Man vas vir beplande moord op staatsleiers

Argieffoto

ʼn 23-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy beplan het om talle kabinetslede, lede van staatsinstansies en prominente Suid-Afrikaners, wat na bewering by ʼn staatskaping sou baat, te vermoor.

Brig. Hangwani Mulaudzi het in Oktober verlede jaar gesê die Valke het bewyse bekom wat toon dat die man die moord van nagenoeg 19 mense beplan het.

Van dié bewyse was onder meer briewe aan geselekteerde maatskappye wat gevra het vir skenkings sodat die verdagte en die groep waarvan hy deel is, Anti-State Capture Death Squad Alliance (ASCDSA), dié operasie met R140 miljoen kon finansier.

ʼn Deeglike ondersoek in Pretoria en Johannesburg het Woensdag tot die man se inhegtenisneming gelei.

“Die verdagte én ʼn stigter van die ASCDSA is in Midrand vasgetrek terwyl hy aan skenkers [van dié organisasie] verduidelik het hoe die moord op die mense gaan afloop,” sê Mulaudzi.

Hy het gesê die name van die 19 mense sal eers in die hof bekend gemaak word.

Die Valke se ondersoek het ook die sogenaamde Anti-White Monopoly Capitalists Regime (AWMCG) se planne in die wiele gery.

Dié groep het glo dieselfde modus operandi gehad vir die beplande moord op nagenoeg vier mense.

Niemand is nog in verband met die AWMCG in hegtenis geneem nie.

Die 23-jarige man sal na verwagting Vrydag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johnny Bravo ·

Klink na nog ‘n wolhaarstorie. Klink eerder of hy wou geldmaak as moord pleeg. Hoekom sou hy steeds nie eers een moord uitgevoer het nie? Jy begin mos erens jy maak nie 19 mense op een slag dood nie. So jong ou met al hierdie planne? Vat eerder die maatskappye vas wat hom befonds het …klink asof hy net die scapegoat gemaak word

karen ·

Ek dink ook dis snert. Wed jou Daar sal nie weer hieroor berig word ……

Dawie ·

Kan net een of ander Nigeriese 419 tipe geldmaak foefie wees wat die “Valke” onderskep het. Nou dink hulle dat dit nou ‘n moewiese komplt is. :p

Elize ·

Hulle laat my dink aan die witwolf en kaalvoet Thysie. Hulle wil alleen operate en dink hulle gaan helde word. Hulle moes erens flieks gekyk het en toe die twak sit en uitdink het. ( low budget flieks )

Piet ·

Die staat het ‘n multi miljoen rand soektog na Thys geloots, maar hy het hulle bly ontwyk, tot sy prokereur vir hom gese het dat die staat geen saak teen hom het nie. Eers toe het hy self tevoorskyn gekom (vermoedelik het hy in n gat in die grond geskuil). Hy het die staat se naam met ‘n plank geslaan nie anders om nie.

Johan. H. ·

polisie gaan soek regte misdadegers. maar lees egter tussen die lyne , in n land soos die sal jy al meer radikale idiote kry. Kyk maar die idiote wat ons probeer ly. TaTa kernkrag zumpie hahahah

Bruno Stef ·

Dit is ook maar moeilik as daar sovele misdade in SA plaasvind en nooit opgelos kan word nie wat dan op sy beurt ly tot Paranoiese vervolging van klip in die bos inhegtenisnames deur die owerhede.Praat van bubbles hap en n gejaag na wind met gepaardgaande vermorsing van geld.

AL ·

Nou wie is die Anti-wit monopolie komplotter? Ons sal maar moet wag en kyk. Ek kou ook maar lank aan die storie.

Johannes van Staden ·

Ag asb wie glo dit nou …enife iets word nou gese bc jz wat se SA is n groot sukses …ASB ja noudat ons junk status is ! En hy glo homself ….hoe beweeg SA vorentoe met so n leier ?

Sputnik ·

Weet iemand wat het van die Wit Wolf asook Kaalvoet Thysie geword het – of hulle ‘n sukses van hul lewens gemaak het?

Piet ·

Sputnik ek is nie heeltemal seker wat sukses volgens jou is nie – meeste mense meet dit aan aardse goed. Weet nie waar Barend Strydom is nie maar hy kon nie daardie tyd die land oorneem nie en hy gaan dit ook nie nou doen nie. Onthou jy nog vir Willem Ratte? Die manne kan seker nie beweeg dan is die valke op hulle.

Boerin ·

Barend het n lieflike vrou en kinders met waardes. n Lieflike, saggeaarde, beginselvaste man met n wonderlike gesin.

Sputnik ·

Piet, ‘n suksevolle persoon is na my mening iemand wat ‘n mooi gesin met mooi waardes het, vir hul kan sorg, sy/haar geld op ‘n eerlike manier verdien, gelowig en gelukkig is en liefde uitstraal. Ek onthou Willem Ratte – hy’s lê darem baie laag deesdae. Dan is daar die groepie wat so ‘n klompie jare gelede die land wou “oorneem” en wie se hofsaak baie jare vertraag is en aan wie sommiges uiteindelik tronkstraf opgelê is. Een van hulle was ‘n bekende medikus – ‘n man wat goeie dade verrig het in die mediese wêreld – en sy seun. Wonder of hulle al “uit” is.

Boerin ·

Nee, baie van daardie suksesvolle, professionele manne sit nog. Sommige nog lang termyne oor.

Johnny Bravo ·

Nee die Pretoriusse sit nog! Hoogs intelligente mense en top medici! Hulle politiek was net heeltemal verwronge! Wat ek verstaan is dat hulle nog nie verhoor en gevonnis is nie maar steeds in die tronk aangehou word? Dalk kan iemand vir ons lig op die saak werp? As hulle gevonnis is moes die wereld seker daarvan kennis geneem het? Hoekom word alles onder die tafel gedoen? Waar is hulle regsadviseurs en spokesperson? Ek wil graag weet waaraan hulle skuldig bevind is en hoeveel jare tronkstraf hulle gekry het? Kan enige slim ou asb vir ons dit hier plaas? Ek kry nerens antwoorde op sosiale media nie? Maroela wat van ‘n onderhoud met die Pretoriusse??

Drikus ·

Dit klink ‘n bietjie dik vir ‘n daalder. Sal verstom wees as iets hiervan kom.

SP ·

Regtig? Net die Valke wat geloofwaardigheid aan so n stuk onsin sal gee.

LV ·

As die publiek maar net weet hoeveel flaters het die polisie in die kaalvoet Thysie saak gemaak het,pateties!

Suzie ·

hoekom eers die name in die hof bekend maak van die mense wat vermoor moet word? nuwe grap die een….

Steve Stephansen ·

Enige mens met verstand kan sien dis alweer ‘n storie van die ANC om die witman te intimideer en skuld te gee vir iets. Hulle stories raak nou opgedroog, nou skep hulle veëverhale. Die dag as die iemand moet opstaan en die regering uitroei, sal dit nie maande se beplanning wees nie, dit sal onmiddelik gebeur…

CAV ·

Ek glo nie die hele storie nie. Ek dink dit is n opmaak storie om ons af te lei van die werklike probleem – die mense wat die land opvoeter

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.