiliseer en moes met ʼn helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem word vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.