Hoop vir Vigs-lyers

Navorsing wat in Frankryk gedoen is, toon dat ‘n groep pasiënte wat kort na hul besmetting Vigs-remmers begin gebruik het, ná ses jaar geen heroplewing van die siekte ervaar wanneer die inneem van die middels gestaak word nie.

Die leier van die span navorsers, Charline Bacchus, sê die navorsing toon dat besmette persone so gou as moontlik met die behandeling moet begin.

Vigs-remmers is in 96% van die gevalle doeltreffend om besmetting van MIV te voorkom, indien die middels vroegtydig na blootstelling, en gereeld daarna gebruik word. Altesaam 24 000 mense uit 83 lande het die tweejaarlikse kongres bygewoon wat vanjaar vir die eerste keer in 20 jaar in die VSA gehou is.

Die kongres het nie net goeie nuus vir Vigslyers gebring nie. Vroeër is berig dat daar in veral Suidelike en Oos-Afrika mutasies ontwikkel het wat weerstandig is. In baie gevalle kan dit deur ander middels onder beheer gehou word, maar dié middels is baie duur.

Van die wêreld se 34 miljoen geïdentifiseerde MIV-positiewe mense woon 23 miljoen in Afrika suid van die Sahara. Teen 2040 sal 28% teenoor die huidige 13% MIV-lyers ouer as 50 wees. Dit beteken meer lyers sal siektes soos diabetes, hartsiektes en kanker opdoen omdat die MIV-behandeling mense vatbaar maak vir dié siektes.

In Amerika is 750 000 lyers wat tans geen behandeling vir Vigs ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.