Stormers klop Kings op Nuweland

Die Stormers het die Kings in Port Elizabeth met 24-12 gewen in ‘n saai wedstryd wat geen betekenis in hierdie jaar se Super15 het nie.

Die Stormers se laaste hoop om die uitspeelrondes te haal is buitendien verydel toe die Cheetahs die Blues hierdie naweek geklop het. Die Stormers was aanvanklik een van die gunstelinge om hierdie jaar se Super15 te verower en het in 2012 en 2011 boaan die SA konferensie geëindig, maar het mettertyd uitgesak toe hul oorsese been skouspelagtig uitgerafel het. HUlle het ook etlike tuiswedstryde verloor wat hulle verspot maklik moes wen.

Die Stormers se haker en kaptein, Deon Fourie, het twee drieë in sy span se sege gedruk. Die eerste een is kort voor rustyd vanaf ’n dryfmaalbeweging gedruk en die tweede een op dieselfde manier kort voor die eindfluitjie. Hierdie soort drieë het kenmerkend van Suid-Afrikaanse spanne se spel geword en dit laat mens wonder of hulle op enige ander manier sal kan punte aanteken as dit as onwettig verklaar word.

Die Kapenaars se heelagter, Joe Pietersen, het met een strafdoel geslaag terwyl die Lions-vonds, Elton Jantjies, die strafskoppe en een verdoelskop oorgesklits het. Die Oos-Kapenaars se voorste uitblinkers in ’n moeilike debuutseisoen, Demetri Catrakilis, het vier strafdoele sekuur deur die pale gejaag om sy span se enigste punte aan te teken.

Die Stormers het steeds volgende week ’n groot wedstryd: Die Bulls op Nuweland. Die Kapenaars sal voor hul tuisskare ’n punt teen hul noordelike aartsvyande wil bewys en ten minste op ’n hoë noot eindig. Hierdie wedstryd kan straks die Bulls se huidige top-posisie op die algehele rangleer beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.