Michael Schumacher erg beseer in ski-ongeluk

Michael Schumacher

Michael Schumacher

JONGSTE: Schumacher se toestand het versleg. Klik hier om meer te lees.

Die sesmalige F1-wêreld renkampioen, Michael Schumacher, is erg beseer tydens ‘n ski-ongeluk in die Franse Alpe.

Na berig word het Schumacher, wat ‘n helm gedra het, sy kop teen ‘n rots gestamp toe hy geval het. Hy besit ‘n vakansiewoning in die omgewing van die ongeluk.

Hy is per helikopter na ‘n hospitaal geneem, en was by sy bewussyn. Sy lewe is glo buite gevaar.

Sowat tien mense het reeds in die Alpe omgekom sedert ‘n waarskuwing vir sneeustortings op 26 Desember uitgereik is. Van die oorledenes is dood nadat hulle dit buite die afgekampte ski-hellings gewaag het. Een toeris is sowat ‘n kilometer ver deur die sneeustoting meegesleur.

In die Oostenrykse Tirool het ‘n sneustorting ‘n sneutrein met 21 skiërs van sy spoor afgesleur, maar niemand is beseer nie.

Die jongste ongevalle was in die Franse Alpe, maar ongevalle is vroeër ook in die Switserse, Italiaanse en Oostenrykse Alpe aangemeld.

Twee Nederlanders wat in Oostenryk deur ‘n sneeustorting meegesleur is, het wonderbaarlik aan die dood ontkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ivan ·

7 Malige wereld kampioen. Hy het hard gewerk vir daai oorwinnings.
Groete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.