Hoogspringatleet glo met dwelms betrap

Jacques Freitag

Voormalige hoogspring wêreldkampioen Jacques Freitag is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo met dwelmmiddels betrap is.

Freitag is Vrydagoggend deur die Tshwane-polisie afgetrek nadat hy glo ‘n rooi verkeerslig in Bronkhorstspruit verontagsaam het, berig Beeld. Die dwelmmiddel Cat ( methcathinone) is toe glo in sy besit gekry. Kaptein Sara Mcira, woordvoerder van die polisie, het gesê Freitag sal die naweek lank in aanhouding bly.

Freitag is een van slegs agt atlete om die wêreldkampioenskappe op jeug-, junior- en seniorvlak van ‘n atletiekbyeenkoms te wen. Hy het in 2003 die goue medalje by die Wêreldatletiekkampioenskap in Parys, Frankryk, ingepalm.

In 2006 is hy, saam met sy oefenmaat Zeegfriedt Veenemans, in hegtenis geneem nadat ‘n bakleiery tussen hom en ‘n 17-jarige leerling uitgebreek het. ‘n Aanklag van aanranding teen hulle is laat vaar nadat hulle ‘n afwentelingsprogram bygewoon het.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.