Point 2 Point: Atlete beplan 250 km binne 48 uur

Point 2 Point-roete

Point 2 Point-roete

ʼn Klein groepie atlete gaan volgende naweek ʼn uitmergelende poging aanwend om bewusmaking vir drie liefdadigheidsorganisasies te skep.

“Hierdie klein groepie mans en vroue het een ding gemeen: wat ander mense as onmoontlik beskou, ag hulle as ʼn uitdaging, ʼn geleentheid om hul gesondheid te vier en bewusmaking vir dié liefdadigheidsorganisasies te skep,” het James ‘Jamo’ Davis, organiseerder van die wedloop, gesê.

Die groepie van 19 atlete spring Saterdagoggend, 14 Desember, om 07:00 by die ligtoring in Kaappunt weg en durf dan ononderbroke die 250 km aan tot by die ligtoring by Kaap Agulhas. “Ons verwag om die aand in Caledon aan te kom, iets meer toepaslik aan te trek vir die aand se hardloop, en dan deur te druk na Kaap Agulhas,” het Davis bygevoeg. “Ons beplan om die afstand binne 48 uur af te lê.”

Die doel van die wedloop is om bewusmaking te skep vir drie liefdadigheidsorganisasies:

• Pink Drive wat hulle toespits op borskanker;
• Back on your Bike, ʼn fondsinsameling vir die voormalige atleet Rich Holland wat ernstig beseer is nadat ʼn motor hom getref het terwyl hy vir die Ysterman geoefen het; en
• Chasing Inspiration wat gesinne met kinders wat leukemie het, finansieel ondersteun en bewusmaking skep oor beenmurgskenking.

Klik hier vir meer inligting oor die organisasies.

YMA Security Services en EMT sal die veiligheid van die atlete verseker en die ondersteuningsvoertuie verskaf.

Die atlete sal glo ook hul energievlakke kan opstoot danksy ʼn borgskap van Red Bull. Die beweging, I Wear Red Socks on Fridays, wat hom beywer om ʼn verskil te maak en ander te motiveer en geïnspireer te word, is ook aan boord.

Die span verwelkom enigiemand wat saam met hulle wil hardloop, al is dit net vir ʼn paar kilometer.

Klik hier om Point 2 Point se webwerf te besoek.
Klik hier om by Point 2 Point se Facebook-blad aan te sluit.
Klik hier om Point 2 Point op Twitter te volg.

Indien jy ʼn finansiële bydrae wil maak of betrokke wil raak, kan jy ʼn e-pos stuur aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anton ·

Een van die beste beleggings is gesondheid. Pas dit op. Sterkte aan al die atlete en die wat betrokke is vir hierdie goeie doel wat daar gestel word.

Ria Maritz ·

Aan elk van hierdie atlete – BAIE DANKIE !
Julle is TOPS !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.