Hendricks moes Dinsdagoggend gevonnis word onder ‘n pleitooreenkoms wat deur sy prokureur, Ken Klopper, opgestel is. Regter Robert Henney het gesê hy het die pleitooreenkoms Maandagaand bestudeer. Volgens die skuldigbevinding kwalifiseer Hendricks vir die minimum vonnis van 15 jaar tronkstraf vir sy seun, Theopulus Jordan Groepies, op 3 Maart 2011. Hy is aangekla van moord, aanranding, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, poging tot moord en ontvoering.
Die regter het gesê die baba het sy doek vuilgemaak. Hendricks het die baba toe herhaaldelik op die grond gegooi. Hy het sowat ‘n week later in die Red Cross-kinderhospitaal in Kaapstad aan sy beserings beswyk.
Henney sê die omstandighede vereis ‘n swaarder vonnis as dit wat in die pleitooreenkoms voorgestel word. Hy het ‘n vonnis van 25 jaar tronkstraf, dit is 10 jaar meer as die voorgestelde minimum, in gedagte.
Die saak duur Dinsdagmiddag voort nadat Klopper met Hendricks konsulteer het.
Lewenslank klink meer regverdig…….Om ‘n weerlose baba te mishandel omdat hy ‘n doek vuilgemaak het??? Net monsters vang sulke goed aan – hy moet verkieslik permanent uit die samelewing verwyder word.
Is daar dan minimum en maksimum vonnisse vir blatante moord ?
Nie n ouer se gat werd ONS WAT KIDS VERLOOR HET EN NOG WIL HE KANIE KRY DIE WAT NIE WIL HE NIE KRY NOG BRING DIE DOODSTRAF TERUG of sit hul op die markplein!!!!!!!!