Hoop dat nuwe minister e-tol sal skrap

Dipuo Peters, minister van vervoer

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Woensdag gesê hy hoop dat die nuutverkose minister van vervoer, Dipuo Peters, ʼn verandering aan die strategie oor die e-tolsaga sal bring.

“Ons vertrou dat minister Peters die beginsels van doeltreffendheid en die beste uitslag vir die samelewing op haar agenda sal hê,” het Outa in ʼn verklaring gesê. “Ons hoop dat daar ʼn gemoedsverandering sal plaasvind en ʼn nuwe strategie in verband met die e-tolprojek aangekondig sal word.”

Zuma het Dinsdagmiddag veranderinge aan sy kabinet aangebring. Ben Martins, voormalige minister van vervoer, is nou die minister van energie en het dus portefeuljes met Peters verruil.

Outa het gesê hy glo dit is nog nie te laat om die huidige planne rondom e-tol op te skort nie. “Die huidige plan geniet nie die nodige ondersteuning van die publiek om dit te laat slaag nie.”

John Moodey, provinsiale leier van die DA, het Woensdag ook ʼn beroep gedoen op Peters om die omstrede e-tolprojek te laat vaar. “Die minister moet van die geleentheid gebruik maak en ag slaan op die publiek se protes en waarskuwingstekens dat die projek nie gaan werk nie,” het Moodey gesê.

Moodey sal Woensdag glo ʼn skriftelike versoek aan Peters stuur om dringend die e-tolprojek te hersien en besware oor die projek se deursigtigheid aan te spreek en ware begunstigdes te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas ·

As hulle dit skrap, is daar baie staatsamptenare wat sonder pensioen geld gaan sit. Soos ek verstaan is die tolpaaie gebou deur geld wat van die pensioen vondse geleen is, en as dit dan tot halt geroep word kan daai fondse bankrot speel, en oumense gaan sonder brood en botter sit. Dit is hoekom die ding MOET aangaan, anders gaan pensioenarisse van hongersnood sterf. Is dit nie teen die grondwet om sulke geld vir sulke gemors te gebruik nie ???? Ek mag verkeerd wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.