Hospitaalhoof van statutêre verkragting aangekla

‘n Uitvoerende hoof van ʼn hospitaal in Noordwes sal na verwagting volgende week saam met ʼn vriend in die hof verskyn op aanklagte van statutêre verkragting.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, sê die 37-jarige hospitaalhoof en sy 31-jarige vriend, ʼn werknemer van die Taung munisipaliteit, is in Oktober in hegtenis geneem nadat hulle glo seks gehad het met ʼn 15-jarige. “Die hospitaalhoof het na bewering ʼn buite egtelike verhouding met die minderjarige gehad en ʼn partytjie saam haar bygewoon op 23 Oktober. Hy het glo later die aand seks gehad met die minderjarige en na die tyd sy vriend gevra om die slagoffer huis toe te vat.” Ngubane sê die vriend het toe glo ook seks gehad met die minderjarige. Die meisie het glo later vir haar suster vertel wat gebeur het. Haar suster het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak en die twee mans is in hegtenis geneem. Die twee mans het verlede maand in die Taung landdroshof verskyn en die hospitaalhoof is op borgtog van R1 000 vrygelaat terwyl sy vriend borgtog geweier is. Die saak is uitgestel tot 7 Februarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.