Oudste Facebook-gebruiker oorlede

Mark Zuckerberg en die huldeblyk aan Ouma Ella

Mark Zuckerberg en die huldeblyk aan Ouma Ella

Eleonore Kastner, beter bekend as “Ouma Ella”, is in die ouderdom van 105 oorlede.

Maroela Media het vroeër berig oor Ouma Ella wat sedert haar 100ste verjaarsdag besluit het om “bietjie te leef” en elke jaar iewers anders in die wêreld haar verjaarsdag te vier.

Ouma Ella was een van die wêreld se oudste Facebook-gebruikers en talle aanhangers het haar avonture op haar profiel gevolg.

Sy het op 27 Januarie in die hospitaal in Brandenburg gesterf.

Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, het van haar afsterwe te hore gekom en het Vrydag ʼn huldeblyk gepubliseer. “As liefde jou hier kon hou, sou jy vir altyd geleef het,” het Zuckerberg geskryf. “Ons sal jou mis.”

Facebook het tans ongeveer 1.4 miljard gebruikers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.