Houdini die swartmamba gevind

Foto: Pretoria Dieretuin

Die swartmamba wat verlede maand by die Pretoria Dieretuin vermis geraak het, is Sondag opgespoor.

“Iemand het hom gesien toe hy langs ʼn muur van die reptielpark geseil het,” het Craig Allenby, die dieretuin se woordvoerder, gesê.

“Personeel van die reptielpark het hom gevang en hou hom tans in ʼn donker houer sodat hy kan kalmeer.

Volgens Allenby is die mamba, wat intussen die bynaam Houdini gekry het, in ʼn goeie toestand en gaan hy die volgende paar dae in die houer gehou word sodat hy kan aanpas. Dit wil voorkom of die slang niks geëet het vandat hy ontsnap het nie.

Allenby het gesê Houdini is “sonder enige twyfel” die swartmamba wat ontsnap het.

Die soektog na Houdini het op 11 Maart begin nadat personeel ontdek het die slang het uit sy hok verdwyn. Daar is selfs vermoed dat die slang gesteel is.

Allenby sê Houdini kan binnekort weer deur die publiek besigtig word. Dit is nog nie duidelik hoe hy ontsnap het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.