Ma reël ‘inhegtenisneming’ vir stout 10-jarige

Foto: ABC News (via Chiquita Hill)

Foto: ABC News (via Chiquita Hill)

ʼn Ma van Georgia in Amerika het drasties opgetree om haar 10-jarige seun se gedrag te verbeter.

Chiquita Hill (33) het aan ABC News gesê haar seun, Sean, was baie stout in die skool en hy is “onbeskof en respekteer niemand nie, luister nie, praat terug en doen nie sy huiswerk nie”. Sy juffrou het glo ook al met Sean probeer praat, maar haar woorde was “by een oor in en by die ander oor uit”.

Hill het die Columbus-polisiestasie gebel en Sean se gedrag aan hulle verduidelik. Die beamptes het ingestem om ʼn “inhegtenisneming” te reël. Hulle het hom geboei en agter in die polisiemotor laat sit en ongeveer vyf minute lank met hom rondgery. “Alles het so vinnig gebeur,” het Hill gesê. “Hy het nie kans gehad om te reageer nie, hy was baie bang.”

Foto: ABC News (via Chiquita Hill)

Foto: ABC News (via Chiquita Hill)

Toe hulle hom uiteindelik vrylaat, het hy glo na sy ma toe gehardloop. “Hy het my omhels en gesê hy sal dit nooit weer doen nie,” het sy verduidelik. “Ek weet nie wat hulle vir hom gesê het nie.”

Hill het na die tyd glo mooi vir Sean verduidelik wat gebeur het en verduidelik dat sy gedrag en optrede almal rondom hom beïnvloed. “Ek is bly ek het dit gedoen,” het sy gesê.

Lem Miller, adjunkhoof van die Columbus-polisie, het aan ABC News gesê die beamptes het nie vooraf toestemming gevra vir die “inhegtenisneming” nie. “Ons weet dat hulle ʼn goeie ding wou doen, maar dis nie ons taak om voor te gee om mense in hegtenis te neem nie.” Volgens hom kan só iets ʼn positiewe of negatiewe uitwerking hê.

Volgens Hill het dit reeds goed afgeloop. “Sean se juffrou het gebel om te sê dit gaan goed,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig ‘n ma het haar seun regstreeks op die televisie ʼn oorveeg gegee en hom huis toe gejaag toe sy ontdek dat hy een van die betogers in Baltimore, Maryland in Amerika is. Klik hier om die video te sien.

Bron: ABC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

TJ ·

Jy moet blind wees om nou weer nie die olifant in die kamer raak te sien nie….

Peet Schabort ·

Oh oh if you try that in SA there will be makulu problems of firstly RACISM and dehumanising. Our police are very busy and work a 25hour shift 8days a week. No time for messing around because there are too many ‘verdagtes’ out on ‘borgtog’ resulting in catching ‘verdagtes’ twice. So please parents refrain from this.

marlise ·

Miskien moet hulle by die skool ook begin toepas maar by gese daar moet n HAND oor dit gehou word

miemie ·

Kinders moet gedissiplineer word.wat het geword van die outydse slae gee wanneer ore min is.ek het dit ook gedoen toe my seun klein was dit het gewerk,glo my.slae gegee soos ek gekry het en nie bietjie spyt nie.as kinders sleg uitdraai is dit die ouers se skuld,slaan ouers hulle kinders is hulle sleg.die land is in elk geval in sy peetjie

Marie ·

Om ‘n kind te slaan is nooit die antwoord nie. Geweld was nog nooit die oplossing vir enige probleem nie. Ek dink ook nie dis reg dat hierdie ouers ‘n 10 jarige moet laat vals aresteer om hom sy les te leer nie. Dit voel of niemand meer waardes, respek en maniere het om dit vir hulle kinders te leer nie. Uit liefde kan baie dinge positief gebeur.

Jakes ·

Gaan lees jou Bybel wat jou beveel om die roede te gebruik.

Sara Jordaan ·

Daardie ma moet ‘n medalje kry, want dit is moeilik om vandag kinders groot te maak met al die “regte” wat aan mense toegesê word. Dit is elke ouer se verantwoordelikheid om sy kind groot te maak soos hy goeddink. Ekself was erg bang vir pak slae, maar my suster het geen erg aan dit gehad nie. Ons ouers het ons ooreenkomstig getug – ek het pak gekry en my suster het goeie uittrap gekry. As mens jou kinders liefhet, sal jy hulle juis dissiplineer.

Chanel ·

‘n Goeie pakslae uit liefde en vir die regte redes is NIE GEWELD NIE Marie.

Eish! ·

Lol! 10 uit 10 vir die ma! Ek het iets soortgelyks gedoen met my dogter in subA. Sy het ‘n lineal gesteel. Nou nie ‘n arrestasie nie want dit word nie in SA toegelaat nie. Het haar persoonlik by die SAP afgelaai en na ‘n Kaptein gevat. Die het so 3 ure tyd aan haar gespandeer en alles gewys wat met so ‘n kind kan gebeur in die toekoms. Selle, kos, slaapplek ens ens. Toe my gebel en gese kom haal haar.

Vandag is sy gerespekteerde onderwyseres en jy kan nie beter en eerliker as sy kry nie.

“You must be cruel to be kind!”

Roelien Lottering ·

Ek glo ook aan goeie ou loesing, in die Bybel staan dit ook tig jou kind! Ek is baie jammer as jy dink n kind se poendoes moet nie so nou en dan aan die brand gewiks word nie! Liefde gaan baie ver maar met verkeerde maats en wat die kinders vandag mee huistoe kom en die magdom houding en invloed wat daar buite is het mens soms geen ander keuse! Op dstv is n program: Beyond scared straight, kyk bietjie dis soms die beste ding wat ouers kan doen! Wens daar was n “military school” vir my oudste seun want soms is ek raadop en huil my hart uit as ek aan sy toekoms dink. My suster se oudste dogter se: “maak nie saak hoe goed jy jou kind groot maak, dis hy/sy besluit of hy dit wel gaan aanvat!”

Tiny du Preez ·

My seun het een slag by ‘n winkel by ‘n diens stasie ‘n sjokolade vasgelê. Die eienaar, met wie ons bevriend is, het hom betrap en my gekontak. Daardie aand het ons hom na die polisie stasie geneem en hom so vir ‘n halfuur in ‘n sel laat toesluit.(Die aanlkag offisier was ‘n ou kennis). Hy was ook tien jaar oud. Hy is vandag 18, en het nog nooit weer selfs iets uit die yskas gehaal sonder om te vra nie… Seker die grootste les wat hy in sy kort lewe geleer het…

Blikskim ·

Ek het ook ‘n vriend en sy vrou wat altyd alles met die kinders wou uitredeneer en hulle hoekie toe stuur as hulle drooggemaak het. Nooit ‘n pak slae nie. Die oudste een het vanaf Std6 dagga gerook en die jongste is ‘n paar jaar later met pille betrap. Die rugstringe het in jellie verander, beide ouers en kinders s’n. Die Pa het eendag aan my erken dinge sou baie anders gewees het as hulle die kinders se alies so af en toe afgestof het. Spyt kom ALTYD te laat.

magriet ·

Tien uit Tien vir daardie ma!! ook die een wat haar kind bygekom het wat in die optog was

PC van Rooyen ·

Ek is nie so seker mense weet onder watter onregverdige druk en spanning kinders hul alleen ma’s sit nie. Waar ‘n vader afwesig is word baie keer nie respek geleer vir gesag nie. Bid sterkte toe vir moedelose ma’s. Ek hoop hierdie drastiese stap werk vrugte af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.