Jayde se vermeende skieter sterf

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou tydens 'n vorige verskyning in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou tydens ‘n vorige verskyning in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Die verdagte wat daarvan beskuldig word dat hy die skoot afgetrek het in die moord op die Oos-Kaapse onderwyseres, Jade Panayiotou, is Woensdag in die hospitaal dood.

Maroela Media het vroeër berig Sizwezakhe Vumazonke, een van die vier verdagtes wat tereg staan vir die moord op Panayiotou, is in ʼn koma nadat hy verlede maand in die hospitaal opgeneem is.

Volgens gerugte vroeër vandeesweek is Vumazonke dalk onder polisiebewaking vergiftig by die Livingstone-hospitaal.

Michelle Blignaut, Vumazonke se prokureur, het gesê sy het al Vumazonke se familie van sy dood in kennis gestel.

Christopher Panayiotou, Jayde se man, word daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein is agter die ontvoering en moord op sy vrou in April verlede jaar, omdat sy glo ʼn “finansiële las” was. Die staat voer aan hy het Luthando Siyoni, ʼn uitsmyter by sy Infinity-nagklub, betaal om Vumazonke as sluipmoordenaar te huur. Volgens die staat moes hy Jayde ontvoer en vermoor.

Siyoni het intussen ʼn art. 204-getuie geword, wat beteken hy is kwytgeskeld van vervolging indien die hof tevrede is dat hy eerlik getuig het.

In die polisie-ondersoek na die beskuldigdes se selfoongebruik, is vasgestel ʼn vyfde beskuldigde, Zolani Sibeko, saam met Sinethemba, Nenembe en Vumazonke by Jayde se Stellen Glenn-kompleks in Kabegapark was vyf dae voor die moord.

Voorverhoorverrigtinge sal na verwagting op 15 September hervat word.

Lees alle vorige berigte van Christopher Panayiotou hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jeanne ·

Karma verloor nie ‘n adres nie, net jammer die meesterbrein agter die moord gaan nou al hoe beter lyk sonder getuies.

Karma ·

@Jeanne – amper dag ek jy praat met my …….. En ek het nog nie eens kommentaar op die bydrae gelewer nie! Ja-nee, kyk, Karma …. is ‘n blikskottel!! Ek wonder nou ook net – het ou Panajoutoffie-of-wat-ookal nie dalk iemand in die tronk omgekoop om gif in sy gewese ou maatjie se kos te gooi nie?

m ·

Hoe gerieflik. Wie is volgende? Hierdie ou gaan niks oorkom nie want daar gaan geen getuies wees nie………………..

Koos1 ·

Jip, kyk hoe gaan al die blaam op hom geplaas word in die hof. Ek hoop die getuienis is sterk genoeg om die saak te maak werk.
Hoe kry ek dan nou so ‘n mafia gevoel?

Pootseer ·

Chritopher Panayiotou kan nou seker ook verantwoordelik gehou word vir die moordenaar se dood?

Scalla ·

En die skuld gaan nou alles op die oorledene gepak word, hy kan mos nie meer praat nie.

Columbiana ·

En nou gaam daai vet uitgevrete lummel van ‘n man seker daarmee wegkom. Wonder of dit die plan was van die begin. Justice delayed is justice denied

Hugo ·

Ek is mal oor die kommentare… “Trial by media (and their followers…)” ?

Jean ·

Ja wat so het elkeen maar sy opinie, dit is waarvoor kommentaar kolomme daar is .. jy het die reg op jou mening al verskil dit van wat ander dink .. Persoonlik dink ek dit is gerieflik vir die meesterbrein . . as die skuld op die oorledene gepak word, lyk dit baie beter vir die ander .. dit vergelyk baie met ‘n saak wat verlede jaar voorgekom het en die man het skotvry daarvan af gekom .. die skieter is ook skielik onverklaarbaar dood, en die ‘meesterbrein’ het gestap.

Louise ·

Wat hierdie kriminele nie besef nie.
Jy kan daai waarheid draai en swaai soos jy wil, maar die waarheid bly (PUNT) en skuld gevoel is n lelike ding.
Indien enige gevoel, maar op jou ou dag wanneer jy tyd het sal jy besin by als wat jy gedoen het en jy sal nooit rus.

KP ·

Ja, so draai die wiel, of dit nou stadig of vinnig is en of dit nou vir reg of verkeerd is hy draai. So kry en sal elkeen sy dag kry.

Andrea ·

Hoop dit was nie n vinnige, pynlose dood nie ten spyte van die koma. Dat hy dalk iets van haar pyn en vrees ervaar het…

ig ·

Louise,ongelukkig is daar mense wat gewetenloos is en niks sal hulle laat skuldig voel nie.

Johnny ·

As hy hier wegkom, wag daar ‘n hiernamaals. En dit geld vir al die rolspelers in hierdie verhaal.

Vettie ·

Hy is nog gaans en al te vet vir iemand wat in die tronk hoort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.