Vakbond gaan konstitusionele hof toe met Barnard-saak

Renate Barnard

Die vakbond Solidariteit gaan die konstitusionele hof nader om teen die arbeidsappèlhof se uitspraak in die Renate Barnard-regstellendeaksiesaak te appelleer. Dit sal die eerste keer wees dat ’n regstellendeaksiesaak in dié hof getoets word. Kaptein Barnard se sewe jaar lange stryd om ’n bevordering in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te kry, is dus nog nie verby nie.

Solidariteit het hierdie besluit geneem nadat die arbeidsappèlhof Vrydag in die SAPD se guns in hierdie omstrede saak bevind het. Solidariteit gaan ook die hof versoek om die polisie se regstellendeaksieplan in geheel ongeldig te verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.