Huisarts van rol geskrap oor kinderporno

Argieffoto.

Argieffoto.

‘n Huisarts van die Nederlandse dorp Oss mag nie meer as dokter praktiseer nie, na hy aan die besit van kinderpornografie skuldig bevind is.

Die dokter, wie se naam nie genoem word nie, is reeds in 2007 skuldig bevind, maar die gesagliggaam het eers verlede jaar daarvan bewus geword toe die dokter in die nuus was.

Die dokter is ook in 2001 aan ontug met ‘n minderjarige skuldig bevind, en die verhoorregter het hom toe ook vir vier jaar lank van die rol geskrap. Hy het hom daarna weer as dokter laat registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico ·

Dit wil voorkom of die Nederlande se wette ligter is as ons. Kinderpornografie en molesteing is blykbaar nie vir hulle erg nie. Ons wet praat nie van ontug met ‘n minderjarige nie. Dit is verkragting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.