Victor Matfield gaan weer rugby speel

Victor Matfield

Victor Matfield

Victor Matfield oefen glo weer om volgende jaar terug te keer vir die Bulle se Superrugby-seisoen, meer as twee jaar nadat dié voormalige Springbok-rugbyspeler en Wêreldbeker-wenner afgetree het.

Matfield (36) en Derick Hougaard, voormalige Springbok-losskakel, wil graag terugkeer, het SuperSport berig. Hulle is tans lede van die Bulle se afrigtingspan.

Matfield, wat ná die Wêreldbeker in 2011 afgetree het, sou moontlik in 2012 weer vir die Springbokke uitgedraf het, maar dit het nie gebeur nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Theo

Dankie dat jy ons op die fout gewys het! Dit moet natuurlik losskakel wees.

Beste groete

Nico Kruger ·

Ek het so gelag vir die berig dat ek nie eers opgemerk het dat julle die posisie verkeerd het nie. Ek verstaan Frik du Preez het ook weer begin oefen.

Freek Vermaak ·

Ek dink nie Victor of Derick moet dit eers meer oorweeg om n “comeback” te maak nie! Hulle moet eerder hulle talent gebruik en die jong Bulle brei vir seisoene vorentoe! Albei was uitstekende spelers en Victor een van die beste slotte in “moderne rugby” ooit, maar daar kom n tyd wanneer die bestes ook moet aftree…en doen dit eerder wanneer jy op die kruin van jou spel is, want dan sal jy altyd onthou word as die beste of 1 van die bestes! Danie Gerber is nog n uitstekende voorbeeld hiervan…n man wie nou eers “Hall of Fame” toekenning gekry het in Frankryk, maar na soveel jare nog steeds so bekend is. Ons oud bokser Brian Mitchell is ook n goeie voorbeeld daarvan…afgetree as Wereld kampioen en word nou nog steeds daarvoor erken! Ek is 100% n Sharks ondersteuner, maar gee krediet waar dit van toepassing is, want aan die uiteinde is ons almal Suid-Afrikaners en het elke provinsie uitstekende talent in verskeie posisies. So, my opinie, Victor & Derick, nee jong julle moet eerder deel bly van die jong Bulle se afrigting span.

Demokraat ·

Gee nie om dat hierdie twee here weer vir die Bulls wil speel nie – hoop egter dat Heyneke Meyer hulle nie vir die 2015-wêrelbeker sal oorweeg nie – hulle tyd is ongelukkig uitgedien.

So ook moes Heyneke ook nie oorsese spelers gebruik het vir die afgelope toer na Europa nie. Gebruik eerder die plaaslike talent en gee vir hulle reeds noual blootstelling aan internasionale rugby want hulle is die spelers wie Suid-Afrika tydens die 2015-wêrelebeker sal moet verteenwoordig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.