Huishulp dagvaar werkgewer vir duisende

geld 2ʼn Huishulp wat haar werkgewer van rasse-mishandeling en aanranding beskuldig, het die gelykheidshof genader en eis R100 000 in skadevergoeding en ʼn verskoning, het The Star Woensdag berig.

Gloria Kente en haar prokureur, Peter Williams, het Dinsdag die aansoek ingedien.

André van Deventer, die aangeklaagde, het Dinsdag vlugtig in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding en crimen injuria. Die saak is uitgestel tot 4 Desember.

Van Deventer het na bewering Kente aangerand, op haar gespoeg en haar ʼn k-woord genoem.

Sy het agt jaar lank vir Van Deventer se gesin gewerk en sy beweer sy het gereeld onder rasse-mishandeling deurgeloop. Kente beweer Van Deventer het haar in Junie rondgestamp. Sy het Van Deventer glo gevra om na haar babatjie om te sien terwyl sy gaan stort.

“Ek hou nie van k****rs nie. Ek hou nie van jou nie,” het hy haar glo toegesnou.

“Jy is ʼn k****r en sal nooit verander nie. Julle k****rs gooi k*k by die lughawe, julle betaal nie vir die gemors om skoon gemaak te word nie, want k****rs betaal nie belasting nie,” het Van Deventer na bewering gesê.

Kente het gesê die mishandeling het haar seergemaak en verneder.

Williams het gesê daar is ‘n behoefte aan ‘n doeltreffende afskrikmiddel vir rasse-misbruik, en hy wil hê die hof moet ‘n presedent skep deur só ʼn groot bedrag vir skadevergoeding toe te ken.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

annette ·

Hoe vra die huis hulp vir n baas on agter jou kind te kyk terwyl jy stort. verstaan nie so mooi nie.

Trippie ·

Ja-nee, dis uiters voorbarig – ek meen, wie betaal wie se salaris !!!

Sy vat een vet kans !

AFRIKANER ·

Dis n klomp bollie,,,, sy wil nou net vinnig geld maak. Haar hele verklaring maak niks sin.
Een van die dae sal daar net soortgelykte aantuigings gemaak word veral ook die dat die baas die kind moet opas????????

Dries ·

Wanneer gaan ons blankes eendag leer??? Laat staan jou luiheid en doen jou huiswerk self !!! Moenie nog die verdomde mense in diens neem nie, want moeilikheid die gaan jy beslis een of ander tyd optel. Laat hulle maar by hulle huise gaan sit !!!!!

mariaan ·

Sy wil in werksure gaan stort en vra haar werkgewer om na haar kind te kyk?? Arrogant verby.

Wie werk hier vir wie? ·

Wie werk vir wie? en Dries jy’s reg .. doen eerder self jou werk of stel iemand met jou kultuur aan. Deesdae is daar baie dames wat so ‘n huishulp werk, sal waardeer!

leon ·

Nee kyk sy vat n vet kans. Hkom eers na 8 jaar gaan kla. En hoekom wil sy by die werkgewer stort of bad. Ek sal dit ook nie toelaat nie. Verdomp dan het sy nog die vermetelheid en se die werkgewer moet haar baba oppas.

Trippie ·

HOWZIT !!!

Kom ons hou die spasie dop !

Hoeveel van hulle gaan (sou die eis slaag) dieselfde “trick” probeer !

Ek sê, FIRE DIE LOT EN DOEN SELF DIE HUISWERK, en dis OKAY as daar bietjie stoffies is of as daar nie tyd is om gou die paar bekers in die oggend voor werk te was nie.

Ek was ‘n pyn in die “geut” as dit kom by sulke goed – maar dis verbasend hoe mens kan aanpas.

GROETE, T

leon ·

Helo Trip. Ja ek het al geleer om tot my vroe te help met die skottelgoed was. En glo my ek gooi liewer met daai geld petrol in en neem my vrou erens heen.

Trippie ·

Dit wil gedoen word ! En ek wed jou, vroulief sal ook nie omgee om hand by te sit in die tuin nie.

stephanie moolman ·

Verbasend hoe gou huiswerkers ccma toe hardloop. Ek het ook so n stel afgetrap, my huiswerker het n mondelinge waarskuwing omgeswaai na n onregmatige afdanking en ek moes haar toe x3 mde vooruit se salaris betaal asook n “vergunning” bedrag, dit nadat sy SELF besluit het om te loop. Dan weer het sy my n groot guns bewys en sal ek weer daardie bedrag betaal, solank sy net nooit weer vir my hoef te werk nie. Nou doen ek my huiswerk self, vat bietjie langer maar ek het rus vir my siel.

Jackie ·

Wow, die vermetelheid is so absurd… My werkgewer was dieselfde ras, maar ek sou in my wildste drome nie eens gedink het om hom te vra om ‘n ogie oor my kinders te gooi nie, EN HY WAS ‘N DIERBARE MENS…..!

Jasper ·

Ek en my vrou doen al jare self ons eie huiswerk.
Geen diefstal van juwele, horlosies,eetgerei, kontant, klerasie ens.
Meel, suiker, koffie, groente tot die tandepasta hou langer.

bianca ·

Sy het seker ingebly met die kind. M.a.w lekker salaris gekry en sy en die kind het lekker verniet gebly en geeet. En nou gebruik sy die k woord want sy weet dit sal aandag trek siestog dis al ou nuus dat hulle so maak maar tog glo mense dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.