Huiseienaar skiet inbreker dood

‘n Huiseienaar het Donderdag ʼn inbreker in Alberton, suid van Johannesburg, doodgeskiet.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Pinky Tsinyane, sê drie mans het Donderdag in die vroeë oggendure ‘n huis in Brackendowns probeer beroof. “Toe hulle die huis binnegegaan het, is ‘n verdagte deur die eienaar van die huis gekonfronteer. Ná ‘n struweling het die eienaar hom doodgeskiet.” Die ander twee mans het gevlug. Hulle het in ‘n silwer Peugeot geklim, waar ‘n vierde man vir hulle gewag het. Die polisie het ‘n 9mm-pistool in die oorledene se besit gevind en ‘n tweede pistool naby die muur waaroor sy makkers gespring het. Niemand is in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.