Hooggeregshof toe oor water

Die burgerregte-organisasie, AfriForum se regspan is vandag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria om die hof te vra vir ʼn dringende interdik om die Vhembe-distriksmunisipaliteit in Limpopo te dwing om aan sy inwoners water te voorsien. Die dorp sukkel al vir maande met ʼn watertekort.

Dít kom nadat AfriForum die distriksmunisipaliteit op terme geplaas het om inwoners van Makhado (Louis Trichardt) van water te voorsien as verantwoordelike waterverskaffer, maar die munisipaliteit het nie op hierdie versoek reageer nie.

Die vier respondente in die saak is die Premier van Limpopo, Cassel Mathale, die Minister van Waterwese, Edna Molewa, die Vhembe-distriksmunisipaliteit en die Makhado plaaslike munisipaliteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.