Huis brand in Potchefstroom

Foto volg onderaan die berig.

‘n Huis in Potchefstroom staan tans in ligte laaie.

“Niemand is beseer nie, maar daar is omvattende skade aan die eiendom,” het ER24 gesê. Die Tlokwe-brandweer en paramedici van ER24 is op die toneel.

Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.

Foto: ER24EMS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.