Die Britse toeris wat Saterdag dood is nadat ʼn plesierboot naby Houtbaai omgeslaan het, se naam is bekend gemaak.
Peter Phillip Hyett (64) is dood nadat die 42-sitplek plesierboot tussen 14:00 en 15:00 Saterdagmiddag naby Duikereiland omgeslaan het. Hyett was saam met sy vrou, Suzanne (49), en dogter, Helen (37), op vakansie in Kaapstad. Suzanne en Helen het oorleef. Die gesin sou gister na Brittanje terugkeer. Die ander oorledene was John Roberts (37) van Houtbaai. Roberts was ʼn toergids op die plesierboot. Sy liggaam is gisteroggend deur duikers van die vloot uit die water gehaal. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.