Hoofregter Ngcobo kondig uittrede aan

Die minister van justisie, Jeff Radebe het vanoggend bekendgemaak dat hoofregter Sandile Ngcobo sy besluit om sy termyn te verleng, teruggetrek het.

Volgens Radebe het Ngcobo die besluit geneem ten einde die integriteit van die hoofregter se kantoor te beskerm. Ngcobo se termyn eindig op 14 Augustus. Radebe het president Jacob Zuma vroeër vanjaar ingelig dat Ngcobo se termyn amper verstryk en dat hy die opsies het om sy termyn te verleng of ʼn nuwe hoofregter aan te stel. Zuma het Ngcobo gevra om vir ʼn verdere vyf jaar as hoofregter te dien en hy het dit aanvaar. Dit het egter groot ongelukkigheid veroorsaak onder opposisiepartye en ander regsinstansies. Zuma sal intussen met die Regterlike Dienstekommissie vergader en die proses van stapel stuur om ʼn nuwe hoofregter teen 14 Augustus aan te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.