HRW-verslag het boere warm onder die kraag

Agri SA het ʼn verslag deur Human Rights Watch (HRW) oor sogenaamde menseregtevergrype teen plaaswerkers in veral die Wes-Kaap, verwerp.

Agri-SA beskryf die verslag, getiteld Ripe with Abuse: Human Rights Conditions in South Africa’s Fruit and Wine Industries, as eensydig, kwaadaardig, onregverdig en onverantwoordelik. Agri-SA se president, Johannes Moller, sê die organisasie bevraagteken die navorsing metodologie en dus die geloofwaardigheid van die relevante bevindinge. Volgens die verslag word plaaswerkers in die Wes-Kaap voldoende behuising, veiligheidstoerusting en basiese arbeidsregte geweier. Volgens die verslag het een plaaswerker aan die HRW die ou varkhok gewys waar hy, sy vrou en hul kinders al tien jaar sonder elektrisiteit, water of beskerming teen die elemente woon. Die verslag beweer ook dat sowat 930 000 mense van 1994 tot 2004 van plase afgesit is. Die verslag het ook verder bevind dat daar ʼn gebrek is aan toilette en drinkwater vir plaaswerkers terwyl hulle aan diens is. Daar is ook glo pogings om plaaswerkers te verhoed om vakbonde te vorm. Moller het egter die verslag se samestelling en akkuraatheid bevraagteken aangesien slegs 260 mense aan die navorsing deelgeneem het. Moller sê so ʼn klein groepie mense is nie verteenwoordigend van die land se nagenoeg 120 000 plaaswerkers nie. Slegs sowat 14 plaaseienaars of verteenwoordigers het aan die navorsing deelgeneem wat slegs 0,3% van die sowat 5 000 boere in die Wes-Kaap verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Die voor-die-hand-liggende optrede deur georganiseerde landbou behoort te wees om ‘n behoorlik wetenskaplik-gefundeerde ondersoek en verslag vanaf ‘n geloofwaardige onafhanklike instansie soos ‘n groot ouditeursfirma of ‘n universiteit aan te vra wat die toestand op plase duidelik uiteensit.

Dit is nou as die boere nie wel iets het om weg te steek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.