SAUK-hoof bedank

Jimi Matthews. Foto: SABC.co.za

Jimi Matthews. Foto: SABC.co.za

Jimi Matthews, die SAUK se waarnemende uitvoerende hoof, het Maandagoggend skielik bedank.

Matthews het in ʼn brief aan prof. Mbulaheni Maguvhe, voorsitter van die SAUK-raad, gesê dit is met “groot hartseer” dat hy sy onmiddellike bedanking indien. “Vir baie maande het ek die waardes wat ek hoog ag in gedrang gebring omdat ek verkeerdelik geglo het dat ek meer effektief binne die SAUK kan wees as daarbuite.”

Volgens Matthews het dit daartoe gelei dat hy besluite maak waarop hy nie trots is nie. “In die proses het die volgehoue negatiewe atmosfeer my morele oordeel aangetas en my aandadig gemaak aan besluite waarop ek nie trots is nie.”

“Ek wil jammer sê aan diegene wat ek in die steek gelaat het toe ek stilgebly het toe dit juis nodig was dat ek my stem moes laat hoor.”

Die brief wat Matthews op Twitter gedeel het. Foto: Twitter

Die brief wat Matthews op Twitter gedeel het. Foto: Twitter

Dit kom ná Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum, en Suna Venter, ʼn senior verslaggewer, verlede week saam met Thandeka Gqubule, ʼn sakeredakteur, geskors is omdat hulle, volgens die openbare uitsaaier, klank- en beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai en dus ʼn direkte bevel verontagsaam het.

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het sy skok uitgespreek oor die skorsing van dié drie senior SAUK-personeellede.

Die SAUK het verlede maand aangekondig dat sy televisiekanale onmiddellik sal ophou om beeldmateriaal uit te saai van die vernietiging van eiendom tydens betogings.

Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, het gesê die openbare uitsaaier het ʼn mandaat om mense op te voed en as ʼn verantwoordelike uitsaaier kan hy nie mense bystaan wat hul eie agenda wil bevorder nie.

“Ons het dus die besluit geneem om te wys gewelddadige betogings is onnodig. Die SAUK wil graag ʼn beroep op ander Suid-Afrikaanse uitsaaiers en die gedrukte media doen om hul solidariteit met die openbare uitsaaier te toon deur nie dekking te gee aan die gewelddadige betogings wat die vernietiging van openbare instelling tot gevolg het nie.”

Matthews het sy brief afgesluit met die volgende woorde: “Wat besig is om by die SAUK te gebeur is verkeerd en ek wil nie meer ʼn aandeel daarin hê nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Johann Marx ·

1982 -1988 SAUK Televisie Nuus en Openbare Aangeleenthede Kameraman….Ons het toe presies dieselfde strategie toegepas om NIE die opstande en die onderdrukking daarvan deur die Weermag uit te saai nie….en kyk waar het dit ons gebring…

F Brits ·

So die blankes het dieselfde gedoen en die koerante was tjoepstil,so hulle het dit nog erger en beter gedoen as die anc. Nee wat.wat jy saai sal jy maai.

Waarnemer ·

Die verskil is dat ons destyds in ‘n oorlog gewikkel was; nou is ons nie.

Johannes ·

Waarnemer, ek stem nogal saam. SA was destyds in ‘n oorlog met die kommuniste (i.e. die ANC/SAKP). Ek dink daar was toe meer en beter regverdiging om sensuur toe te pas.

Kaspaas ·

Baie interesant want n CEO is hoer as n COO en hy kon enige tyd die COO se besluit tot niet maak. Dit sal beteken dat die invloed van buite gekom het en van n baie hoër mag as die CEO van SAUK. Dit kan net van regeringsmag wees.

Illa ·

…soos ons mos maar vermoed. Zuma regeer letterlik hierdie land en alles daarin – daar is lankal geen sprake meer van demokrasie, slegs die skyn daarvan. Voorbeeld hiervan is howe wat uitsprake lewer wat sonder enige gevolge geïgnoreer word, en vele meer.

Hasie ·

Jimi Mathews ek is trots op jou. Om jou loopbaan op te gee vir wat reg of verkeerd is kos baie moed en oortuiging. Ons weet almal dat dit nie goed gaan by die sauk nie, maar met iemand as bedryfshoof soos die ou wat sy gewig erg rondgooi en hire en fire is dit beter, vat die pad. Ek glo jy sal gou weer ander werk kry. Sterkte aan jou en jou familie.

Jan ·

Hasie jy vat die woorde uit my mond uit. Ek hoop en vertrou hy sal opgeraap word in ‘n nuwe werk!

Connie ·

Wat jy saai sal jy maai. Mense en dis baie waar. Johann Marx is net soos jy daar sê. Is hartseer though.

Melt Olckers ·

Hierdie is die tipe persoon wat Openbare Beskermer moet word. Morele Waardes kom eerste by hom.

Blom ·

Ek stem saam. Hy verdien die pos van Openbare Beskermer. Ek bid en vertrou Vader vir sy veiligheid en vir dir van sy grsin. Baie sterkte vir jou pad vorentoe.

Rynhardt ·

Jimi Matthews het bedank.Hlaudi Motsoeneng dit is tyd dat jy dieselfde ook doen! Hof het beslis jy moet waai terwyl SABC ystertralies om jou bou.Die feit dat SABC nie gewelddadige betogings uitsaai nie, wys hy steun juis geweld en plunder wat kan uitkring na woonbuurte!

Henry ·

Ek vermoed dat die ou eerder aangesê is om die pad te vat.
Indien hy werklik ernstig en geloofwaardig wil wees om die sotlike besluite van His Master’s Voice se leier(s) teen te staan, kan hy dit alleenlik van binne die sirkustent vermag.
Nee wat. Die ou is besig om perde kluite as vye te smous

PJ ·

Die Konstutisionele hof nie hoeka gesè Motsoeneng onwettig in pos , zuma geld gesteel maar niks gebeur so wat is doel van die hof want niemand word gestraf so die beste grondwet in die wèreld lyk vir my beteken niks

m ·

Enige mens kan net soveel vat. Sterkte vorentoe. Mens moet opstaan vir wat jy in glo!! Nie altyd so maklik in hierdie nuwe SA nie….

John Scott ·

Die feit dat mnr Matthews hier padgegee het, bied `n verdere vrypas aan daardie VERWOESTERAAR om totale beheer oor te neem en moenie verbaas wees as hy aanstons in die vakante pos van Uitvoerende Hoof van die SAUK aangestel sal word nie…..hetsy in waarnemende, dan wel permanente hoedanigheid. `n Mens kan maar net sidder wat die gevolge vir hierdie land gaan wees. Gedagtig daaraan dat menigte VERWOESTERAARS se einde al onverwags,skierlik gekom het,want hul hou nie die naderende afgrond dop nie, sal die onderhawige nie die uitsondering op die reël wees nie. Sy lotgeval is in alle waarskynlikheid aan NO 1 gekoppel; so hou gerus maar hierdie NOMMER dop.

Aster ·

Ja-nee lyk my die dinge raak bietjie te “hot” nou by die SAUK.

Nita ·

Ly Hloudi Motsoeneng aan grootheidswaan? Hy verwoes die SAUK/SABC en niemand is by magte om hom te keer nie. Hy, die magtige, sal se wat ons mag sien en hoor. Demokrasie, se voet!

pieter ·

DIT SAL INTERESANT WEES OM TE SIEN WIE GAAN DIE MAGTIGE ANC STUIT OP SY VERWOESTINGS TOG.

Milan ·

Mooi so Mnr. Matthews. Moraliteit het gedy. Motsoeneng is egter te dikvellig. Hy is aangestel om die propaganda masjienerie van die staatsdiens te stook.

Jan Els ·

Ek het groot respek vir Jimi se integriteit, baie geluk dat jy die regte ding gedoen het. Waar is die integriteit van die ander SABC joernaliste en personeel, hoekom doen julle ook nie die regte ding nie? Veg julle net teen onregte as dit julle sakke pas? Kom joernaliste, julle was vinnig om vir die Afrikaner te preek, wys nou julle staal!!

Dirk Breytenbach ·

Veels geluk Jimi Matthews jou aksies is bewys van jou integriteit. Jy is ‘ voorbeeld vir SA en met mense soos jy kan ons ‘n regverdige SA vir almal beding.

alida ·

Mens weet nie meer wat om te dink nie. Alles is ‘n gemors. Mnr Mathews het tenminste integriteit. Bravo vir hom.

Ou Erdvark ·

Is die onlangse gebeure by die SABC deel van die die National Democratic Revolution (NDR) in aksie op die Suid-Afrikaanse Animal Farm om ‘n National Democratic Society (NDS) daar te stel? Vind uit wat is die beoogde National Democratic Society.

Ou Bosvark ·

Ja Ou Erdvark, intussen blêr die buitelandse media die inligting uit maar ons Suid-Afrikaners mag nie daarvan verneem nie. Dit word “spraakvryheid” genoem. Ons Suid-Afrikaners word soos kinders behandel: wat ons mag hoor, wat ons mag sien en binnekort wat ons mag sê en wat ons mag dink. Waar is die Suid-Afrikanerse “leiers” wat voor 1994 in die buiteland hulself voorgedoen het as die vaandel- en fakkeldraers van reg en geregtigheid en menseregte? Wat het geword van die vaandels en fakkels? Waarvoor staan vaandels en fakkels vandag? Gierigheid en mag.

John ·

Die ANC is besig om sy outokrasie te volvoer. President Zuma se hulle gaan met ‘n oorweldigende meerderheid die komende munisipale verkiesing wen. Hulle sal alles in die stryd werp en alle moontlike struikelblokke le in die pad van die opposisie-partye. Die vuurwerke het reeds begin en ons het te min brandblussers in die land… Die’ uit Kanada sal niks doen nie buiten vir hul gum-boot-danspassies voor die kamera’s… teen goeie betaling, natuurlik.

Christo ·

Johann Marx vergelyk asseblief Appels met Appels en nie met Pere nie, baie dankie.

Christo ·

Johann Marx vergelyk asseblief Appels met Appels en nie met Pere nie. Dankie

Francie ·

Mnr. Matthews, ek haal my hoed vir jou af. Ek hoop die voorbeeld wat jy stel ander leiers sal aanspoor om met integriteit hulle verantwoordelike posisies te beklee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.