Hoofweg-skietery: 4 nog soek

Die foto is deur @Nash_R1 op Twitter gelaai.

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur na vier mans wat Dinsdagmiddag op die M2-hoofweg in Johannesburg op twee polisiebeamptes losgebrand het. Die twee beamptes, konst. Lufhuno Maremba (30) en konst. Anthony Magalebata (37), is tydens die aanval in die bolyf geskiet en ernstig gewond.

Lt. kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê Maremba is steeds in ʼn krietieke toestand en Magalebata is stabiel.

Die twee konstabels het Dinsdag die hoofweg gepatrolleer toe hulle die vier verdagte mans in ʼn Mercedes Benz opgemerk het. “Toe hulle die motor van die pad af probeer trek het, het die insittendes met aanvalsgewere (moontlik R5’s) op die beamptes losgebrand en weggejaag.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.