Konstruksiewerker lewend begrawe

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Konstruksiewerker is Donderdag dood toe ʼn sloot, waarin hy gewerk het, in Missionvale naby Port Elizabeth meegegee het.

“Xolani Selani (22) was in die sloot om die diepte te meet toe die walle meegegee en hom lewend begrawe het,” het ao. Alwin Labans, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, Vrydag gesê.

Die slote is gegrawe om water- en dreineringspype te installeer. Twee Caterpillar-konstruksievoertuie moes gebruik word om Selani se liggaam onder die modder uit te haal.

Labans is nie seker of konstruksiewerk by die perseel hervat is nie.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gina Slabbert ·

Die waarheid seevier altyd. Alles maar allesmoet oop geblaker word sodat ons in die gemeenskap kan weet wat aangaan. Dis ons reg om te weet van al die crime en scames

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.