Ford Kuga-brande: Oorledene se familie soek antwoorde

ford-kuga-brand

Verskeie foto’s van Ford Kugas wat gebrand het oor die laaste 13 maand in Suid-Afrika. Foto: Ford Vehicles Burning Facebook-groep.

Nog twee Ford Kuga-sportnutsvoertuie het vroeër die maand vlam gevat en eienaars van die motors het hulle nou tot sosiale media gewend om die voorvalle aan te meld.

Volgens inskrywings op die “Ford Vehicles Burning”-Facebookgroep het daar die afgelope 13 maande glo minstens 43 Kugas op Suid-Afrikaanse paaie aan die brand geslaan. In die jongste voorval het ʼn motoris verlede Vrydag hulpeloos gestaan en toekyk terwyl haar Ford Kuga op die R63 tussen King William’s Town en Dimbaza in die Oos-Kaap uitbrand. Verkeersbeamptes vermoed ʼn fout met die verkoelingstelsel het die brand veroorsaak.

ford-kuga-pe

‘n Skermskoot van die video wat wys hoe Maria Daniels se Ford Kuga in Port Elizabeth brand. Foto: Youtube.com

Nog ʼn familie van Port Elizabeth het in die vroeë oggendure van 31 Desember ʼn noue ontkoming gehad nadat vlamme onder die enjinkap van hulle Kuga begin uitlek het. Maria Daniels (47) het aan die Dispatch Live gesê sy het die motor op 9 Desember met 68 000 km op die odometer aangekoop. Die motor het haar vroeër in Desember probleme gegee, maar sy is telkemale verseker die motor het die nodige veiligheidstoetse geslaag.

reshall-jimmy

Reshall Jimmy. Foto: Kaveen Jimmy/Facebook.

Dié motors is sedert Desember 2015 gereeld in die nuus nadat Reshall Jimmy (33) se verkoolde lyk in ʼn Ford Kuga in Wildernis, Wes-Kaap, gevind is. Voorlopige ondersoeke deur die polisie het gewys dat ʼn brand aan die voorkant van die motor begin het en vinnig na die res van die motor versprei het. Reshall se sitplekgordel was steeds vasgemaak en geen gemene spel is vermoed nie.

Dit het egter die Jimmy-familie met verskeie vrae gelaat oor wat presies die brand, en Reshall se dood, veroorsaak het. Die familie het hulle eie ondersoekspan aangestel nadat Ford SA glo geweier het om betrokke te raak by die ondersoek, en daarna gepoog het om die aanvanklike bevindinge met hulle eie ondersoeke te weerlê.

jimmy-ford-kuga

‘n Foto van Reshall Jimmy (33) se uitgebrande Ford Kuga wat in Desember 2015 in Wildernis, Wes-Kaap gevind is. Foto: Kaveen Jimmy/Facebook.

“Ons het naderhand soos misdadigers sonder enige regte gevoel. Ek kan steeds nie glo hoe Ford ons familie behandel het nie. As hulle net na Reshall se dood bereid was om met ons familie te vergader en die saak verder te ondersoek sou ons vrede daarmee gemaak het, maar Ford het eenvoudig geweier. Dit terwyl hulle reeds geweet het van die probleme met die Ford Kuga. As hulle die motor betyds van die mark onttrek het, kon my broer miskien vandag nog gelewe het,” het Kaveen, Reshall se ouer broer gesê.

Kaveen het gesê buiten die 43 brandvoorvalle van Ford Kugas in Suid-Afrika weet hy ook van nog ʼn verdere 70 of 80 voorvalle waar dieselfde soort Ford, wat in die buiteland as Ford Escape bekend staan, in lande soos Australië en Indië vlam gevat het.

Hy het die Facebookgroep gestig nadat hulle geen terugvoer van Ford SA ontvang het nie. Hy het reeds R150 000 belê in ʼn veldtog om Suid-Afrikaanse motoreienaars bewus te maak van die beweerde brandgevare van die Ford Kuga.

“Ons weet byvoorbeeld van ʼn vrou wie se motor op 15 Januarie 2016 vlam gevat het. Sy het haar kind uit die motor gered, maar haar hare het begin brand. As dit nie was vir ʼn vragmotorbestuurder wat haar gered het nie, sou sy moontlik ook vandag dood gewees het,” het Kaveen gesê.

Hy glo die sosialemediaveldtog het reeds talle lewens gered. “Meer mense sou moontlik al gesterf het, maar ek glo hulle is bewus van die brandgevaar en reageer nou vinniger as hulle sien daar is probleme met hulle Kugas. Dit terwyl Ford sê hulle kan nie die motor van die mark onttrek nie aangesien hulle vir nog data wag.”

Dr. David Klatzow, ʼn forensiese konsultant wat die Jimmy-familie help met hulle ondersoek, het gesê daar is twee soorte brande wat moontlik in die Ford Kuga kan ontstaan.

“In die Jimmy-geval blyk dit ʼn elektriese fout te wees wat die brand in die motor begin het. Die deure het gesluit en die insittende kon nie uitkom nie. In die ander gevalle is dit ʼn brand wat in die enjin ontstaan. As so ʼn enjin kan vlam vat terwyl iemand 120 km/h op die snelweg ry, is dit nie net ʼn gevaar vir die bestuurder en insittendes nie, maar vir alle padgebruikers,” het Klatzow gesê.

Hy het bevestig dat hulle bewus is van 43 voorvalle van Ford Kuga-brande in die afgelope jaar, maar dat Ford hulle glo glad nie bystaan in die ondersoeke nie. “Die motormaatskappy is baie moeilik, dit voel behoorlik of hulle die ondersoek wil kelder. Die maatskappy wil glad nie eens die elektriesebedradingsmodel van die motor verskaf nie, of die oorspronklike foto’s wat hulle tydens hulle ondersoek van Reshall se motor geneem het, beskikbaar stel nie.”

Maroela Media het in middel Desember verlede jaar berig dat Ford SA met die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) vergader en onderneem het om teen einde Februarie ʼn verslag oor die motor se probleme aan die kommissie te lewer.

ford-kuga

‘n Ford Kuga. Foto: Ford Vehicles Burning Facebook-groep.

“Ons ondersoek tans die brandgevaar van die Ford Kuga met ʼn 1.6-liter EcoBoost-enjin en hoewel die ondersoek nog nie voltooi is nie, blyk dit dat die oorsaak van die brand aan enjinoorverhitting toegeskryf kan word,” het Minesh Bhagaloo, ʼn woordvoerder van Ford SA, gesê.

“Daar is tans ongeveer 6 300 1.6-liter Kugas in Suid-Afrika wat tussen Desember 2012 en Oktober 2014 gebou is. Die eienaars van hierdie voertuie is versoek om dit na ʼn Ford-handelaar te neem vir ʼn gratis ondersoek. “Die lyk nie of die Kuga 1.5-liter en 2.0-liter dieselfde probleem het nie, maar ons vra alle Ford-eienaars om gereeld hulle voertuie te laat nagaan.

“Ons vrywillige verslag oor die betrokke Ford Kuga aan die NVK sal teen Februarie gereed wees en ons sal eienaars ook op die hoogte hou van enige verwikkelinge hieroor,” het Bhagaloo gesê.

Volgens Klatzow moet daar egter vrae gevra word oor hoekom Ford SA nou eers, ʼn jaar later en ná soveel voorvalle, die brandgevare van die motor begin ondersoek.

“Intussen kry eienaars van die Ford Kugas ook nie hulle motors verkoop nie. Die motors is nou letterlik te warm om te verkoop,” het Klatzow gesê. Reshall se motor word nou na Kaapstad gebring waar Klatzow binne die volgende week weer die uitgebrande wrak sal ondersoek in ʼn poging om uitsluitsel te kry oor die oorsaak van die brand wat Reshall se dood veroorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

DIe Afrikaner ·

My Pa het altyd gese Ford is gemors en hy was 100% reg….

Subaru for life!

Piet Pompies ·

Wie kontak jy as ‘n brand by jou huis ontstaan, die naaste Ford handelaar!

A ·

Dis bitter jammer dat Ford so reageer. Ek het self ‘n Focus gery en die diens wat ek van Ford ontvang het was skokkend. Ek het my voertuig gevat vir sy diens en hulle het met hom rondgery en gestamp. Hulle het eenvoudig geweier om verantwoordelikheid te vat selfs al het die “tracker” gewys waar hulle gery het. Ek is bitter teleurgesteld in Ford maatskappy.

Kellies ·

Mense wat Ford ry het nie geld vir buskaartjies of fietse nie. Hehe.

Selfde ·

Selfde. Tydens diens toe speel hul kliphard musiek, eers gedog dis hul eie klankstelsel, maar toe ek nader stap om te kyk toe skakel hul kar af. 10 min later toe stamp hul kar en hul was glas nie naby garage. R13000 se skade en wag steeds vir my geld. Hul trek skouers op. Hul is erg vertraag. Dink steeds Noag moet vir Ford gaan werk.

Niccy ·

Ai ja nee, die Ford is gemaak vir ‘n tang en draad het my pa altyd gesê. Waar het jy gehoor jy moet jou voertuig gereeld te laat nagaan vir Enjin oorverhitting….. Mens laat jou voertuig diens en klaar. Chevies bo!!!

Lee-anne ·

dis jammer om te hoor – ek wou nou juis ‘n ford figo aanskaf. Maar moet sê, het die vakansie probeer om ‘n ford bantam te laat diens en het omtrent gesukkel om net ‘n afspraak te maak – dit bevestig dus probleme met Ford??

Plaatsie ·

Snaaks, n Ford produk slaan gereeld iewers in die RSA aan die brand tot “so veel as 43 die afgelope jaar”.
Hoeveel ander vervaardigers se voertuie het weens oorverhitting gedurende enige tyd aan die brand geslaan?
n Antwoord (met bewyse) sal duidelik wys waar die probleem tuishoort.

joe ·

ek ry eerder n Ford wat aan die brand slaan as wat ek n Subaru ry wat se airbags explode wanneer hulle wil en so ook n Subaru kan mens nie eers verniet weg gee nie. Val eerde n ” manufacturer aan wat lieg oor CO2 emissions of die Legendariese Toyota Tumbler!!! Ford hardloop nie weg van die Kuga se probleem nie!

Celia ·

Joe- onthou kry vir jou n brandblusser op die sitplek langs jou!

Die Afrikaner ·

Ai Joe. Ek het dieselfde as jy gedink van Subaru. Doen jouself ‘n guns en gaan toetsbestuur een. Om Subaru op te som: Duitse bestuursgenot met Toyota betroubaarheid sonder enige “hi-jack risiko”!

Antie ·

Chev bo. Ford moet al hulle voertuie terugneem en eienaars ten volle terugbetaal. Waarvoor staan Ford – first on rubbish dump :)

CAV ·

Ek het al n paar Chevvy,s gesien waar daar vonke onder die voertuig sien sapt

Johan ·

Chevvy bo sê jy? Het jy al gesien hoe vrot Chevrolet verkoopsysfers vergelyke met Ford s’n is? (en nie net in SA nie) Jip, Ford SA het lelik drooggemaak met hantering van die Kuga-storie, maar andersins in Ford puik voertuie. Waarom is die Ranger dan gereeld die topverkoper bakkie in SA, en die F-Reeks (wat nie hier verkoop word nie) die wereld se topverkoper bakkie?

Marius ·

Tot my spyt was my eerste voertuig ‘n nuwe Bantam. Eindelose probleme met die handelaars en Ford Suid Afrika. Toe koop ek ‘n 2de handse Toyota en ek kan net met lof van die maatskappy praat.

Poot ·

Maruis nou praat jy sence. Wens mense wil wakker skrik en erken dat Toyota tops is. Van die Corolas tot by die Hiluxe. Moet net nie die nuwe Hilux koop nie.

Fransie Coetzee ·

Ek ry ook een van die bogenoemde Kugas, en glo en vertrou dat myne ok is. Mal oor my Ford Kuga.

willie ·

My seun ry die 1.6. Hy het aan my genoem daar lek ‘n geel vloeistof onder sy motor regs voor. Ek het gaan ondersoek instel en gevind dit is anti freez water maw verkoelings water. Ek het die oorsprong van die lek toe onder die expansion tank gevind. Die motor is in daarvoor en hulle het die motor toe terug gehou en vir hom n huurmotor gegee omrede hulle glo nie onderdele i voorraad het nie!

Stem saam ·

Alles loop reg altyd reg TOYOTA! Ek koop al my lewe lank net TOYOTAs geen probleme met hulle nie en baie betroubaar!

Anoniem23 ·

My Ford Fiesta Ecoboost se enjin en aircon het 2 keer opgepak voor hy op 50 000km was, en met dieselfde as A hierbo, is daar ook met my kar rond gery, gejaag en sitplekke gebrand met sigarette. Nadat ek hulle uitgevang het, het hulle my terug gebel en gevra of die een bestuurder die aand met my kar mag huistoe gaan, want hy wil my kar toets en hy het eintlik nie ander vervoer nie??? alles terwyl ek nie my kar mag terug kry nie, want hulle wag nog vir die nuwe enjin nommer se “police clearance”
Die aircon pyp op die spesifieke model het ook foute gehad, mens mag dit nie met ‘n ander pyp (wat nie deurskaaf) vervang nie, want dan “void” mens die waarborg, maar die pyp wat hulle opsit is op ‘n 6 weke waglys, Belaglik…

Nico ·

As ek reg onthou noem Ford die Kuga in ander lande Ford Escape. Klink na ‘n meer gepaste naam.

Kaspaas ·

Ek het self al n’ lelike stel met Ford afgetrap. Met die eerste Rangers, het ek n’ Wildtrak gekoop.
Met die eerste diens het die koste amper R10 000 beloop.
Met die 2de diens kry ek die voertuig weer terug na nog n’ stewige rekening betaling.
Oppad terug kantoor toe kon ek voel dat die enjin nie trek soos hy moet nie.
Ek stop toe by n’ vriend wat sy eie garage besit, en dadelik wys hy vir my n’ kraak op die “manifold” uit tussen die nommer 2 en 3 silinders. Die enjin kap sowel as die enjin ruimte was pikswart, soos die rook en die roet uit die kraak gepomp het. Ek het onmiddelik met Ford HK gesels, en is aangese om die motor na n’ ander handelaar te neem. Na n’ week van niks hoor nie, kontak ek hulle net om meegedeel te word dat HK my “warranty gevoid” het. Hulle redes was, different radio fitted, different wheels fitted en engine tampered with. Het alles probeer(selfs regs onkostes aan gegaan), maar hulle het eenvoudig voet by stuk gehou. Soek nie eens weer n’ ford in my erf nie. Selfs familie en vriende wat Fords ry parkeer buite!

ken ·

Dis snaaks. Die Wildtrak het n diensplans. Hoe wild het Jy gery dat daar R10000 se buite plan week was op jou eerste diens. Mooilik Om Te glo.

Liza ·

Ford nee dankie……….. het ‘n Ford Fiesta gery…. nie alle Ford Handelaars is so nie….. Die diens wat ek gekry het by die handelaar van Ford was regtig nie na wense nie, en dan die personeel wat jy mee moes deel was so ongeskik, net daar en dan het ek my Ford verkoop…

trucker ·

Ai ……Ford julle naam is nou behoorlik met ‘n plank geslaan!!!!

Piet ·

Ek sien nie baie ouens opkom vir die Fords nie – Waar is hulle dan nou? Die laaste goeie Ford wat op die mark gekom het was die Model T. As jy nie n voertuig “getoets” het tot hy ten minste 120’000Km geloop het nie, dan kan jy nie praat van betroubaarheid nie. Die Fords kan nie die “hammering” van ons paaie vat nie.

Skokkend ·

Ek ry self n ford maar die figo. Ons het besluit om die kar self te begin diens nadat ford glad nie doen wat hulle sê hulle moet nie, my man ontdek met die vervanging van my aircon filter dat olie daarin spyt… hoe de-dollies kan dit so wees… en nie eers gepraat van hyundai, nog erger diens as by ford. Hulle maak meer skade by n diens van jou kar aswat jy hom nie vat vir dit nie. Skokkend!

ronelle ·

Ons ry self n 2016 kuga 1.5 en was nou met vakansie sonder probleme,en my 2 bantam my eerste gery tot op 426 000 km en my 2 de een het al 263 000 op.Doen so 30 000 in n jaar met my Bantam
Gee probleme met ford ni

snoefie ·

indien ek dit nie mis het nie, was die Ford kuga verlede jaar al herroep. wat beteken Ford S A stuur jou n brief wat jou in kennis stel om jou ford na die naaste Ford handelaar te neem. my brief is met alle dokumentasie betreffende due viertyug geliasseer. ek moet egter erken, ek het gewag tot die volgende diens. hoeveel van die rienaars het ook gevoel dit ksn wag tot die volgende diens? indien wel, kan hulle nie met skoon gewete aan smeerveldtogte in die media deelneem nie.

Ford Bestuurder ·

Ek ry nou al vier jaar lank ‘n Ford Figo en kan glad nie kla nie, ek stem wel saam dat party handelaars nie behulpsaam is nie en ander gaan weer uit hulle pad uit om jou te help. Nog niks op my kar het gebreek nie. Ek sal nie iets anders wil bestuur nie behalwe ‘n Toyota as ek nie Ford kan kry nie.

Patrys ·

Nee wat! Ry self ‘n Ford Eco-Sport en Manlief ‘n ranger. Nog nooit enige probleme gehad nie.
Party mense hou net baie van kla!

Corrie van der Merwe ·

Ek is self ‘n baie gelukkige Ford Kuga eienaar en kan net met lof praat van die voertuig.
Ek is versoek deur Daly Ford, Potchefstroom om my motor in te bring vir ‘n ondersoek gedurende Desember 2016, maar nadat ek aan hulle geraporteer het dat die tenk lek, het hulle op hul aandring, die motor by my kom haal op die plaas, 35km uit die dorp en alles vervang wat nodig was.
Kan net met lof praat van Daly Ford, Potchefstroom se uitstekende diens en klient behandeling.

Rina ·

Daar is van die Ford motors wat so mooi blyk te wees, maar dit klink vir my na bo blink en onder stink

Sonel ·

Ry bogenoemde Ford…vrek bang om met 2 Kids in kar te ry. Hy gaan Donderdag in vir inspeksie. Ek wonder wat Ford my sal offer vir hulle “firestarter”??

DVL ·

Ek het 12 jaar lank n IKON 130i gery nooit slegte diens van Ford gehad nie. Die kar het bietjie begin oud raak maar met 502 000 op die klok seker te verstane. Moes ongelukkig enjin vervang na dit gesteel was – het hom terug gekry – en Ford Witrievier was baie behulpsaam het binne n dag ander enjin gekry van die fabriek af en ingesit. My kinders het grootgeword met die kar. Is jammer Ford se diens het so agter uitgegaan want was nie so nie. Ek sal altyd n Ford fan bly. Dis jammer die nuwer modelle het sulke probleme. Maar dit gaan oor hoe hulle gebou word in die fabriek. As mense weet wat in die plants aangaan en hoe karre aanmekaar gesit word sal kar verkope baie val. Ry nou n Nissan.

Frik ·

Die laaste goeie Ford was in 1972 gemaak.
My Bantam bakkie het my in sy 185,000 km meer probleme gegee as
enige van my ander voertuie vanaf 1966 gesamentlik.

Helene ·

Ja Louis! Altwee plofbaar maar as ek moet kies dan kies ek ook liewer Ford! ai

CAV ·

My vrou ry n 2007 Fiesta – nog nooit n probleem. Ek ry n 2013 – nog nooit n probleem. Maar ja – die Kuga 1.6 klink my waarlik na n groot probleem. Hulle sal moet kyk daarna en in my opienie vervang. Almal het maar hulle probleme, dit is egter hoe daar met die probleme gedeel word, wat die verskil maak.

Theo ·

Wat my bekommer is dat tydens die brand het die deure gesluit en kon dit nie oopgemaak word nie ?Lees ek dit reg !Nou wonder ek hoeveel van hierdie hoogs tegniese motors het dieseflde probleem?Dis onveilig !

Helizna ·

Daar is ‘n veiligheidsmaatreel in die meeste karre: Die kopstukke voor kan uittrek en die metaaldeel gebruik word om die venters te breek, om gou te kan uitkom. Net sodat jy weet, vir die toekoms. Lekker dag :)

Stil ·

Ford Wildtrac gery. Oneindige probleme gehad en hoeveel keer langs die pad gaan staan. Patetiese diens van handelaar en Ford SA gekry. Hulle kon/wou geen van die probleme oplos nie. Voertuig was meer by handelaar as in my besit. Opgegee met Ford na ‘n jaar en bakkie verkoop teen ‘n groot verlies. Wil NOOIT weer ‘n Ford op my naam he nie.

Bokram ·

Ai maar ford stel teleur,ek ry n dubbel kajuit ranger,seker nou so jaar lank en ek is mal oor die bakkie,hy moet nou gaan vir sy 2de diens ek hoop regtig ek kry dan goeie diens,en ek hoop ford doen iets aan die kuga probleem

Mr P ·

Ja Joe Ek het baie Toys in my vloot. Van hulle 2.4D het al 450 000 km gedoen. My D4D 3L 4×4 tumbler het al 300 000 km gedoen. Maar nog steeds aan die gang. Dis nou n arm man se Merc.

Sons ·

Hoe kan hy weet van n geval waar n vrou se ford op 15 Januarie 2016 vlam gevat het as vandag maar eers die 10de is????

Deon Kotze ·

Het twee Fords op di werf en paar by besigheid. Parte het onbekostigbaar duur geword. Amper oornag. Hoop Ford se bestuur skrik vinnig wakker.

Werner ·

Ek ry ook n 1.6l Kuga en kan net se en van die beste kar van vele wat ek al gehad het. (Opel, Toyota, VW,BMW en Audi ).Ford het my nog die beste diens gegee.Hulle was great hoe hulle ons hanteer het met hierdie probleem. Hulle het vir my n huur kar gegee en my heeltyd op hoogte gehou.Well done Ford.My tweede kar gaan no n Everst wees en nie Fortuner wat omdop nie(nogal baie op Fb gesien maar geen woord daar oor nie.)Glo my die ander vervaardigers is nie great nie.

Johan ·

Was jy al in Amerika, Brittanje of Duitsland? Daar is Ford Crown Victoria taxi’s en polisiemotors in Amerika wat al oor die miljoen kilo’s gedoen het!

Chris Ws ·

F O R D = Foute Ooral Reperasies Daagliks!Niemand sal my oortuig om ENIGE nuwe Ford motor of bakkie te koop nie.My skoonseun was ‘n mechanic by hulle vir 12 jaar en wat hy van Ford te vertel het na hy KIA toe is laat jou hare rys!
Waars die dae toe ek jare se genot uit my 3 liter BIG SIX gehad het?Mens dit was nou ‘n betroubare en erg ekonomiese motor!

Poot ·

Chris Ws
Nou praat jy mos die waarheid. Dis die laaste ordentelike Fords wat gebou was. Ek het nou nog my ’82’ Ford 3L Cortina bakkie. EN……. ek ruil my Toyota D4D vir NIKS op aarde nie. As hulle hom steel, koop ek vir my nog een. Punt en klaar.

Henry ·

Net n regstelling, Ford Kuga word nie in Suid Afrika gebou soos die berig beweer nie

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Henry

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is gewysig.

Groetnis
Esté nms Maroela Media

André Groenewald ·

Ek is ‘n trotse Ford Kuga eienaar en sal een bly. Massa histerie en sensasie sal nie die probleem oplos nie – Ford erken dat daar ‘n probleem is en my ervaring is dat hulle dit in ‘n baie ernstige lig beskou. Ek kan net van hoogs professionele diens en hulp getuig. Retoriese vraag: hoeveel fabrikate is daar wat nie van tyd tot tyd motors moet terugroep nie? Om sommer nou alle Ford modelle verdag te maak is onbillik – koop gerus jou Figo en Echo Sport – dit is ook fantasties en bekostigbare motors. Die waarheid is dat vriende ‘n Echo Sport outomaties wil aanskaf, maar dat Ford nie kan voorbly met vervaardiging nie. Daar is nie een beskikbaar nie en hulle moes ook hul kleurkeuse verander. Retoriese vraag: is alle Ford Kuga eienaars bedag op waarskuwingsliggies en die nagaan van die verkoelerbottelvlakke van tyd tot tyd? Is die storie waar dat ‘n dame haar Kuga by Ford intrek met hierdie bottel dol leeg!?

Poot ·

Andre Groenewald
Retoriese vraag: Hoeveel ander vervaardigers moes voertuie herroep oor hulle somme aan die brand slaan? Neewat……..HOU MAAR JOU FORDJIE BOET. Ek sal vir my Toyota koop.

Dartagna' ·

mense!!!!!…………Ford’s slaan aan die brand,
….Toyota’s val om vir geen rede

koop ‘n HONDA, dit gee net nie probleme nie, en klaar

m4 ·

Ek ry maar eerder my Chinees – hoewel almal se koop ‘n BRAND name…….

Magde Scheepers ·

Ek ry ‘n Ford Figo… die karretjie het my op so 30 000 km ‘n bietjie in die steek gelaat om nie die motor dadelik te laat draai as ek dit wou aanskakel nie. Ek vat my motor glad nie na ‘n Ford Handelaar toe vir ‘n diens nie. Ek laat haar diens deur ‘n ander firma… ‘n “diagnostic test” was gedoen om die fout te vind… EN RAAI WAT!!!!!! Ek het haar uit die boks gekoop en die klok was teruggedraai met 3000 kms. (Die “diagnostic test” het dit bepaal… m.a.w. die kilos op die klok het nie ooreengestem met die toets nie) Ek het gekla daaroor… maar Ford het net hul skouers opgetrek. Die fout is herstel… en die karretjie ry nog steeds. Ford se Handelaars vertrou ek glad nie… hul sal nie aan my kar raak nie!!!!!! Wat doen ek as ek die kar wil verkoop en die nuwe eienaar wil so ‘n toets laat doen? Wie gaan soos die skelm lyk?

Zel ·

Ry ‘n fiesta ecoboost en engine liggie bly aangaan, was al 3 keer by ford elke keer iets anders. hulle maak die probleem reg n week later is die engine liggie weer aan. Nou ry ons maar so met hom…

Marque ·

Nou ja, so kar aan die brand slaan is ‘n ernstige probleem, maar aan die ander kant lag ek tong in kies omdat ek al so baie vir mense gese het moet nooit ‘n Amerikaanse voertuig koop nie want as jy na die TV kyk het ek nog nie ‘n Amerikaanse voertuig gesien wat nie ontplof of aan die brand slaan nie, he he….. Pasop vir Amerikaanse voertuie, Hollywood adverteer mos gereeld dat hulle karre almal ontplof…….

Astra ·

Behalwe die mustang, is die fords in SA van Europa afkomstig. Niks Amerikaans aan hulle nie.

Pam ·

Alles loop reg, altyd reg Toyota ! My Camry verkoop na 16 jaar en 385 000 km op die klok ! Die nuwe eienaar is in estase oor die goeie toestand van my motor.

Chris Ws ·

Pam jy het die beste motor wat Toyota nog gemaak het verkoop.Jy sal nog spyt kry glo my!Skoonma se Camry is 20 jaar oud(1996 model) en loop foutloos.Hoop net nie jy’t ‘n Ford loop koop nie!?

Bekomerde voertuig eienaar ·

Ek werk met lugversorgers van voertuie en huishoudelik. Daar word nou nuwe gasse gebruik wat hoogs vlambaar is naamlik R600 (Butane) want hulle se dit is oson vriendelik dit word in die nuwe voertuie gebruik sou daar n lek wees en n spark kan dit veroorsaak dat dit aan die brand slaan. Gaan kyk net op die “wed side” hoe gevaarlik is daardie gas. Ek se nie dit is wat in hierdie voertuie se verkoeling sisteme is nie gaan kyk voor in die engine kap sal dit staan water gas gebruik is.

Piet ·

Ek kan my altyd doodlag vir die website se comments. Is julle mense rerig soos verveeld om heeldag te sit en wil windgat wees oor watter kar is beste en watter nie? …rerig mense, hou op kleinlik wees, julle is almal mooi groot (so hoop ek) – kom oor dit en ry wat jy wil en waarvan jy hou en hou dit tog vir jouself. Al die karre word deur mense gemaak, so almal het hulle issues en almal sukkel met diens, hang net af watter dorp jy is…

Astra ·

Piet, jy is so reg. In die 60s en 70s het kinders gestry oor wie se pa se kar die beste is. Ford vs Chev vs Valiant….

Pietsepan ·

Dis lekkerder om die kommentaar te lees as die berigte. Ek onthou hoe die Chev en Ford ondersteuners op laerskool soms vuisgeslaan daar in die 1950’s.
Ek wil net noem dat Ford in Amerika onlangs nie staatshulp ontvang het soos GM en Chrysler nie.
Kompetisie in die motorbedryf tans is veller as ooit tevore en almal veg om oorlewing. VW het sovêr gegaan as om bedrog te pleeg.
Dis moeilik om gehalte te handhaaf met globaliseringspraktyke wat gevolg word. Die Cuga word in Indië onder kontrak vervaardig. Die Koreane en Japanese is seker die beste daaraan toe wanneer dit by gehalteversekering kom.
Kommentaar oor motors was nog altyd baie uiteenlopend. Drie van die swakste motors wat ek besit het kom uit die Audi – VW stal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.