Hoop vir Boucher se oog

Die foto is deur @nealcol op Twitter gelaai

Mark Boucher, die Proteas se voormalige paaltjiewagter, se oogbesering is baie ernstig soos wat daar aanvanklik gevrees is.

EWN berig dat Boucher se oog Donderdag daar een van die land se beste oogspesialiste ondersoek is. Dr Shuaib Manjra, hoof van Krieket Suid-Afrika se mediese komitee, sê die skade aan Boucher se oog is ernstig. “Dit is so ernstig soos wat ons oorspronklik verwag het.” Manjra sê hulle is egter versigtig optimisties. “Dit was egter meer positief as wat ons verwag het. Ons almal weet Mark het ʼn baie ernstige besering opgedoen maar ons het hoop. Die tekens is baie positief in die lig van ʼn baie ernstige besering.” Boucher het vroeër die week in Brittanje ’n noodoperasie aan sy linkeroog ondergaan nadat hy dit ernstig beseer het tydens die eerste dag van die Proteas se toer. Boucher het die besering opgedoen nadat ’n dwarsbalkie hom in die oog getref het. Hy het intussen ook sy uittrede uit alle internasionale krieket aangekondig.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.