Huisbrand in St Francisbaai

Die huis wat op Kersdag 2012 in St Francisbaai afgebrand het Foto: Richard Arderne, St Francis Chronicle

ʼn Huis in St Francisbaai in die Oos-Kaap is Woensdagaand deur ʼn brand beskadig, het die NSRI gesê.

“Die NSRI is deur ʼn plaaslike sekuriteitsfirma ontbied om te help om die huisbrand in Lovemore-singel op die strandfront oorkant Bruce’s Beauties, te blus,” het Marc May, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in St Francisbaai, gesê. “Die kombuis, slaapkamer, waskamer en een hoek van die huis is beskadig.”

Die St Francisbaai brand- en reddingsdienste het die brand omstreeks 19:00 suksesvol geblus met behulp van die span en omstanders.

“Spanlede van die NSRI en omstanders is op dakke van ander huise agter die brandende huis geplaas om dakbalke dop te hou wat moontlik kan val en dit te blus voordat dit ander eiendomme kon beskadig,” het May bygevoeg.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Brand en reddingsdienste sal die voorval ondersoek.

Altesaam 76 huise in St Francisbaai is in November 2012 verwoes toe ʼn brand uitgebreek en buite beheer geraak het. ʼn Huis het op Kersdag 2012 ook in St Francisbaai afgebrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.