Restaurantkettinggroepe trek swaar

‘n Wimpy-ontbyt. Foto: Wimpy/Facebook

ʼn Blik op die uitslae van Suid-Afrika se kitskosreuse toon dat verbruikersentiment en -besteding gestonk is, en die maatskappye trek aan die kort ent.

Ekonome en markontleders sê handelstoestande is kwaai weens politieke omstandighede wat die ekonomie verlam.

Die grootste van dié groepe is Famous Brands, wat met handelsname soos Wimpy, Mugg & Bean en Fishaways spog. Die groep se wesensverdienste per aandeel het met 59% van 411 sent tot 170 sent gedaal in die tussentydse periode tot Augustus.

Darren Hele, uitvoerende hoof van Famous Brands, sê dat die groep steeds op groei-vooruitsigte fokus. Hy sê egter dat makro-ekonomiese toestande en die sosio-politieke klimaat in die land die groep gekniehalter het.

Een van hul voorste handelsmerke, Wimpy, het gedurende die tydperk gesukkel om sy kop te lig. Die Britse restaurantgroep Gourmet Burger Kitchen (GBK), wat in September verlede jaar deur Famous Brands aangeskaf is, het ook nie aan die verwagtinge voldoen nie.

Hele is egter optimisties oor die toekoms. Hy voorspel dat verkope oor die vakansie-seisoen sal verbeter. Hulle beoog ook om 130 nuwe winkels in die huidige finansiële jaar te open.

Argieffoto

Die Spur Corporation, wat onder meer Spur, RocoMamas en The Hussar Grill besit, se wesensverdienste per aandeel het met 25,8% van 190 sent tot 141 sent gedaal in die finansiële jaar tot Junie.

Gedurende dié tydperk het die groep gebuk gegaan onder negatiewe publisiteit. Ander handelsname waarmee hy spog is John Dory’s en Panarottis.

Intussen het die kleiner groep Taste Holdings, wat onder meer Starbucks en Dominos Pizza na Suid-Afrika gebring het, se omset met 9% tot R483 miljoen afgeneem in sy tussentydse verslag tot Augustus.

Die groep het vroeër aangekondig dat hy ʼn kapitaalherstrukturering evalueer, wat sy langtermynskuld van R225 miljoen wesenlik sal verminder. Ander handelsname waarmee dié groep spog, sluit Maxi’s en St Elmo’s in.

Chris Wehmeyer van PSG sê daar is verskeie redes vir die gesukkel. Hy sê die grootste faktor is dat die ekonomie in ʼn resessie is. Dit, sê hy, veroorsaak dat verbruikers minder geld het vir besteding. Hy sê verbruikers is ook kieskeurig.

Wehmeyer sê daar is egter ʼn pluspunt. Met buitelandse beleggers wat hulself aan Suid-Afrikaanse aandele onttrek, is daar koopgeleenthede vir plaaslike beleggers. Kortom sê hy die mark is nou gunstig vir binnelandse beleggers om te betree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

BB ·

Dis omdat dit so ongelooflik duur is om uit te eet! Ek kan ‘n maaltyd maak vir 2 dae vir die prys van een bord kos by Spur @R120. Dit is belaglik duur.

kula ·

I agree, there is no real value for money with the meals and drinks are totally overpriced. Then there is the 10% gratuity tip…which on a large bill is quite a bit extra. When the restaurants are empty the waiters also lose part of their income. It all has a snowball effect.

Francois le Cochon ·

Neem net in gedagte, jy stap in ‘n restaurant in, bestel, eet, betaal en stap uit. As jy self wil kosmaak, moet jy eers ry van winkel tot winkel, omte koop wat jy nodig het, bv. ‘n hele slaaikop en hele komkommer, en jy gebruik net bietjie daarvan. ‘n Hele botteltjie kruie ens. Dan is dit potte, panne, messe ,vurke, lepels, skottelgoed. Die hele idee van restaurante, is nie vir goedkoop eet nie, maar vir die gerief daarvan, en om iets te eet wat jy nie self by die huis (kan) maak nie.

riana ·

Uiteet is ‘n absolute luukse nou, daar is nie meer iets soos “goedkoop” uiteet nie.

HPV ·

En wie het die resessie veroorsaak? Alle dank kom Zuma en die ANC toe. Duisende meer werkloses!

Stokkies ·

Wel Wimpy het te duur geraak vir my, hulle so jaar of twee terug hul pryse laat opgaan, porsies dieselfde gebly, so nie meer moeite werd.. Mugg en Bean is n baie lekker koffie winkel, maar jy moet liefs nie daar eet, dis ook te duur.. Ek weet uiteetplekke is nie vir die laer inkomste middelklas nie, maar teen daai pryse kan jy net so wel na n oordentlike 5-ster restaurant gaan en oordentlik eet en soos koninklikes behandel word

alida ·

Ek stem saam dat eetplekke soos Wimpy en MugnBean se pryse die afgelope jaar drasties gestyg het tot op vlakke waar vyfsterrestaurante se pryse so ‘n jaar of twee gelede was, maar ek is seker Stokkies was nie onlangs in ‘n vyfsterrestaurant nie. Ons gesin van 4 kan nog in ‘n “gewone” restaurant uiteet vir omtrent R600 , maar in ‘n werklike luukse restaurant stap jy nie uit onder R1800 tot R2000 vir 4 mense nie.

Bruno Stef ·

Die Potchefstroomse mense kan gerus hulle swaarverdiende gelde by “Mikes Kitchen” in Potch gaan spandeer die diens is puik en die staf baie professioneel wat deur hulle bestuurder se bedagsaamheid onderstreep word.Sal my en my vriende beslis weer sien baie dankie vir die uitstekende diens.

Koos1 ·

Een Sondag daar ingestap. Spyskaart gelees en geloop. Pryse nog hoër as Spur!

Anon ·

Mike’s is duur, maar vir die hoeveelheid kos jy kry is dit die moeite werd. Asook moet ‘n mens kies watter aande om daar uit te eet. Hulle het specials amper elke aand van die week met bitter baie goeie kliënte diens!

niki kotze ·

Dit het baie duur geword en diens is oor algemeen SWAK!!Spur is baie lawaaierig deesdae…..musiek wat speel TE hard en kelners wat dans en sing ONGEVRAAGD!

Annie ·

Stem gelukkig gaan ek nie meer Spur toe nie en ook nie Mugg & Bean nie. Alle restaurante se prys is belaglik hierdie dae en die kelners se diens swak.

Louise ·

Het lankal nie meer geld vir uiteet nie. Jy kan baie meer doen by die huis met die geld wat jy op een maaltyd spandeer.

Altie ·

Ek moet ook sê dit raak ernstig duur. Buiten vir al doe politieke koppelings. Mugg n Bean was een van ons gunstelinge maar nou te duur en die spyskaart het van so aard verander dat ons met die laaste besoek deurgekyk en deurgekyk het….maar nie op iets kon besluit nie! Ons ondersteun eerder lokale privaat eetplekkies vir bv R80 per persoon vir buffet ete.
Mens skaal maar oral af om te kan oorleef.

Marnus ·

Ek stem een honderd persent saam om eerder privaat eetplekkies te ondersteun eerder as groot handelsname. Nie slegs as gevolg van prys en diens nie maar sodoende help jy ‘n pa of ma van ‘n privaat besigheid om uit te brei en lewens style van middelklas kop bo water te kan hou, aangesien die ekonomie deesdae daarvoor sorg dat die middelklas heeltemal wegval, eerder as om direkteure van groot handelsname wat reeds ‘n groot klomp geld verdien nog ryker te maak.

Nefie ·

Ons weet hoekom Spur se inkomste gedaal het.
Selfs voor dit was hulle nie meer die laekoste/goedkoop restaurant nie. Hulle prys is dieselfde as ander “lanie” plekke.
Dan, Fishaways is belaglik duur, ‘n stuk vis met bykos, R90, nee dankie wat. Deesdae baie duur om uit te eet.

Oom Piet ·

Nefie,
Vir R15 bak my naaste Supermark met graagte vir my ‘n jummy gedoopte vars graatlose Stokvis fillet goudbruin in skoon diep olie, wat ek na eie smaak met sout en suurlemoen bestrooi, wat ek dan van die stertkant af die witvleis lagies al afskilferent happie vir hapie smullend loop en geniet. Verskeidenheid van 6 klein Samoosas R12 of heerlikste vars gebakte Worsrollejie of Pasty vir R12 elk, met vars skyf Blackforest koek of gebakte Kaastert vir R5 as nagereg. Bekostigbare voor, hoof en nagereg. Spaar!

Genieve ·

Ek gaan net eet wanr ek kan bekostig want die eetplekke baie duur geword,Stokkies wimpy is vir my goedkoper as Spur ek al hullepryse vergelyk.

kula ·

I agree, there is no real value for money with the meals and drinks are totally overpriced. Then there is the 10% gratuity tip…which on a large bill is quite a bit extra. When the restaurants are empty the waiters also lose part of their income. It all has a snowball effect.

Bordkryt ·

Om een keer n week uit te eet vir drie kos vyfhonderd rand . Tweeduisend rand per maand. Wie kan dit bekostig ? Miskien moet die burgeregteorganisies n eetplek open waar n bord kos dertig rand kos . Dan kan die kos gemaak word van skenkings . Selfs kelners , kelnerinne en kokke kan uit die huidig benadeelde groep kom . Wat van n verhoog vir opkomende kunstenaars ? Daar kan hulle vir gratis publisiteit optree en dit kos die organiseerders niks .

Cherokee ·

Dus blyk dit dat die ‘Spurboikot’ nie so effektief was as voorgegee en dat die ekonomie ‘n groter rol gespeel het en ander uiteetgroepe selfs harder getref het as vir Spur. Soos meer kommentators hier sê, uiteet is duur (en dan weet jy ook nie eens hoe skoon dit is nie). Restaurante betaal nie eens hul eie personeel nie maar die kliënte moet die kelners se salarisse betaal. Die naweek oor 10 dae vanaf vandag spandeer ons in ‘n wildreservaat betalende R900 per nag vir twee persone en dit sluit geen etes in nie. Slegs bungelow. Kostes is belaglik.

Boikot Spur ·

Die twee gewildste gesinsrestaurante in my opinie is Spur en Ocean Basket, ek sien nie hier dat Ocean Basket se aandele gedaal het nie. En ek weet van baie lojale oud-Spurgangers wat nie meer hul voet in die Spur sit nie. Die ekonomie het wel ‘n rol gespeel, maar gelukkig nie by Ocean Basket nie. Ons eet lekker daar!

Boerseun ·

Ocean Basket se visporsies het eers kleiner geword, toe minder geword, en nou kry jy glad varswatervis in stede van seevis. Intussen het die prys ook drasties gestyg.

Kabous ·

En dan is daar ook die kwessie van diens (of die gebrek daaraan). Hier naby ons is ‘n Wimpy in ‘n area waar ten minste 50% van die inwoners Afrikaanssprekend is, maar die kelnerinne praat geen Afrikaans nie. Uiteraard vermy ek dié plek heeltemaal en al my vriende doen dieselfde. Dié restaurant verloor dus besigheid omdat hulle nie sensitief staan teenoor die taalbehoeftes van hul potensiële klante nie. Hoe gouer AfriForum en Solidariteit hul Afrikaans-vriendelik projek op die been bring, sodat Afrikaanssprekendes kan weet waarheen om te gaan vir diens in Afrikaans, hoe beter.

Johan Neuteman ·

Dalk help die ekonomiese toestand ons om weer te leer gewoon kuier en met mekaar gasvry te wees. Ek dink daar kan weer beter vriendskappe kom om mekaar sommer vir ‘n gewone ete of onopgesmukte braai te nooi, want al die fénsie slaaie en geregte maak selfs die tuisuitnodiging al ‘n duur ding. Kom ons keer terug na lekker gesellige gasvryheid waar mens jou maaltyd-van-die-dag sommer met jou kuiermense deel, en hulle ook weer vrymoedigheid het om jou te nooi omdat die een nie ander hoef te oortref nie. En so gaan die klem weer terug op die kuier, en nie die vertoon nie.

Ne.. ·

As daar nie op ons kos gespoeg word nie sou dit nooit gebeur het nie…. se dankie aan daai wat die kos voorberei….

Anoniem ·

Ek stem saam met die mense die pryse is belaglik. Jy kry n stuk vleis van 250/300gram n porsie chips (een aartappel) en n halwe ui. Jy koop jou vleis by groot handelaars soos Morgans teen R74 n kilo vir rump, dus kos n 300gram steak jou R22.20 een aartappel R3 en n ui R2 nou kry jy n bord kos van R27.00 maar jy moet R120.. vir dit betaal. Ek en my vrou het besluit ons eet nie meer uit nie nie net oor die pryse nie maar ook swak diens. Loop so paar maande terug in n restaurant toe nies die kelner jy sien net snot waai ek roep die bestuurder vertel haar en sy trek net haar skouers op. Nee dankie eet by die huis ,nies in n sakdoek ,was my hande en weet my kos is skoon. Geniet jul etes.

John Samuel ·

En die bottel wyn op die spyskaart kos R134.
Selfde bottel wyn by Makro : R33 -& kleingeld.

Maar waarom…?

Joy ·

Nooit weer eet ek by enige restaurant nie….Mike’s Kitchen Klerksdorp het hare in hulle kos….Spur nog minder, uitgedroogte wings, kon dit nie eers kou nie, sous so dun soos water…..nee dankie, my kos is skoon en kwaliteit en smul lekkerder tuis!

Sonja ·

Gaan eet by privaat restaurante en ondersteun hulle. Daar betaal jy vir die kos, nie vir die membership en franchise fees nie.

Deon Meyer ·

Lees gerus die vorige paragraaf dan sal jy agterkom daar word na Mnr Darren Hele verwys.Dit is die persoon se “van”

Tiger ·

Hoe klink ‘n heerlike groot stuk vis met slaai of chips vir R60? Dit kos my en my man vir 2 borde vis EN 2 drankies elk R215 en dan eet ons regtig lekker en almal weet drankies kos duur.Waar? Bem Vindo Lodge in Koster.Wimpy het hier kom probeer maar seker3 jaar terug al toe gemaak!Ons mis Spur of Wimpy glad nie!

Meraai ·

Vrydag aande is ons anders uit eet aand. Vriende kom na ons toe gewoonlik, ek en my vriendin maak gewoonlik lekker anderste kos wat ons nie in die week sal eet nie en ons kyk ‘n fliek en ons kuier en eet lekker. So uit eet by ‘n duur plek is uit op die oomblik. Net Sondag op huis toe na ‘n lekker naweek by die Vaaldam is ons honger en stop toe by die Wimpy. 2 toats kaas en tamatie met chips en 2 koffies was R156.00. Niks luuks aan die ete nie.

Leahim ·

My soort is nie welkom daar nie het ons dan vergeet wat hulle top bestuur gesê het.

Huibrie ·

Spur kon nie eers gisteraand Ken Forrester se Chardonay aan ons verskaf nie…tragies

Dries ·

Kleiner en privaat eetplekke se kwaliteit baie beter.Meer waarde vir geld en baie geselliger.

Dries ·

Kleiner en privaat eetplekke se kwaliteit baie beter.Meer waarde vir geld en baie geselliger.

fritz mulder ·

Die spur is nie te duur nie. Ek hou net bloot nie van hulle kos nie. Ek eerder n regte burger by roccomammas.

Susan ·

Nou sien ek RocoMamas, John Dory en Panarottis behoort aan Spur!!!

Koop plaaslik ·

Ek ondersteun eerder klein onafhanklike restaurante want dan weet ek my geld bly in die plaaslike ekonomie.

Muffin ·

Uit eet is lekker maar onbekostigbaar.. In ons dorpie is daar net n Spur en Ocean Basket. Alkohol pryse ver te hoog. R28 vir bier is bespottig. Ete vir 2 kos so R300 en is die drank vir 3 biere en n bottel wyn R300. Dan is daar geen voor gereg nie. Bly by die huis.

Sê maar net ·

In die eerste plek is ek deesdae naar om uit te eet. Te bang daar word met my kos gepeuter. Ek is doodeerlik as ek sê ek koop veel eerder kos by local plekkies wat aan blankes behoort en waar blankes in diens is. Noem dit wat jul wil, maar so voel ek, ek eet veilig.

Skerp Spioen ·

Teen R27 vir ‘n blikkie Appletiser was dit verlede week my laaste uiteet by John Dory’s – spesiale Woensdag aanbod op sushi of nie!

Piet Pompies ·

Die bekende “branded” eetplekke trek swaar vir die eenvoudige rede dat die persoon wat die “brand” geskep het iewers in ‘n ryk woonbuurt bly en elke dag inkomste verdien aan die verkope van die eetplekke. Eienaars van die agentskappe koop die “brand” ten duurste en die koper word gedwing om aankope by sekere plekke te doen wat kommissie vir eienaar van die brand is. So, die burger wat voor jou neergesit word se verkoop waarde word nie bepaal deur die vleis, bun, tamatie, uie, botter en sous, die prys word bepaal deur koste aan die “branded” eienaar, die eienaar van die winkel. Ondersteun eerder die alleen eienaar eetplekke, kos is goedkoper en diens is beter, want hulle weet as die diens nie goed is, verloor hulle kliente.

Koebaai ·

JAMMER OM TE HOOR . Julle het GEKIES om hierdie pad te stap .. ek sien steeds TE VEEL mense wat julle nog ondersteun .. hoop julle maak binnekort almal toe .. ek gee NIKS om vir julle of vir julle werkers nie .. want hulle gee NIKS Om vir ons as kliente nie … KOEBAAI!

honourable member ·

Uiteet is net te duur en as ek moet uiteet gaan geniet ek n heerlike bord kos by Rosies . Goeie skoon kos.

Niel van Zyl ·

Mense, vir die wat dit nog kan bekostig, bly weg van die konsessiemaatskappye af. Vir hulle gaan dit nie oor die produk of diens waarvoor jy betaal nie. Dit gaan uit en uit oor daai verdienste per aandeel. Nie almal nie, maar die meeste van die “one-man shows” doen dit omdat hulle ‘n passie vir dit het wat hulle aan jou verkoop. Daarom sal die produk en hopenlik die diens baie beter wees. Dan gee mens nie om om bietjie meer te betaal vir die gerief nie.

Suzie ·

Ek koop hoender-filette, sny dit in repies, rol dit in eier en dan in Hinds se Southern coating. Bak dit in olie en eet saam met rys. Dit is heerlik en smaak nes n wegneem-ete!!

Taryn ·

Hulle wil nuwe winkels oopmaak, terwyl die reedsbestaandes klaar sukkel? Nee wat, kan iemand vir my die logika verduidelik asb?

En as ons deesdae kos koop, is dit slap chips of McDonalds se share box. Spur en Wimpy is belaglik duur vir so klein bordjie kos wat maak dat ek by die huis in die broodblik wil invaar na die tyd.

Plaaslike eienaarskap ·

Ons eet eerder by restaurante wat besit word deur plaaslike mense, waarom moet ons geld uitvloei na ryk aandeelhouers oorsee?

Cherokee ·

Taryn, natuurlik is dit wat ek nou sê heel van die onderwerp af maar terwyl jy van die broodblik praat, ek eet niks sonder brood nie. As ek by Fishaways eet koop ek ‘n bun saam met die vis. As ek in ‘n grand plek T-been, Rump of ander duur snit eet, bestel ek brood saam. ‘n Bord kos sonder ‘n sny brood is nie volledig nie en ‘n hamburger is koningskos.

Wdp ·

As Spur ophou om die bokke te Borg sal die bokke dalk weer wen

Gideon ·

Ek geniet kismaak by die huis….dit is sommer gesinstyd ook……en ten minste weet ek dat my patty nie op gespoeg is of iets nie …

Andre ·

Ongelukkig is dit so dat die restaurant-kettingroepe se pryse ontsaglik gestyg het en dit nog steeds doen. Feit is egter ook dat hulle nie die pryse so sal laai indien daar nie verbruikers is wat geld het om daardie pryse te bekostig nie. En daardie verbruikers is daar beslis – loop maar by die restaurante verby en kyk wie sit hulle vol

steak ·

in die groot winkel sentrums moet jy by Spur eers buite wag. die rye is te lank.

Sommige plekke wag jy n half uur vir n tafel.

Wimoy is baie lekker.

Farrow ·

Waar kan jy n lys kry van die privaat eetplekkies / alleen eienaar plekkies ??

Maroela help ons asb om n lys te maak ·

Maroela, help ons asseblief om n lys te maak van plaaslike restaurante en besighede sodat ons geld in ons eie plaaslike ekonomie sirkuleer en nie na globale aandeelhouers gaan nie.

Johanna Botha ·

Asof mens aandele gaan koop …dink weer asb. Nou skielik word daar geadverteer dat dit klap en pryse word uitgegee ….te laat as jy my vra want mense sien deur dit

Priscilla ·

Probeer gerus een van die nie-franchise eetplekke…..dis goedkoper en meer waarde vir geld. Indiese restaurant in Heidelberg is beslis n moet .

Johann Marx ·

My bek hang oop as ek die pryse lees wat mense hier aanhaal. Ons kan nie uiteet bekostig nie. Ons kan soms nie eens IN-eet bekostig nie. My ma lees nou twee aande per week net vir ons ‘n stukkie uit die Kook & Geniet…….en dan’s dit bed toe. Verlede week het my boetie verjaar. My ma het ons KFC toe gevat waar ons ander mense se vingers kon aflêk…..

Uvonka ·

Lekker lag ek nou, veral oor die leesstukkie uit die Kook & Geniet!

Ons eie lys van restaurante en besighede ·

Ons kort dringend n lys van besighede wie ons kan ondersteun, wie nie inkomste van ons teen ons gaan gebruik nie.

E.K. die eerste ·

Ek dink meeste plekke, nie net genoemde eetplekke nie, kry swaar. Daar was onlangs ‘n berig in ‘n plaaslike koerantjie van hoeveel winkels in sentrums leegstaan. Persoonlik eet ek by geen kettinggroep nie (behalwe as iemand my soontoe nooi)en ja, dis duur, maar ons bederf onsself al is dit slegs eenkeer per maand om by goeie plekke te gaan eet. Ons werk hard vir ons geld so hoekom nie! Dis elkeen se keuse of hul wil uiteet of nie en ook hoeveel hul wil uitgee daarop.

Johan ·

Spur raak net te duur…ook te rasserig…support liewer my plaaslike restaurant wat sy kliente ken en lekker kos maak!!

Johan ·

Spur raak net te duur…ook te raaserig…support liewer my plaaslike restaurant wat sy kliente ken en lekker kos maak!!

Hans ·

Eet glad nie meer uit nie,ons kuier en eet nou by die huis soos dit hoort.My familie is nou nader aan mekaar as ooit.Ek wil net dankie se aan al die eetplekke wat dit veroorsaak het.

Elize ·

Ek stem, ondersteun ‘privaat eienaar’ besighede. Daar is een in Pretoria waar ek gereeld heen gaan en in Afrikaans bedien word, Taras Bulba in Brooklyn

BEKOMMERD ·

Nee wat Niks maar niks is meer dieselfde as wat dit was nie…Ek is baie gelukkiger om tuis te eet en buitendien is diens uiters swak as mens wel uit gaan ….en Spur kan maar die beste specials he maar ek sal glad nie hul ondersteun nie

Boerseun ·

Miskien as ek by enige van die franchises in my taal bedien word, en nie deur die franchise in diensneming beleid werkers wat helfde van die tyd ook nie engels ten volle al bemeester het nie, sal dit n plesier wees om uit te eet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.