Kleuterskoolhoof se ope brief  

Anéll Engelbrecht, skoolhoof van die kleuterskool, by die bankies in die foto. Foto: Phillip Bruwer

Anéll Engelbrecht, skoolhoof van die kleuterskool, by die bankies waar die veelbesproke foto geneem is. Foto: Phillip Bruwer

Anéll Engelbrecht, die hoof van die Koeitjies en Kalfies-kleuterskool in Centurion, het ʼn ope brief geskryf na aanleiding van die afgelope week se gebeure.

My beskermende, bevoorregte wit Suid-Afrikaanse lewe het binne 48 uur radikaal verander en sal nooit weer dieselfde wees nie…

Rassisme… Ons hoor dit daagliks, lees daarvan orals, maar die laaste twee dae het dit my gedagtes oorheers en my persoonlik geraak.

Ek deel my lewe elke dag met soveel swart mense wat ek finansieel, emosioneel, liggaamlik en geestelik versorg. Ek eet, huil, lag, werk en bid saam met hulle en hulle bel my enige tyd dag of nag as daar krisis is. ‘Jy is ons ma.’ Hulle is soos al my wit vriende, my dierbares…

Ek ken Thabo en Nishani omtrent ʼn jaar. Sy het Nishani by my skool in Irene ingeskryf, maar ons het eers ongeveer drie maande gelede vriende geraak toe sy haar na my kleuterskool in Heritage Hill geskuif het. Sy is ʼn enkelma en omdat ek self vir ‘n lang tyd ʼn enkelma was, het my hart onmiddellik uitgereik na haar. Haar familie is in Botswana en haar helpers laat haar keer op keer in die steek. Haar grootste krisis was vervoer omdat sy lang ure werk en ek het aangebied om haar kind elke dag by die voordeur op te tel, skool toe te vat en in die middag weer huis toe te vat.

Ek doen hierdie vir geen ander kind by die skool nie. My man moes later begin help, want ek het ‘n kleuterskool om te bestuur. My dogter smeek dat ek Nishani in haar klas moet indeel, want sy is so ʼn cute  dogtertjie.

Ons het nie swart kinders in ons skool nie. Behalwe Nishani, het ons net vir Emma, wat ek ook finansieel help en soms ook met vervoer help. Hoekom net twee swart kinders? Swart ouers stel nie belang om hulle kinders Afrikaans te leer nie. Het ek al ooit swart kinders weggewys by my skool? Nooit!

Nishani begin binne ‘n paar weke woordjies sê en my man is baie in sy skik want een van die eerste woorde is “uncle William”. Hy stap soggens soos ʼn trotse pappa met haar in sy arms by die skool in. My dogters kry raas want Nishani kry nie kans om te loop nie, sy is heeltyd in hul arms.

Sy is mal oor haar juffrou en roep heeltyd “Ané!” Ons word uitgenooi na haar doop, kry foto’s van hul naweke, ek praat Thabo moed in as sy huil op my skouers oor uitdagings by die werk, ek verseker haar die agterstallige skoolfooie is nie ʼn probleem nie, ens.

Ons is saam bekommerd oor Nishani se “nappy rash” wat toe al die tyd ʼn infeksie was. Ons is vriende…

22 Junie, 11:00 verander hierdie vriendskap in rassisme…

Thabo se optrede stel ons skool se voortbestaan in gevaar. My lewe en my gesin word gedreig. Ek kry rassistiese oproepe wat dreig om my skool af te brand en my te kom “uitsort”. Ek kry e-posse wat my ʼn barbaar, rassis, evil en verleentheid vir Christene noem!

My kinders verstaan nie. “Mamma hoekom doen Nishani se ma dit?” “Gaan ons nooit weer Nishani sien nie?” “Hoekom dink die tannie ons was lelik met Nishani?”

Vir die eerste keer moet ek rassisme aan my kinders verduidelik…

My dogter is gebreek. Sy wil opskop en nie meer onderwys studeer nie. Sy wil nie meer ʼn juffrou wees nie. Nishani was elke dag in haar klas en sy is nog nooit anders behandel as ander maats nie. Nooit!

Nadat die stof gaan lê met mediaonderhoude, EFF-betogings en honderde oproepe waarin ek heeltyd omstandighede rondom die foto moet verduidelik, besef ek drie dinge:

  1. Gebede van gelowiges is AL wat mens dra in krisistye
  2. Wanneer daar rassisme in jou hart is, sal jy dit in alles sien. Die teenoorgestelde maak dat jy ʼn foto stuur sonder om te dink en te kyk, want jy glo daar is verhouding…
  3. Ons moet ERNSTIG bid vir ons land!

Mev. EFF wat my nie in die oë kan kyk wanneer jy vir my vertel my mense het jou mense se land gesteel nie, terwyl jou mense op en af spring en “voertsek en f***f” sing, hoeveel rassisme is in jou hart?

Thabo, jammer vir jou pyn. Jammer vir die rassisme in jou hart. Ons mis Nisha!

Of my skool toegemaak gaan word of geforseer gaan word om in Engels te onderrig, weet ek nie..

Maar elkeen moet self bepaal hoeveel rassisme in jou hart is.

Dit sal jou lewe en optrede teenoor ander bepaal en net dit sal ons land kan red!

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Vanessa Cleven ·

Ons weet presies hoe Anell voel, vir n jaar lank het daar n swaard oor ons koppe gehang a.g.v n valse rassistiese aanklag en op die einde het sy erken sy het gejok.Na so n voorval is niks meer dieselfde nie en geen vertroue in die mensdom nie. En soos Anell sê as jy rassisme in jou hart het sal jy alles rassisties sien en ervaar. Gelukkig kom die waarheid altyd uit net jammer vir die skade wat dit rig want ook soos Anell het ons gegee en help waar ons kan maar nou sal ons nooit weer nie en dis jammer want almal het nie sulke diep donker harte nie. Sterk staan Anell jy weet wie en wat jy in jou hart is en God alleen oordeel nie die mensdom nie.

Drikus ·

Dankie vir die besonder openhartige brief deyr die skoolhoof. Dit is duidelik dat sy deur eenogige mense te nagekom word. Wat van ‘n ope brief deur die ma wat die foto op Facebook geplaas het? Wat was haar bedoeling daarmee? En dan: Deur wie word Nisha se ma geddreig of betaal om so hartvogtig te wees. Sterkte.

Christo ·

Ek as fotograaf kan ruiterlik erken dat as jy nie jou foto goed beplan nie dit beslis die verkeerde boodskap gaan uitstuur. Nou my vraag: Hoe suiwer en diep was die vriendskap van Thabo se kant af? Sy het mos eerstehands ervaar hoe sy en haar kind behandel en aanvaar is. Of het sy bloot van die standpunt uitgegaan, die skoen is nou aan die ander voet en melk die gewillge tot droog? Moontlik moet ek dit nie sê nie, maar ek dink tóg ek gaan. Dingaan het vir Piet Retief uitgenooi na ‘n partytjie, toe word Piet vermoor.

maretha ·

Dis so waar wat die skryfster deel…”as daar rassisme in jou hart is gaan jy dit in alles sien…ons lewe op aarde en weet nie elke dag what is around the next corner nie…maar…daar wag vir ons almal ‘n dag van afrekening en ons eindbestemming is in ons hande….is ons keuse…

Retha ·

Anell hou vas aan jou geloof. Dis altyd die mense wat jy die meeste help, wat jou die seerste maak. Jou vrede laat wegsteel deur leuens. Rassisme is vieslik, word vinnig uit die hoed geruk soos dit hulle pas. Met jou hart van goud, glo ek die Here sal ingryp. Ek het self die week ‘n probleem gehad met goed doen, niemand kan dit van jou af weg vat nie, net God. Sy sal haar toorn van die Here af kry, Hy slaap nie, Hy laat nie met Sy kinders mors nie. Ek hoop die ander kinders se ouers maak sake oop teen haar vir die fotos van hulle kinders op openbare media. Iewers gaan sy leer dat wat sy gedoen het verkeerd is. Die wiel draai.

Ricci ·

Ek het ook al meer as een keer mense gehelp, finansieel, met kos ens. en dan draai hierdie selfde mense om, om die dolk diep in te druk. Ek wonder baie keer wat is die rede vir sulke optrede? Maar nou ja, as die bedoeling goed was, help mens maar net weer en hoop en vertrou dat mense dankbaar sal wees. Ek vind dankbaarheid is ‘n skaars kenmerk – dis asof mense net meer en meer verwag van jou.

Daan ·

Dit is baie jammer dat rasisme net van een kant af kom. ‘n Oorsaak daarvan is dat ons blankes nie swart tale ken nie. As jy dit ken hoor mens baie rasistiese opmerking teenoor blankes, maar weereens is ons so opgevoed dat ons dit ignoreer.

My siening van die saak is dat oningeligte mense na die foto gekyk het, lewer kommentaar sonder om mooi te kyk en omstandighede beoordeel. My swart kolega het my die foto gewys en nadat hy die skool se kommentaar gelees het, st siening heeltemal verander

Kobus ·

Daan, ek is met jou. Gaan kyk gerus op ‘n vorige berig waarin dit bevestig is dat Lesufi Donderdag by die skooltjie was, dat hy met die eienares gesels en hom van die omstadighede vergewis het. Hy het daarna dit na die MRK verwys. Gaan kyk gerus sy reaksie daarop, en hy is nie oningelig nie. Gaan kyk ook gerus na die EFF mense op Netwerk24 wat daar was, hoe hulle die dame intimideer. Geen mens is daarna dieselfde nie. Ons leef in ‘n siek land. Intussen is Zuma besig om nasie te bou terwyl hy oor sy masjiengeweer sing. Dit sê als van die toestand van die land. Dit sal nog eers baie slegter gaan, voor dit beter raak, as dit ooit weer beter gaan raak.

Daan ·

Kobus, wat my die kwaadste maak is die persoon wat die foto geplaas het neem ek aan is blank Afrikaans sprekend. Dit is net gedoen omdat die persoon nie eers ‘n biejie gedink het wat die nagevoge kan wees nie, waar hulle kind gaan heengaan as die skool sluit.
Ek kry die skool baie ammer, maar ons moet die liegbekke wat stories publiseer vasvat, dit hoort nie by ons mense nie

Kobus ·

Daan, jy aanvaar sommer die bersoon wie die fluitjie geblaas het was blank. As ek reg verstaan was die persoon wat dit bekend gemaak het, die ma van die dogtertjie, wat dit op haar facebook bekend gemaak het, dus wie die foto daarop geplaas het. Sy beweer egter die skool het die foto aan haar gestuur. Ook, sy het finansieel bystand van die eienares van die kleuterskool gekry, maar sy het ‘n facebook waarop sy haar weldoener ‘n middelvinger wys.

Kobus ·

Daan, nog iets. Dan vra ek, hoe raak die media bewus van ‘n inskrywing op iemand se facebook en hoekom besluit die media om dit aan die groot klok te hang sonder om dit uit te klaar en hul eers van die omstandighede te vergewis?????

Is dit oor sensasie, of is dit om rassevure aan te blaas?

hans ·

Niemand kan u dwing om die onderrigtaal van die kleuterskool na engels te verander nie. Stel voor u kry n prokureur/regshulp want wat gebeur het lyk na intimidasie.

Lewies ·

Ek stem heelhartig met Hans saam, maar kom die wraak ons regtig toe. Hy wat hierdie dinge toelaat sal vergeld op ‘n wyse en tyd wat Sy eer en sy kinders se eer beskerm. Ek weet verseker “Reg sal geskied en oorwin!!”

lizza ·

Jammer vir wat julle moet deur gaan. Ek self moes al ‘n stel aftrap omdat jy goed is vir hulle. Nooit weer gedoen nie en kyk maar na hoeveel gevalle word die helpende hand vermoor.

Esmay ·

Ja Lizza die tyd het gekom dat ons volkie mekaar moet help en bystaan. “Hulle” wat soveel meer is as ons kan van nou af hul self en mekaar help. Als wat ons vir hul doen word in elk geval in ons gesigte teruggegooi !!!!!

Jaques ·

Ja Lizza,

Dis juis die rede hoekom ek nie ‘n enkele sent aan die “mense” gee nie, ek gee eerder elke maand iets vir Solidariteit se helpende hand, ten minste weet ek waarheen daai geld gaan – na ons mense toe.

Frank ·

Jy’s in my gebede… Moet nie jou sagte hart verhard nie en asb ook nie jou skool se taal verander nie… Dan gaan jy EERS probleme hê…
Sterkte

Charlene Schoeman ·

My hart gaan uit na julle. .
Ek werk ook met kinders en een ding wat ek geleer het (sukkel steeds maar dit gaan al beter) is dat wanneer iemand ongelukkig is, moet jy dit vat van wie af dit kom. . Hierdie persoon wat dit plaas sonder om eers self ondersoek in te stel, is dwaas. . Verder, lê die verantwoordelikheid op hulle om jou verkeerd te bewys en nie jy wat jou onskuld moet beveg nie. . Ja dis n bitter pil nou, maar JY SAL STERKER HIER UIT KOM. . HOU NET KARAKTER EN SIEN HOE JOU SKOOL GESEEN SAL WORD. van veiligheid tot kinders tot respek tot als. Ps. . Jy het n pragtige skool (ek kan dit sien op die foto dat julle moeite doen om kinders n mooi en veilige omgewing te skep. . Well done!

Jan ·

Ek was gister uitstedig en het op sosiale media gesien dat die EFF na die skool toe opruk.

Onmiddelik het ek begin planne maak om so spoedig moontlik ‘n vlug terug te kry om die skoolhoof, ouers en ander volksgenote te gaan steun…….

Ongelukkig kon ek nie n vlug vroeer terug kry nie, maar dit was ook maar goed so. Tot my ontnugtering verstaan ek dat die skoolhoof op haar eie die groep moes trotseer!

Waar was al my mede burgers wat altyd op sosiale media skreeu; “ons moet nou saam staan”, “genoeg is genoeg”, ens.

Nee wat mense, hier was n geleentheid om te wys dat niemand ons verder gaan intimideer en valslik beskuldig nie, dat ons ruggraat het om te staan vir ‘n ander volksgenoot wat valslik beskuldig en met die dood gedreig word.

Jammer mevrou. As ek kon sou ek jou kom bystaan het!

anne ·

Ek stem saam met jou Jan, as die ouers wat se kinders in die skool is of die wat naby bly, haar kon bystaan sou dit ‘n ander prentjie aan die Eff geskep het. Maar daar was niemand, gehoop iemand sou die vrou bystaan. Regtig ‘n teleurstelling.

fionatjie ·

Die kind het alleen gesit….nou wat nou? Wie se SY WOU NIE ALLEEN SIT NIE? het julle haar al gevra?

Kobus ·

Jy het nie die bostaande en ook nie die aanvanklike berig gelees nie.

Flippie ·

As ek die berrig en kommentaar lees is daar twee persone by die berigmaking. Altwee is deur die kleutetskool finansieël of deur ander gratis dienste (hulp) bygestaan, sodat hulle kinders by ‘n goeie en veilige kleuterskool versorging kan kry terwyl mammie werk (pappie ook as daar een is).

Hierdie is ‘n geval van die makste hond byt die seerste. Ek dink hierdie mense is uitets laag en gemeen. Ek hoop tegtig dat die ander ouers die saak met die betrokke petsone opneem en hulle duidelik laat vestaan dat hulle gedrag trolagtig is. Ek meen hierdie twee persone het die ander kindets by kleuterskool aan ‘n lewensgevaarlike situadie blootgestel.

Ek dink ook dat die ouers ‘n klag van geweldstigting teen Lesoufie aanhangig gemaak word pmdat hy onverantwoordelike, gelaaide en ontvlambare boodskappe op twitter gebruik om swartmense op te sweep teen blankes.

Andrea van Vuren ·

Ek volg hierdie kleuterskoolsage al twee dae lank en het tot een gevolgtrekking gekom. Die groot gif agter die opstokery is Lesufi! Werk die ANC en EFF saam?

Candice ·

Ek bid vir die hoof, juffrouens en die skool. Baie sterkte. Hoop die mamma besef die skade wat sy gemaak het en vra onverskooning nie net an die skool nie maar verduidelik an die EFF en die res wat so lelik was teenoor die skool. Skaam hulle en mag die Here julle vergewe!

ig ·

Charity begins at home het n nuwe betekenis in my ge openbaar. Moenie enige hand uitreik as dit nie Volks eie is nie

Christo ·

ig ek moet met jou saamstem.Dit is tyd dat ons blankes net na ons eie mense kyk en hulle help.Daar is soveel voorbelde van waar daar slegs stank vir dank gegee is oor die kleurgrens heen ,kan ons mense nie leer nie .As jy wil help daar is altyd van jou eie mense wat hulp nodig het .Laat ons mens tog nou leer en help mede blankes

Ander fotos dalk waar hul meng ·

Soek bietjie na fotos waar die kinders meng, en le dit Voor. Dis absurd om n enkele foto, een snapshot in tyd, te wil interpreteer as rassisme.

Andre ·

Daai agterstallige skoolfonds klink vir my na net die motief om so bohaai op te skop en so regverdiging te kry vir wegstap van die skuld. Mag ek voorstel dat jy dagvaar vir die uitstaande skoolgeld soos wat mens doen met nie betalers, anders is jy beslis n rassis.
Sien ook die goeie hierin, indat die ontnugtering hopelik van die skille van jou oe afgehaal het, hoewel jou brief se inhoud my laat glo daar steeds n paar oor is.

Lizelle ·

Skoolhoof Anell, baie dankie vir die mooi brief. Ons bid vir jou en jou skool. Die mamma wat die foto geneem het, was bloot ñ opgewonde mamma omdat haar kleinding verjaar het, hoe kan enige iemand die eerste klip gooi. Aan die ma wat die klag gelê het, sies vir jou, hoe kon jy jou rug draai op mense wat net goed was vir jou? Ons weet nou al teen die tyd dat ons julle nie kan vertrou nie!!!!

Creche Prinsipaal ·

Dit is moeilik vir die van ons wat die verlede as die norm vir die toekoms wil gebruik. Tog is dit ‘n werklikheid dat rasse-skeiding wel by sommige “crèches ” plaasvind. In ons omgewing het een eienaar twee geboue. Een vir uitsluitlik blanke kinders en een vir ‘n ” gemengde” groep. Dan is ek bewus van ‘n Creche waar daar slegs blanke kinders is. Hoekom? Die Creche-eienaar sê net die plek is vol as daar ‘n vermoede is dat die voornemende aansoeker nie wit is nie. Kyk maar na die personeel van die Creche en jy sal maklik agterkom watter beleid gevolg word. Die knders moet voorberei word vir hulle eie toekoms. As eienaar van ‘n dagsorg wat my beroepslewe met wit kinders gewerk het, moes ek my kop in skaamte laat sak toe ‘n swart ma-doktor in chemie vir my vertel die onderwyseres wou nie haar kind toelaat om ‘n les in afrikaans by te woon nie. Sy moes op die mat gaan sit want die les sou in afrikaans aangebied word. Dit terwyl die ma afrikaans, xhosa en engels met haar kind praat. En ons baklei oor afrikaans terwyl ons die swart kind uitsluit. Dit is tyd om aan jou kind se toekoms te dink en hulle bloot te stel aan die werklikhede van die toekoms in hierdie land.

Kitty ·

Ek mis my land en my mense elke dag – maar wanneer ek artikels soos hierdie sien, sê ek dankie dat ek my vaderland verlaat het!!! Ek sien dat hierdie kleuterskooltjie ‘n ‘Christen’ skool is – dit beteken die kinders se pappas en mammas moet christene wees, of minstens die skool se christen waardes ondersteun?? Waar is Jesus in hierdie prentjie?

Thana de Villiers ·

Ongelukkige gebeurtenis. Ons moet so versigtig wees wat ons “share” op sosiale media, soveel mense kry seer in die proses. En verkeerde mense maak die situasie erger, soos die media wat dinge baiekeer opblaas. Ek is baie jammer vir jou hieroor, en trots op die manier wat jy dit hanteer. Staan vas in geloof, Hy sal jou seen. En vir die expats: Ons is nie almal in die posisie om die land te verlaat. Ons moet dit wat hier gebeur deurstaan en maar net bid dat ek nie die vlg teiken van rassisme is nie.

Peet ·

Kitty. Wanneer ons wat ware Vaderland liefde en patriotisme het, ons bloed veegiet het om die land terug te wen. Hoop ek jy bly waar jy is – want jy verdien die aegwaan van die Boerevolk. Ons is nie in volk bekend vir lafhartigheid noe.

Andreas Meyer ·

Nog nie agter gekom Anell? Die hele rassisme ding is ‘n fiksie iets soortgelyk aan spoke of heksery wat hulle oorals soek as oorsaak van hulle eie onbevoegdheid.
Dit gaan jou niks help om nou jammer te wees en om te vertel dat jy “geen rassis is nie” of te se hoe “goed jy vir Swartes is”. Inteendeel gaan dit die saak slegs vererger in geheel, want dit laat jou somer maar net swak lyk in hulle oe. Dit is dan ‘n motivering vir die inkwisitore om aan te gaan met hulle heksejaag vir “rassisme”.

Lance ·

Presies reg ….jy slaan die spyker op die kop ….die wat die hartse skreeu rasisme is die grootste rasiste ….en as iemand jou nie in die oe kan kyk nie …dan steek hulle iets weg …my ouma het ons dit nog geleer …so daar het jy dit ….dankie vir jou brief ….hou vas aan wat jy glo wat reg is en staan daarby asb

Yolande ·

Die veranderinge in hierdie land gaan en sal eers kan begin as elke mens by homself begin. Wat vir my n groot bekommernis is is dat die meederheid jeug soveel haat in hulself ronddra terwyl ek wat in my vroee dertigs is nie eers apartheid kan onthou nie…ek onthou dan net hoe lekker het ek saam met al die maatjies op PE se strand geswem.

Edward ·

Ek het in ’94 JA gestem want ekek het gevoel dit is reg. Nou, na 22 jaar is ek so ‘n groot rassis soos wat jy kan kry. Hoekom? Want my hele werkende loopbaan lewe ek onder die skande van wit wees. My kinders word daarmee groot.

Van Mandela se versoening kom daar net niks. Politieke gewin deur die dooie perd van apartheid te ry is aan die orde van die dag. My sowat R4.5mil wat ek oor die laaste 22 jaar aan belasting betaal het voel soos ‘n boete. boete. Wanneer gaan dit ophou? Wanneer die regering, wat my en ander wit belasting betalers se geld daagliks vermors, ons leeg getap het?

My enigste hoop is dat die meerderheid swart mense wat nie die huidige vergryp ondersteun nie hulle stemme sal laat hoor. Hierdie “lieflikke” land het dringind ‘n ommeswaai nodig.

Tc ·

As jy wit is,is jy n rassis.As jy swart is ,is jy nie n rassis.
Hitler was as n rassis geklasifiseer,maar nie Idi Amin of selfs Robert Mugabe nie hoekom want Hitler was wit en Idi en Robert swart.
Die wêreld het besluit dat n wit mens outomaties kwalifiseer as n rassis,dis so jammer maar dis hoe dit is!
Anell jou brief is met n ope en eerlike hart geskryf,ek bid vir jou en staan sterk jy sal oorwin.Los die geveg vir God.

lize ·

Dis so bitter jammer en hartseer!!! Ek het al so baie dit sien gebeur as jy goed is vir hulle word jy maar net eendag in die ruggesteek daarom doen ek nie graag iets vir iemand anders nie maak nie saak hoe erg dit vir my is om net eenvoudig weg te stap nie. Ek kan nie begin om te dink waardeur julle gaan nie sterkte!!!

hannes ·

Wie se daardie swart kind wou nie alleen speel nie ,haar ouers het haar meskien geleer wit mense is sleg en lelik jy moet nie met hulle meng nie.Vra maar net

Henry ·

Die dag wanneer swart mense ophou om oorbewus te wees van hulle velkleur, sal ons vorentoe beweeg. Per slot van sake is dit nie ‘n witmens se skuld dat ‘n swartmens swart is nie, dit is sy pa en ma se skuld. Want dit is al wat hierdie gedrag trigger, velkleur. As Nishanie in ‘n swart skool was en die onderwyser het haar verstoot en alleen by ‘n tafel laat sit sonder ‘n cupcake, (soos beweer word die wit skool gedoen het), wat sou haar Ma dan gedoen het?

Johann Marx ·

Gelukkig is jy nou ontslae van die oorsaak van al jou ellende. Hoop jy’t ‘n les geleer…..As “alle witmense” as rassiste afgemaak kan word, kan ons net sowel “alle swartmense” as moeilikheidmakers en opstokers afmaak.

Lorraine Redpath ·

Dit is so jammer dat alles altyd rassisties moet raak. Die skoolhoof gaan uit haar pad om mense te help wat swaarkry en dan word dit so lelik. Sterkte Anélle. Hoop en bid dinge werk ten goede uit vir jou en jou skooltjie….. Dit kan met enige onskuldige mens gebeur

Johannes Meintjes ·

Sterkte Anell. Afrikaner leierskap, die kerk, sowel as rassime in politiek en in Afrika het alle normes verwring en laat die mense soos ek en jy in die straat en op grondvlak gruwelik in die steek. Selfs na jare se sendingwerk vanaf KZN tot Kisangani wat my en my vrou verarm gelaat het, bring nou beskuldigings van rassisme.

Amanda Van Vuuren ·

Sad sad sad! Die Here leef Hy sien en hoor alles!
Kom reg of julle gaan met die lewende God te doen kry!

so waar ·

Ek Glo voor GOD staan GEEN SIEL in KLEUR. Maar die VRUG van daardie siel wel, dit is wat veroordeel SAL WORD. Welsyn moet by HUIS begin indien daar NOG OOR is kan jy UITDEEL.

Wikus ·

Sussie hulle sal nie ophou voor alles wat blank is weg is nie

Nics ·

Die vrou se familie is in Botswana so ek neem aan sy is ook van Botswana afkomstig? Dus – het sy ‘n werkspermit en hoe het sy dit gekry? Ek dag dit is dan nou so moeilik om eeen te kry en dit word gewoonlik slegs toegeken aan iemand as kan bewys word die werk wat hy/sy hier wil verrig kan nie deur ‘n eie landsburger gedoen word nie (gaan kyk gerus op die weberf van die betrokke staatsdiensdepratement- dit word so duidelik uiteengesit.Dis glad nie maklik om so permit te kry tensy dit sommer ‘n gekoopte dokument is en glad nie uitgereik deur die departement self nie!) Is sy in werklikheid geldig hier? Dalk moet iemand bietjie ondersoek instel en haar aankla… Laat die media bietjie daaroor lawaai maak – dat sy as illegal immigrant iemand se werk neem. Tit for tat

Vettie ·

Dit is werklik jammer en hartseer. Werk maar altyd so. Gee te veel om vir n persoon en jy kry dank vir stank.

At van Jaarsveld ·

My besigheid gestop agv sulke mense vir wie jy als doen en help.
Nou sit hulle by hul huise met niks.
Ek het nie n tuinman of bediende in my huis vir jare. Doen als self en enige iemand kan maar kom kyk hoe lyk my tuin en my huis

magda ·

so jammer en meer vir die kleuterskooltjie…goeie sorg en meer word in jou gesig terug gegooi!!

Siestog ·

Wat leer ons hieruit – jy kan hulle nooit vertrou nie. Hulle gaan jou een of ander tyd in die rug steek. Ons sien wie is die eintlike rassiste hier, maar hulle word beskryf as hoogheilig. Hierdie land is sieker as siek.

Willie E ·

Ek wil net iets se omtrent die sogenaamde “sosiale media”…dit wil my meer en meer voorkom asof ons met sosiale media ‘n “monster” geskep het wat ons stadig maar seker opvreet. Geen Facebook;Twitter;Whatsapp of wat ook al vir my nie,jammer…dis ‘n verdomde euwel uit en klaar!!! Miskien is dit tyd dat elke blanke afrikaner homself van “sosiale media” afsny en distansieer….in my opinie is dit ‘n wapen wat teen elke blanke afrikaner gebruik word, jy kan daar plaas en se net wat jy wil…pasop,iemand gaan dit verdraai en vertolk soos hy wil en teen jou gebruik. Dit is miskien tyd dat ons ou blanke volkie ons self afsny van rugby,sosiale media,en enigiets wat negatief is of negatiewe gevolge kan he, dis ‘n bleddie euwel!!! los dit en begin na ons self kyk….ek lig maar net my mening,probeer niemand be invloed nie…
Groete
Willie

Eliza-beth ·

Willie E – sê ek al baie lank. Dis nie sosiale media nie maar sosiale euwel. Daar is gevalle, ja, waar sosiale media gehelp het maar jammer wat het ons voor dit gedoen om ander te help. Probleme of mense se sukkel is deur ander versprei sonder dat daar hierdie vieslikhede betrek is. Meeste mense MISbruik sosiale media en GEbruik dit nie!

Duh! ·

@Willie E Ek voel net so oor motors en elektrisiteit. Dis net ‘n euwel. Kyk hoeveel mense sterf met motors. Totaal onaanvaarbaar. Ek gaan myself heeltemal afsny daarvan en weer loop waar ek wil wees. Elektrisiteit het die euwel van kommunikasie aan ons almal gebring en mense weet nou wat ander mense in ander lande doen binne sekondes. Ek stel nie belang in ander mense se doen en late nie. Ek gaan my oogklappe opsit weer met papierbriewe kommunikeer. Middeleeue hier kom ek!

Irah ·

Ek dink ak die ander ouers wie se kinders op daai foto verskyn moet die “dame” hof toe sleep omdat sy sonder hulle toestemming ‘n foto van hulle minderjarige kinders op die internet geplaas het. Partykeer moet mens vuur met vuur baklei.

Marina ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat die swartes so te kere gaan oor rassisme maar wie is die grootste rassiste hier? En hulle steek dit nie weg nie, maar laat ons nou net se hulle is rassiste, oooo wee dan is die hel los!

Schalk ·

Jammer Anell. Weet dit gaan nie help nie maar ten minste skaar ons by jou.

Dit lyk asof dit deesdae ‘n Yuppie ding is om rassities te skreeu en as verontregte gekroon te word.
My Oupa het altyd gese dat iemand wat valslik rassime gebruik as ‘n verskoning om aandag te kry heimlik ly aan ‘n minder waardigheids kompleks.
Suid Afrika kyk en sien die damwal gaan breek………..krake en sypelwater is al sigbaar

Leon ·

Baie sterkte vir jou Anéll. Ek weet presies hoe jy voel. In ons beroep is onderrig en opvoeding lankal nie meer die enigste waarvoor ons moet voorberei en beplan nie. Win advies in oor die opstel van jou Taal- en Toelatingsbeleid. Skerp jou toegangsbeheer en sekuriteit op om jouself en diegene wat opvoeding eerste stel te beskerm. Moenie moed verloor nie. Ek glo jy sal deur hierdie trauma kom en ‘n beter voorbereide mens aan die anderkant uitstap!

Christie Joubert ·

Ek wens al hierdie politieke partye wat nou so jil en gil”rassisme” en al hierdie dreigemente uitgil, asook die onderwys department wat dadelik gereageer het; wil hul aandag so vining spandeer op die probleme wat wat ons werklik het. Dienslewering=pateties. Paaie=pateties. Hospitale=pateties. Die lys is elle lank. Anelle, my hart gaan uit na jou, maar die hand wat hom voed sal altyd gebyt word. Geskiedenis herhaal himself…….

Fred Balt ·

Waarom kry hierdie rassis Lesufi die EFF om sy vuilwerk vir hom te doen? Is dit hoe dit van nou af gaan werk? Sê nog altyd die EFF is die ANC se “usefull fools” wat die politieke temperatuur moet opjaag. Die ANC is mos te ordentlik daarvoor!

Ben Prinsloo ·

Ja Anéll soos vele landsburgers het jy die geskiedenis vergeet. Het jy vergeet wat het oa met Piet Retief gebeur. Die minderbevoorregtes soos hulle hulself noem verwar goedheid met swakheid en jy val in daardie groep. Maak jouself los van jou goedheid is al raad wat ek vir jou het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.