Hou op om apartheid te blameer – Trevor Manuel

Minister Trevor Manuel

Trevor Manuel, die minister in die presidensie, het Woensdag gesê dit is tyd vir die regering om verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar en op te hou om apartheid te blameer.

“Ons (die regering) moet ophou sê alles is apartheid se skuld. Ons moet in die oggende wakker word en besef ons het verantwoordelikhede,” het Manuel tydens die regering se leierskapsberaad in Pretoria gesê. “Daar is nie meer ʼn Botha-regime om oor ons skouers te loer nie, ons is vir ons eie dade aanspreeklik,” het hy gesê.

Hy het gesê dat in 1994, 1995 en 1996 die regering miskien kon gesê het “ons het nie die ondervinding nie”, maar nou dat die land amper twee dekades van demokrasie nader, is daar geen meer verskonings nie.

Die ANC-regering het sover vier termyne gedien.

“Dit is ʼn voorreg om vier agtereenvolgende termyne te kon dien, en met dié voorreg kom verantwoordelikheid,” het hy bygevoeg.

Hy het gewaarsku dat die lyn tussen ʼn staatsamptenaar en ʼn politikus besig is om te verdwyn.

“Staatsamptenare en ons as ministers kom uit dieselfde aktiviste agtergrond, maar ons moet verseker dat selfs al is ons van dieselfde politieke party, politiek nie in die werkplek oorgedra word nie,” het hy gesê. Hy het ook gesê dat werkverwante kwessies nie in die politieke spasie opgelos moet word nie.

Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nellie van Staden ·

10/10 vir jou Trevor Manuel… Die klomp moes jare terug toe hulle oorgeneem het, geweet het om n land te regeer, is nie kinderspeletjies nie….Net opgewasse mense kan so verantwoordelikheid op sy skouers neem..

Thys van Zyl ·

Die probleem le by eie selfontwikkeling en geen eie fondasies waarop hulle kan bou nie.Voor die apartheids era vanaf 1652 was Afrika alreeds eeue agter.

Henry ·

Dis presies my punt ook maar tog wil dit nie raakgesien word nie en word as rasisties beskou maar daar is iets verkeerd in die denke van meeste afrika mense wat net nie ‘n werkende sisteem wat ons as westerse afstammelinge wil hê gaan toelaat nie, tot die denke verander gaan afrika maar net bly agteruit gaan in die oë vn die wat wel beter wil hê en bereid is om daarvoor te werk.

Nettie Hough ·

Vertrou nie dié vrede nie – daar is waarskynlik een of ander persoonlike politieke agenda wat agter die woorde van mnr, Manuel skuil

Retha Rix ·

Ai Nettie – ons moet ophou negatief wees en glo … ons wat nerens heen het om te gaan nie moet ophou die negatiewe oor ons eie voortbestaan uitspreek!!! Ons moet plek maak vir nuwe denke. Trevor Manuel was die beste Minister van Finansies wat hierdie land nog ooit gehad het. Ons moet die wat die regte ding wil doen ondersteun en aanmoedig!!

Nettie Hough ·

Retha, dis juis die nuwe denke wat my laat besef het dat politiek ‘n spel met persoonlike agendas is en die woorde wat gespreek word, eintlik oor die self gaan.
Dat ek hier gaan bly is ‘n feit, maar ek gaan ook nie meer goedgelowig wees nie.
En … natuurlik ondersteun ek, maar egter nie blindelings nie.

Breggie Myburgh ·

Dankie Mnr Manuel!! Ek al so moeg vir hierdie rassekaart en is dit beslis tyd vir ons nuwe regering om ons mooi land weer te herstel. ‘Yk hoe lyk ons paaieM voorheen is jy nooit gekontak wanneer BTW oorbetaal moet word nie. Nou skakel hulle om te vra hoeveel jy gaan betaal !

Christo ·

Trevor Manuel is in die kol. Hy het reeds as minister van finansies gewys hy is van ‘n ander kaliber as as die gewone ANC politici.
Ek wonder net hoe nog lank sal die ANC iemand wat reguit en eerlik praat in hul midde verduur. Dit druis teen alle ANC beginsels en metodes in!

Francis Linstrom ·

Die enigste twee politici in die nuwe regering vir wie ek nog ooit respek gehad het, was vir Madiba en Trevor. Ek hoop Trevor sien ook raak dat so baie ( dienslewering, infrastruktuur, gehalte onderwys en gesondheidsorg, munisipale dienste, kragvoorsiening ens.) van dit wat in die apartheidsjare opgebou is, besig is om heeltemal uitmekaar te val, dat die apartheidsregering ten spyte van sanksies en ‘n handjievol belastingbetalers finansieel darem kop bo water kon hou en dat hy DIT in sy mede-politici se koppe sal kry, dat hulle self verantwoordelik is, vir die agteruitgang in die land. Korrupsie en hemelhoe salarisse vir onbekwame werknemers is aan die orde van die dag.
Hoekom is plastieksakke ons nie-amptelike nasionale blom. Hoekom moet een mens ‘n ander mens se gemors optel of regmaak, as hy of sy in staat was of is, om dit self te doen.
Kry die leegleers en die bedelaars aan die werk. Hopelik sal daar dan minder moord, verkragting, diefstal,
bendegeweld, dwelm en drank misbruik wees. Die land sal baie goed kan baat met al die geld wat bestee word om misdadigers in oorvol tronke te hou. Klaarblyklik moet dit lekkerder wees in die tronk, as om te werk.
Soos die spreekwoord se, LEDIGHEID IS DIE DUIWEL SE OORKUSSING

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.