Warren Whiteley nié in toets teen Franse

Warren Whiteley (Foto: Facebook)

Die Springbokkaptein Warren Whiteley sal nié aan Saterdagmiddag se kragmeting teen Frankryk deelneem nie.

Die amptelike Facebook-blad vir die Springbokke het die nuus Saterdagmiddag in ʼn Facebook-inskrywing bevestig.

Volgens die inskrywing sal Whiteley nie aan die wedstryd deelneem nie as gevolg van ʼn liesbesering wat hy opgedoen het.

Eben Etzebeth, die onderkaptein, gaan die Springbokke nou in die derde en laaste wedstryd van die Castle Lager Incoming Series by Emirates Airline Park in Johannesburg lei.

Allister Coetzee, Springbok-afrigter, sê sy onttrekking aan die wedstryd is ʼn groot verlies vir die span.

Coetzee sê egter hulle bly positief omdat voorbereidings vandeesweek goed verloop het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.