“Hoop vir Mpumalanga se natuurlike erfenis” – AfriForum

Mpumalanga

Mpumalanga

AfriForum is van mening dat daar hoop is vir Mpumalanga se natuurlike erfenis, nadat die provinsie se LUR vir ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme, Yvonne “Pinky” Phosa mynmaatskappye gestuit het deur meer as 73 000 hektaar tot “bewaarde omgewings” of “natuurreservate” ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuurswet op Bewaarde Gebiede van 2003 te verklaar.

Volgens Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, stel me Phosa ’n voorbeeld aan al die ander provinsiale LUR’e in Suid-Afrika. “Hoewel ekonomiese ontwikkeling een van die dryfvere in besluitneming is, moet volhoubare ontwikkeling die eindresultaat wees. Daar is sekere gebiede wat bewaar moet word en natuurlik moet daardie gebiede verantwoordelik gebruik word,” het Kleynhans gesê.

Die gebiede in Mpumalanga wat tot bewaarde gebiede verklaar is, sluit in:

  1. Die Chrissiesmeer Bewaarde Gebied, wat byna 6 000 hektaar beslaan;
  2. Die Mabola Bewaarde Gebied van 8 500 hektaar;
  3. Die bestaande Kwamandlangampisi Bewaarde Gebied, wat tot meer as 3 000 hektaar uitgebrei is;
  4. Die Tafelkop Natuurreservaat; en
  5. Die Mndawe Trust Bewaarde Gebied, wat net meer as 825 hektaar beslaan.

“Die skepping van bewaarde gebiede beteken geen kommersiële prospektering en mynbedrywighede mag in hierdie gebiede plaasvind sonder die skriftelike toestemming van beide die minister van omgewingsake en die minister van minerale hulpbronne nie. En soos met alle natuurreservate, is kommersiële prospektering en mynaktiwiteite in die Tafelkop Natuurreservaat verbode,” het Kleynhans gesê.

AfriForum is van mening dat bewaarde gebiede een van die enigste behoorlike instrumente is wat gemeenskappe kan gebruik om hul eiendomme en sensitiewe omgewings teen die onverantwoordelike optrede van die departement van minerale hulpbronne te beskerm.

Ondersteun AfriForum in sy inisiatief om ʼn volhoubare toekoms in Suid-Afrika te verseker. SMS jou dorp se naam na 31336. 50c/SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.