Huise vir ministers kos R180 miljoen

Die minister van openbare werke, Gwen Mahlangu-Nkabinde. Foto: GCIS

Belastingbetalers het nagenoeg R180 miljoen opgedok vir huise wat gekoop is om ministers en adjunkministers te huisves.

Die minister van openbare werke, Gwen Mahlangu-Nkabinde, het dit bekendgemaak in reaksie op ʼn vraag in die parlement. Volgens Mahlangu-Nkabinde het haar departement die afgelope twee jaar R183 886 837 spandeer op 34 huise in Pretoria en Kaapstad. Mahlangu-Nkabinde sê daar is sedert 2009 15 huise in Pretoria gekoop teen ʼn koste van R68 195 116. Sy sê in dieselfde tydperk is daar 19 huise in Kaapstad gekoop teen ʼn koste van R115 691 721. Volgens die bedrae is daar gemiddeld R5,4 miljoen per huis betaal. Mahlangu-Nkabinde het slegs die totaal vir Kaapstad en Pretoria bekendgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Graag sal ek verneem of die Adjunkminister van Landbou ook sodanige voordeel ontvang het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.