Houdini weer in sy ‘huis’

Houdini ná hy gevind is. Foto: Pretoria Dieretuin

Houdini, die bekende swartmamba wat verlede maand by die Nasionale Dieretuin in Pretoria vermis geraak het, kan van Dinsdagmiddag weer deur die publiek gesien word.

Die mamba het meer as ‘n maand gelede sy bewakers met sy verdwyning oorbluf, en gevolglik sy bynaam gekry. ʼn Grootskaalse soektog is op 11 Maart van stapel gestuur en hy is uiteindelik op 7 April weer gevind. Houdini is, sedert hy gevind is, in kwarantyn aangehou om glo sy stresvlakke te beheer voor hy weer aan die publiek bekendgestel kon word.

Craig Allenby, die dieretuin se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê Houdini is in ʼn goeie toestand. “Hy eet weer sy dagoue kuikens en muise en is reg om terug te keer na sy ‘huis’,” het Allenby gesê.

Volgens Allenby is dit steeds nie bekend hoe Houdini ontsnap het nie. “Ons ondersoek is onbeslis. Ons het selfs eksterne ondersoekers se hulp ingeroep. Hulle het wel voorgestel dat die manier waarop die reptiele hanteer en versorg word, aangepas moet word,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.